Hoe Ver Hy My Gebring Het

♕Belofte van vandag: "Pas my op soos die appel van u oog. Laat my by U wegkruip. Daardie mense wil my met geweld vernietig." Psalms 17:8

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Ek kan net vandag my HM loof en prys vir hoe Hy my ten spyte van dit wat teen my kom, seën en die absolute vrede wat net van Hom af kan kom.

My kinders is tans vir twee weke saam met my VM (voormalige man) en die AV (ander vrou) op vakansie. As ek terugdink aan twee jaar terug, toe ek ook oor Desember en oor Kersfees, in dieselfde situasie gesit het (dit was die eerste keer en net na die egskeiding), en hoe gebroke ek was, teen hoe dit hierdie jaar is, kan ek net vir Hom sê dankie vir hoe ver Hy my gebring het, Sy liefde en Sy ongelooflike vrede.

Hierdie jaar het ek eintlik uitgesien na die twee weke:) Ja dit was hartseer om my kinders vir so lank te laat weggaan en oor Kersfees en nuwejaar, maar ek het uitgesien na die tyd alleen saam met Hom....:) Wat dit ook bietjie moeilik gemaak het was die feit dat as hul terugkom, hul net een week by my gaan wees en dan by hul pa en die AV gaan bly en ek gaan hul net oor naweke sien. Maar dit is iets anders waarvoor ek Hom ook wil prys want Hy het my hart voorberei en vrede gegee, vrees wil my nou en dan beetkry, maar ek het geleer om dit dadelik vir Hom te gee en te vertrou dat dit deel is van Sy groter plan.

Hy het my ook ongelooflik geseën met bietjie ekstra geld waarmee ek die week voor die kinders weg is, hulle bietjie kon bederf en goed saam met hulle doen. Dit was vir my so ongelooflik en om te sien hoe hulle dit geniet en het my hart gevul met soveel dankbaarheid teenoor Hom.

Dit is asof my Hemelse Man my nou, in hierdie beproewing wat my KON breek, oorlaai met ander seëninge wat hierdie beproewing soveel ligter maak om te dra. Net die vrede alleen is so groot seëning want hierdie is 'n beroewing wat ek al vir die grootste deel vd jaar in die gesig staar. En ook die versekering wat Hy my gee dat ek by Hom kan skuil, Hy vir my baklei en hierdie net deel is van Sy groter en wonderlike plan!

"Pas my op soos die appel van u oog. Laat my by U wegkruip.
Daardie mense wil my met geweld vernietig." Psalms 17:8

"Wees julle maar net kalm. Die Here sal in julle plek veg.” Eksodus 14:14

"Ek is by jou. Jy hoef nie bekommerd te wees nie. Ek is jou God. Jy hoef nie bang te wees nie. Ek sal jou help. Ek sal jou sterk maak. Ek sal jou met my krag beskerm." Jesaja 41:10

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!