Lewensles Week 40

https://uiteindelikhoop.com/lewenslesse/w40/

Week 40 “Vra Net”

Hierdie lewensles het my laat dink dat elkeen van ons op een of ander stadium leeg en moeg voel, ek weet ek het al en hierdie lewensles het my geleer dat ek vir my geliefde Hemelse Man vrae kan vra en dat ons kosbare Here my bekommernisse rĂȘrig vervul met Sy waarhede. So kosbare bruid as jy moeg en leeg voel, vra asseblief jou Hemelse Man vrae, sodat Hy al jou bekommernisse ook kan vervang met Sy waarhede, want dis wat Hy wil doen.

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte aangehaal uit die lewensles:

Ons was al almal daar, was ons nie? Ons is leeg, moeg en het niks meer om te gee nie. Ons is uitgemergel. Die onbekende, die onuitgesproke, dit is alles net te veel. Tog, daar is iets wat ek kan onthou wat nooit misluk het om my te verfris en my te laat ontslae raak van die laste wat die oorsaak vir my moegheid is en dat ek nie in staat is om aan te gaan nie. Dit is so eenvoudig as om vir my HM ‘n reeks vrae te vra.

Teen hierdie tyd voel ek vol vrede maar ek stop nie. Soos wat Hy my aanhits, gaan ek voort om vrae te vra, om Sy antwoorde te hoor—en elke bekommernis, las of vraag wat ek het by Hom te los en elkeen is vervang met Sy gefluisterde waarhede. Ek word met verheugde saligheid gelos! En sou die vyand my met enige iets wat ek met my HM bespreek het tart, herinner ek myself eenvoudig aan Sy antwoord voordat enige ou laste my beetkry.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui