Herstel Jou Verhoudings – Hoofstuk 6

Hy Draai die Hart

Oorvertaal uit die Engelse boek: "Restore Your Relationships" - Hoofstuk 6:

"VERTEL DIT VIR JOU MAN"

Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het geroep tot my God; en uit sy paleis het Hy my stem gehoor, en my hulpgeroep was in sy ore. IIS22:7

Laat ek jou inlig oor 'n geheim wat die Here my geleer het— Moet NOOIT oor NIKS praat as daar nog emosies daaraan gekoppel is nie. Wat ek bedoel is dit: wanneer iemand jou seergemaak het, sal jy reageer met een van twee emosies: seerkry of woede. As jy met iemand praat oor "wat dit ook al is" terwyl jy seer het, terwyl daar nog steeds emosies daaraan gekoppel is - sal jy trane stort, jou teer en brose hart blootstel, wat selfs meer seerkry tot gevolg het. 

Op dieselfde manier, as jy met iemand praat terwyl jy kwaad is, sal jy die vuur aanwakker wat tot gevolg het dat jy dinge sê wat skerp, wreed en dikwels oordrewe is—dinge sê waaroor jy later spyt sal wees. Dinge wat jy vir die slagoffer sal probeer vertel, is dinge wat jy regtig nie bedoel het nie.

So, wat maak jy met al daardie gevoelens?

Jy neem hulle almal na God, jou HV Hemelse Vader, wat vir jou ware en diepe vertroosting sal bring elke keer as iemand jou seermaak. Eerlik, alhoewel jy wil hê dat die ander persoon dit moet "regmaak", maar die waarheid is: die persoon wat jou aangerand het, sal jou nooit kan genees nie - en hoe dwaas is dit nie vir ons om te dink dat hulle dit kan doen nie. 

Hulle het dit eenvoudig nie - wat nie het nie, nie sal hê nie, nooit kan hê wat jy nodig het nie.

~~~~~~

Ek het nog nooit so daaraan gedink nie: die persoon wat my seer gemaak het, sal my nie kan genees nie, net ons groot Geneesheer sal my kan genees. En ek moet erken as 'n persoon my seer gemaak het, wou ek gehad het dat daardie persoon dit moet regmaak. Selfs in my huwelik as my aardse man my seer gemaak het, wou ek dit altyd uitpraat en ja ek het dit met so baie emosies gedoen, wat dit natuurlik net erger gemaak het. Met hierdie les het ek net weer geleer dat ander nie het wat ek nodig het nie, net ons wonderlike Here het wat ek nodig het.

Kosbare bruid kom ons gaan met alles na ons groot Geneesheer toe, want Hy het alles wat ons nodig het.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

6 thoughts on “Herstel Jou Verhoudings – Hoofstuk 6”

  1. Kosbare Janine,
    Baie dankie vir hierdie les vanoggend.
    Ek is sò maklik om altyd te wil praat. My HM het vanoggend deur hierdie les aan my bevestig om stil te bly (iets wat Hy al lank mee besig is met my) en net met Hom te praat want Hy is al wat ek nodig het en al wat ek wil hê.
    Dis so waar dat die persone wat jou kwaad, of bitter of seergemaak het, jou nie kan genees nie.
    Net God kan!

    1. Ja kosbare Betty, dat feit dat net die Here ons kan genees, van wie ookal ons seer gemaak het, het my ook so geraak.

  2. ja liefste Janine die Here is al een wat ons kan genees en ons kan help en wat als kan verander. Hy is als wat ons nodig het . Die Here is als in een. Dit so wonderlike.

  3. Ware ware ware woorde! Die persoon wat my seer gemaak het, kan my nie genees nie! Ek het ook nou besef dat ek partykeer oorvat bydie Here en my man probeer genees, maar ek kan nie – net die Here kan! Net so seer soos wat ek het, het my man ook. Ek is net bly dat ek die Here gevind het en na Hom toe kan gaan. Ek moet se hierdie les is toegepas op wat aangaan die laaste paar dae, ek reageer heeltyd met my emosies vandag se die Here vir my dat ek net kalm moet raak, Hy is in beheer.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui