HHG – “Niemand Het My Sien Huil Nie”

♕ Vandag se belofte: “Vertrou op die Here! Wees sterk en skep moed! Ja, vertrou op die Here!” Psalm 27:14

God het Ximena in ‘n droom gewaarsku om haar voor te berei om die komende stryd, maar sy was ongehoorsaam en het haar nie daar gesteur nie. Wat hartseer is, dat sy in die kerk was end at sy gedink het dat sy God in haar lewe het, maar in werklikheid ver van God af. Maar daar is altyd hoop in God en God los ons nooit net so nie, so Hy het haar na Hom toe getrek.

God het aan haar geopenpaar dat haar man met ‘n ander vrou betrokke is. Sy het op die internet rondgesoek en op RMI ontdek en toe die Herstel jou Huwelik boek gelees en die beginsels begin toepas.

Ximena sê God het aangehou om haar na Hom toe te trek, hoe meer sy die boek Hoe God Jou Huwelik Kan en Sal Herstel, gelees en weer gelees het en die beginsel van laat gaan toegepas het. Sy het na God toe gegaan in elke krisis en Hom haar Hemelse Man gemaak. God het haar geleer om te bid, Hom te vertrou en om nie na die omstandighede te kyk nie en sy het gesorg dat niemand haar sien huil nie, behalwe God.

Ximena sê dat jy die Herstel jou Huwelik boek oor en oor en oor moet lees en elke keer wat jy die boek klaar gelees het, lees dit weer, sodat die vyand nie die woord en getuienisse uit jou hart sal steel nie.

Asseblief lees die volle herstelde huweliksgetuinis van Zimena:

https://uiteindelikhoop.com/herstelde-huweliksgetuienis-niemand-het-my-sien-huil-nie/

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui