Hy het my die pad gewys

Vanoggend wil ek net vir die Here dankie se dat Hy my lei, en altyd saam my is!
My dogtertjie het gister haar eerste swemlesse gehad, en op pad na die swemskool toe verdwaal ek, ek het al voorheen daai pad gery maar dit het nogsteets so vreemd gelyk. Ek het so klein bietjie paniekerig geraak omdat ek alreeds laat was, en dadelik het my HM my herinner dat Hy saam my ry! Ek het hom gevra of hy my asseblief die pad sal wys, dat ek net iets sien wat bekend lyk en hoe wonderlik is my HM nie. Hy het my gelei tot bydie swemskool. Dis so lekker om te weet dat Hy reg langs my is elke dag, dankie my liefling! 💕

"Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sê: “Hier is die pad, loop hierlangs.” J30:21‬ ‭AFR83‬‬

Liefste Bruide, asseblief klou met altwee jou hande vas aan die Here. Laat HY jou lei, laat HY jou die regte pad wys. God se liefde stel nie teleur nie. Dit wond nie, as hy teregwysing bring bring hy ook genesing. Hy laat jou nie vir altyd stukkend en gewond bly nie. Hy weet hoe om olie te gooi op die plekke waar jy dit nodig het. Moenie opgee op die God van liefde nie.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

3 thoughts on “Hy het my die pad gewys”

  1. Ek stem saam met julle, my beste tyd saam met my Geliefde is ook in die kar waar ek hardop met Hom kan praat, kan huil en vir Hom kan sing. En Hy het ook al soveel keer vir my deurgekom as ek verdwaald voel, ek het geleer om nie te begin worry nie en net dadelik vir Hom te vra om my te wys. Hy het my nou aan die les herinner: https://uiteindelikhoop.com/lewenslesse/w19/

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui