HHG – “Herstel In Die Middel Van Die Wêreldwye Covid-19-pandemie!”

Ek deel Olivia se aanmoediging uit haar herste huweliksgetuienis:

Die situasie is meestal moeilik en onmoontlik, maar Hy is die God van die onmoontlike (Luk. 1:37). Dit kan eensaam wees en jy, jouself, kan die ding wees wat in die pad staan van jou herstel. Kom uit jou eie pad. Neem jou gedagtes gevange (2 Korintiërs 10: 5). Hou vas aan Hom. Vertrou Hom met die proses, selfs al is dit nie sinvol nie. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie(Spreuke 3: 4-6).

Hy sal dubbel (Joël 2: 24-25) herstel vir jou probleme en dit beter maak as voorheen. Hy wat oneindig meer doen as wat ons vra of dink om te vra (Efesiërs 3:20) vir jou, jou man, jou huwelik en jou gesin. Hy sal jou getuienis gebruik en jou gebruik tot Sy eer. Jy hoef net stil te wees (Eksodus 14: 13-14).

Vertrou die proses, selfs al is dit nie sinvol nie of daar is niks wat gebeur nie. Eendag, net soos ek gesê het en soveel ander mense gesê het, en wat jy ook eendag sal sê: “Hierdie reis was die moeite werd en ek sou dit vir niks wou verander of uit my lewe wil verwyder nie.”

Kosbare liefste bruid, God is werklik die God van die onmoontlike, ons moet net totaal en al oorgee aan Hom. En ek stem beslis saam met Olivia, ek weet ek self het so ongelooflik baie in my eie pad van herstel gestaan, maar ek is so dankbaar dat ons wonderlike Here nooit opgee met ons nie.

Asseblief lees die volle Herstel Huweliksgetuienis van Olivia:

HERSTELDE Huweliksgetuienis: “Herstel In Die Middel Van Die Wêreldwye Covid-19-pandemie!”

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “HHG – “Herstel In Die Middel Van Die Wêreldwye Covid-19-pandemie!””

  1. Kosbare Janine. Die getuienis van Olivia en die verse uit God se Woord het my vanoggend opnuut nuwe krag en hoop gegee.
    Hoe waar is dit nie dat ons somtyds (of meestal in my geval) in ons eie pad van herstel staan nie!
    Dit is op my hart om te laat gaan maar dit is een van die moeilikste dinge wat ek nog moes deurmaak in my reis.
    Die satan val my van alle kante af aan maar dis ongelooflik om te weet dat dit net leuens van hom af is en dat hy werklik nie aan ons kan raak nie. Al hèt ek geval, staan ek weèr vanoggend op want God staan reeds voor my met Sy hand uitgestrek na my toe om my op te help! Hoe kan ek vir Hom neé sê?
    “Die situasie is meestal moeilik en onmoontlik (vir ons), maar Hy is die God van die onmoontlike” (Luk 13:7).

    1. Kosbare Betty ek glo met my hele hart dat jy nog hier nog ‘n getuienis gaan kom los oor hoe jy dit reggekry het om te laat gaan.
      Kosbare Betty asseblief lees hierdie les: Dag 15 Die Vryheid om te Laat Gaan – https://uiteindelikhoop.com/kursus/k2/d15/
      asook huweliksgetuienisse van laat gaan:
      https://uiteindelikhoop.com/herstelde-huweliksgetuienis-die-vryheid-van-laat-gaan/
      https://uiteindelikhoop.com/herstelde-huweliksgetuienis-eers-toe-ek-in-staat-was-om-te-laat-gaan/

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui