Hy Het My Uit Geweldige Waters Uitgelig

Vandag 23 jaar gelede was dit vir my die seerste tyd. My man het my gelos en ek was te skaam om vir my ouers te sê dat hy weg is. Ek het gevoel asof ek werklik in geweldige waters is en bygesê ek het nie gevoel dat ek in staat is om te swem nie, maar vandag kan ek getuig, dat ons wonderlike Here my nie gelos het om te verdrink nie en net so gaan Hy jou nie los nie.

Besoek asseblief ons Krisis Hoekie as dit dalk vir jou voel asof jy verdrink in die seer, maar hiermee wil ek jou ook bemoedig en herinner dat dit nie 'n muur voor jou is met geen uitkoms nie! Ek deel weer die pragtige visioen wat my Liefling Here vir my jare gelede gegee het om my hoop te gee:

Kosbare liefste bruid net soos my Hemelse Man my uit geweldige waters uitgelig het, sal Hy dit vir jou ook doen, vat Sy hand en vertrou Hom net.

Asseblief lees vanoggend se pragtige oggendtoewyding:
https://uiteindelikhoop.com/toewydings/my-beminde/desember/#25Desember

Asseblief deel beloftes hieronder in die kommentaar, dat die Here vir elke kosbare bruid wat nou dalk seer het, uitkoms sal gee.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Hy Het My Uit Geweldige Waters Uitgelig”

  1. ‭‭JESAJA‬ ‭40:31‬ ‭NLV‬‬
    [31] Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal nuwe krag kry. Hulle vlieg hoog, soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie.

    https://bible.com/bible/117/isa.40.31.NLV

    ‭‭2 TESSALONISENSE‬ ‭3:16‬ ‭NLV‬‬
    [16] Mag die Here, die Bron van vrede, self altyd en op elke manier vir julle vrede gee. Mag die Here met julle almal wees.

    https://bible.com/bible/117/2th.3.16.NLV

  2. Dear Janine, thank you for sharing this beautiful testimony. I now realize even more how He has healed me from the pain my divorce caused so many years ago. He set me free from that shame and He fills the emptiness I felt. I now have so many plans in my head for the future that I just can’t wait for the wonderful testimonies that will come from them.

    For we know, brothers and sisters loved by God, that HE HAS CHOSEN YOU, because our gospel came to you not simply with words but also with power, with the Holy Spirit and deep conviction. 1 Thessalonians 1:4

    They will have no fear of bad news;
    their hearts are steadfast, trusting in the Lord. Psalm 112:7
    ~~~~~~~

    Liewe Janine, dankie dat jy hierdie pragtige getuienis deel. Ek besef nou nog meer hoe Hy my genees het van die pyn wat my egskeiding soveel jare gelede veroorsaak het. Hy het my bevry van daardie skaamte en Hy vul die leegheid wat ek gevoel het. Ek het nou soveel planne in my kop vir die toekoms dat ek net nie kan wag vir die wonderlike getuienisse wat van hulle sal kom nie.

    Broers, julle vir wie God liefhet, ons weet van julle verkiesing; 5want ons evangelie het nie alleen deur die woord nie, maar ook met krag en deur die Heilige Gees en in volle versekering na julle gekom. 1T1:4 https://www.bible.com/af/bible/3499/1TH.1.AFR20

    Vir slegte tyding is hy nie bang nie; sy hart is standvastig in vertroue op die HERE. P112:7 https://www.bible.com/af/bible/3499/psa.112.7

    1. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Kristine, die Here is werklik die beste Geneesheer ooit en die Here het die leegheid wat ek vir jare ervaar het ook gevul met Sy vrede en vreugde wat alle verstand te bowe gaan.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui