Herstel Jou Verhoudings – Hoofstuk 4

Hoe om jou geloof te verhoog

Oorvertaal uit die Engelse boek: "Restore Your Relationships" - Hoofstuk 4:

Soveel vroue wat na RMI kom vir hulp versuim om 'n herstelde verhouding te maai omdat hulle voel dat hulle nie in iemand anders se lewe kan saai nie, aangesien hulle besig is om te sukkel om hul eie te red. Dit is onbybels en teenstrydig met God se beginsels. Kry vir jou 'n ePartner (Bemoedigingsvennoot) en help haar om haar verhouding te herstel. As jy regtig ernstig is oor God wat in jou lewe beweeg, nooi vroue na jou huis vir weeklikse aanmoediging, aangesien julle elkeen deel wat God vir julle gedoen het (tans of in die verlede). God het my (en ander) kragtig gebruik toe ons ander vroue aanmoedig – laat Hy jou gebruik en kyk wat gebeur! Hoe groter die groep, hoe groter die gehoor wanneer jy jou getuienis deel!!

Ek onthou toe my man my die eerste keer jare gelede gelos het, het ek nooit eens gedink dat ek ander vrouens sal wil help nie, want ek was so gefokus op my eie rou seer, dat ek moet erken dat ek nie eens iemand anders wou help nie. Maar hoe meer tyd aangestap het, hoe meer het ek die begeerte gekry om ander vrouens te bemoedig (en dit weet ek natuurlik was die werk van ons wonderlike Here). Ek sal ook nooit vergeet toe ek die Here gevra het om asseblief vir my 'n vriendin te stuur wat my sal verstaan en wat saam met my kan bid en saam met my hierdie pad kan stap en ons wonderlike Here het beslis geantwoord en my kosbare vriendin Yvonne op my pad gestuur en dit maak my hart so warm as ek daaraan dink hoe ons saam kan bid en deel oor die Here. 

Kosbare liefste vrou kyk net om jou, daar is baie seer in die wêreld so daar is reg rondom ons vrouens wat ons kan bemoedig.

Ek kannie genoeg vir die Here dankie sê vir elke de laaste vrou wat die Here op my pad stuur om te bemoedig nie, julle is so ongelooflik kosbaar en ek raak sommer opgewonde as ek dink aan al die getuienisse wat ons wonderlike Here nog vir julle gaan gee, so moet asseblief nie vergeet om julle lofprysings hier te plaas nie.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Herstel Jou Verhoudings – Hoofstuk 4”

  1. Liefste Janine. Dis waarlik so. As ‘n mens seer het, voel dit vir jou asof jy nie krag het om enige ander persoon by te staan nie. Maar dis juis wanneer jy so voel dat jy die bietjie wat jy nog oorhet, ook moet weggee want God sal weer en weer vir jou gee.
    Daar is sò baie vrouens daar buite met soveel seer en as jy self deur die seer gaan is dit juis wanneer jy die ander vrou moet help dra want jy weet wat sy deurgaan.
    Nie net vir haar nie, maar ook vir jouself.
    Hoe meer jy gee, hoe meer sal jy God se vrede en liefde in jou hart dra.
    Al is dit net daardie eèn persoon wat jy kan bemoedig, dan is alles die moeite werd!

    1. Ja kosbare Betty, dis presies so en dis die beginsel van wat jy saai sal jy maai, maar ek weet in my erg seer het ek nie eens gedink om in ander vrouens se lewens in te saai nie maar ek het later gesien hoe meer mens dit doen, hoe beterder het dit my laat voel.
      Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. 10Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges. G6:9 – https://www.bible.com/af/bible/6/GAL.6.9.AFR83

  2. Lieve Janine, in het begin van mijn reis kan ik mij herinneren dat ik zo moe was dat het enige wat ik wilde was met rust gelaten te worden. Mijn verlangen naar een redder die mij uit die donkere put kon halen waar ik mijzelf in had gebracht was zo groot. Ik kon mij alleen maar focussen op mijzelf. De enige die belangrijk voor mij was was ik. Na enkele maanden na mijn scheiding werd het rustiger in mijn leven. Mijn Hemelse Geliefde heeft mij opgevangen en met zijn liefde de diepste wonden geheeld die er waren.
    Lezen van de twee boeken en de lessen en tevens Zijn Woord, terwijl ik het aan het vertalen was, van de materialen, gaf mij steeds meer blijdschap en rust. Voor een lange tijd had ik niet echt gelachen maar Hij heeft mijn verdriet om gezet in vreugde. Deze blijdschap is met de tijd zo enorm gegroeid, door Zijn liefde dat ik het soms niet voor mij kan houden. Ik moet er soms wel eens om lachen als ik aan Hem denk en ik spontaan begin te glimlachen. Mensen om mij heen kijken dan soms zo vreemd. Ze zullen wel denken dat ik gek ben. En eerlijk gezegd ben ik dat ook, gek voor Hem.
    Het zijn van een bemoedigende vrouw is altijd mijn verlangen geweest. Ik heb nooit gesnapt waarom Hij de deur niet heeft geopend zodat ik volledig thuis kan werken. Nu begin ik het te begrijpen. Ik werk met veel vrouwen, veel drama en al is het soms zwaar en zou ik het liefst mijn ontslag indienen. Weet ik ook dat Hij mij daar laat zijn om de principes die ik hier geleerd hebt te laten zien aan hun. Nu dat mijn dochter volledig bij mij woont heb ik daar ook een vrouw om te bemoedigen. WOW wat geweldig voorzien heeft HIJ.
    Ook ik heb gebeden voor een andere vrouw om samen met mij te bidden en te staan voor wat vrouwen echt gelukkig kan maken, onze Heer. Echter heeft Hij dat nog niet beantwoord en dat geeft niet want aan Hem heb ik genoeg. Hij zal nog meer vrouwen sturen wanneer het de juiste tijd is.
    ~~~~~~~~~~~~~~
    Liewe Janine, aan die begin van my reis onthou ek dat ek so moeg was dat al wat ek wou hê was om alleen gelaat te word. My begeerte na ‘n verlosser wat my kon kry uit daardie donker put waarin ek myself beland het, was so groot. Ek kon net op myself fokus. Die enigste een wat vir my saak gemaak het, was ek. ’n Paar maande ná my egskeiding het dinge rustiger in my lewe geword. My Hemelse Geliefde het my ingeneem en met Sy liefde die diepste wonde genees wat bestaan ​​het.
    Die lees van die twee boeke en die lesse en ook Sy Woord, terwyl ek dit vertaal het, die materiaal, het my meer en meer vreugde en vrede gegee. Ek het lanklaas regtig gelag, maar Hy het my hartseer in vreugde verander. Hierdie vreugde het mettertyd so enorm gegroei, deur Sy liefde, dat ek dit soms nie vir myself kan hou nie. Soms laat dit my lag as ek aan Hom dink en ek spontaan begin glimlag. Mense om my lyk soms so vreemd. Hulle moet dink ek is mal. En eerlikwaar, ek is ook mal vir Hom.
    Om ’n bemoedigende vrou te wees was nog altyd my begeerte. Ek het nooit verstaan ​​hoekom Hy nie die deur vir my oopgemaak het om heeltemal van die huis af te werk nie. Nou begin ek verstaan. Ek werk met baie vroue, baie drama en al is dit soms moeilik en sou ek verkies om te bedank. Ek weet ook dat Hy my toelaat om daar te wees om vir hulle die beginsels te wys wat ek hier geleer het. Noudat my dogter heeltemal by my woon, het ek ook ’n vrou daar om haar aan te moedig. WOW, wat ‘n wonderlike voorsiening het HY voorsien.
    Ek het ook gebid vir ‘n ander vrou om saam met my te bid en te staan ​​vir wat vroue werklik gelukkig kan maak, ons Here. Hy het dit egter nog nie geantwoord nie en dit maak nie saak nie want Hy is genoeg vir my. Hy sal meer vroue stuur wanneer die tyd reg is.

    1. Kosbare Kristien, ons wonderlike Here is beslis geneog. Ek is saam jou dankbaar dat jou dogter saam jou woon. Ek bly nou saam met my moeder en dis ‘n groot voorreg om oor die Here saam te kan gesels. Op die regte tyd sal die Here vir ons die deur oopmaak om van die huis af te werk, maar intussen het ons nog vrouens by ons buite werk wat ons ook kan bemoedig.
      ~~~~~~~~~~~~~
      Dierbare Kristien, onze geweldige Heer is zeker tevreden. Ik ben samen met u dankbaar dat uw dochter bij u woont. Ik woon nu bij mijn moeder en het is een groot voorrecht om samen over de Heer te kunnen praten. Op het juiste moment zal de Heer de deur voor ons openen om thuis te werken, maar in de tussentijd hebben we nog steeds vrouwen die buiten werken en die ons ook kunnen bemoedigen.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui