Hoe ek my eVennoot gevind het wat gelei het tot die begin van die Bediening!

Eendag terwyl ek in my gebedshoek was, nadat ek letterlik tot God gehuil het, het ek aan ‘n vrou gedink wat ek al gesien het, maar nooit ontmoet het nie. Dit was in ‘n Bybelstudie groep wat ek bygewoon het maar beëindig het

Ek het geen idee gehad wat haar naam was of hoe om met haar in aanraking te kom nie, maar op een of ander manier het ek geweet dit was iemand wat verstaan en wie die Here vir my gegee het as ‘n antwoord op my gebed. Iemand wat sou kon bevestig dat ek nie mal was om te glo God kan die onmoontlike doen nie. Toe ek God gevra het om te bevestig dat ek Hom reg gehoor het, het Hy my na ‘n ou Bybelstudie notaboek gelei waar ek die telefoon nommer van my bybelstudie onderwyseres gekry het. Die Here het my verder gelei om haar te bel en toe ek bel, het ek gestamel om te probeer dink hoe om oor dié vrou uit te vra wie se naam ek nie eers geken het nie. Ek het ook nie geweet hoe om te verduidelik hoekom ek haar wil kontak nie (teen daardie tyd het die Here my geleer om diskreet te wees en ek wou nie die onderwyseres van my huweliks probleme vertel nie). Selfs sonder dat ek enigiets meer gesê het, het my onderwyseres my in die rede geval en eenvoudig gesê, “Haar naam is Sue en sy het alreeds gebel om vir my jou telefoon nommer te vra”!! Die onderwyseres het niks verder gesê nie, maar het vir my Sue se nommer gegee. Ek het vinnig totsiens gesê en neergesit om Sue te bel.

Ek en Sue het ooreengekom om vir die eerste keer by ‘n aangename, stil restaurant te ontmoet en alhoewel ons altwee eers ongemaklik gevoel het, het ons vinnig oopgemaak en gedeel waarom God ons bymekaar gebring het. Sue het gesê dat haar man die afgelope 5 jaar in ‘n ander staat “gewerk” het, hy het slegs elke paar maande vir ‘n naweek besoek huistoe gekom, maar sy het al vroeg vermoed dat daar ‘n ander vrou was. Anders as die fout wat ek gemaak het, het Sue wyslik nooit haar AM (Aardse Man) gekonfronteer of gevra wat aan die gang was nie. Dit het aan my bewys dat sy vertrou kon word en my sou help om op die nou pad te bly wat ek geroep was om op te loop.

Toe sy klaar gepraat het, het ek my situasie gedeel en ‘n punt daarvan gemaak om ook te “spog” oor al my flaters en foute (lees 2 Korintiërs 12:9 om hierdie kragtige beginsel te sien).  Dit het so goed gevoel om aan iemand te bely wie ek geweet het my nie sal oordeel nie, wat nie dwase en vernietigende “advies” sou uitdeel nie maar instede, was sy iemand wat ek kon sien verstaan het dat Hy die onmoontlike kan doen. Daardie aand was ek op die punt om geboorte te skenk aan my eie bediening, RMI. Daardie aand het ons saam gebid en het ek vir God gevra om vir my ander vroue te stuur wie ook die bemoediging nodig gehad het wat ons gevind het.

Nadat ons vir mekaar gebid het (Jakobus 5:16), het ons ooreengekom om elke Vrydagaand te ontmoet.  En soos ek gesê het, ek het ook gelei gevoel om te bid dat as daar enige ander vroue was wat bemoediging nodig gehad het, om hulle asseblief ook na my toe te stuur.  *Min het ek geweet dat Hy duisende vroue na my toe sou bring, desperaat vir hulp, maar ek het nogsteeds baie gehad om te leer voordat Hy enigsins meer vroue na my toe sou stuur. Dit is wat jy nou beskikbaar het aan jou!!”

So, die volgende Vrydagaand, het ek en Sue ons eerste gemeenskap ontmoeting by ‘n kitskos restaurant gehad. Vir ure het ons ons baie Bybel weergawes oopgesprei (KJV, New American Standard, NIV; Ek glo ons het in totaal 8 weergawes van die Bybel gehad) en daar het ons aandagtig deur Sy Woord gesoek vir elke krisis en beproewing wat ons in die gesig gestaar het.  Wat so opwindend is, is dat jy nou al hierdie hulpbronne op jou rekenaar of selfoon het waar jy ook kan soek en enige krisis en beproewing vind wat jy en jou eVennoot in die gesig staar. Jy het ook ons Kursusse om na te verwys.

Ons het Vrydagaande gekies, want ons het geweet dit was wanneer baie paartjies ‘n “uitgaan aand” gehad het en ons het ‘n dapper verklaring gemaak dat wat ons begin het, ‘n konstante gebeurtenis sou word sodra ons elkeen herstel was.  En dit is presies wat gebeur het—dit het ‘n tradisie geword wat ons saam begin het en het toe later daarmee voortgegaan saam met ons mans nadat elkeen van ons herstel was—om ‘n Vrydag of Saterdag uitgaan aand te hê.  Selfs my getroude kinders dra die tradisie voort.

Sodra jou Hemelse Man JOU eVennoot onthul en julle ontmoet vir die eerste keer.  Bid dat Hy vir jou meer vroue stuur wat hoop nodig het.  Volgende, maak dieselfde ooreenkoms met jou eVennoot.  Begin deur elkeen net EEN ander vrou te bemoedig.  Begin deur Uiteindelikhoop.com te deel en om vir elke seer vrou wat jy ontmoet te sê om die Huweliks Evaluasie Vom in te vul.

Moedig haar aan om een les per dag te doen en kom dan ooreen om een keer per week te ontmoet om lofverslae te deel en om na antwoorde te soek vir enige spesifike krisis of beproewing wat enigeen van julle in die gesig staar. Julle kan “ontmoet” deur na mekaar se huise toe te gaan (as julle altwee uitmekaar of geskei is), of julle kan na ‘n kitskos restaurant toe gaan (as julle kinders het) soos ek en Sue. As julle nie naby aan mekaar bly nie, kan jy nou maklik jou eVennoot “ontmoet” deur ‘n “video chat” of Skype!  Daar is selfs groep “video chats” wat jy kan begin deur Zoom te gebruik.

Wat belangrik is as jy ernstig is dat julle albei herstel sal word:

  1. Moet NOOIT fokus op die negatiewe of dit bespreek nie, instede, terwyl jy regmaak om mekaar te ontmoet, vra jou HM (Hemelse Man) om jou te herinner aan lofprysings om te deel om mekaar op te wek. As jy nie aan iets kan dink nie, deel wat jy in die week se Bemoediger blog gelees het
    .
  2. Moet NOOIT skinder of intieme besonderhede deel wat jy nie sal wil hê jou AM (Aardse Man) met sy vriende deel nie. Instede, deel wat julle geleer het, nuwe verse wat jou bemoedig het of dalk ‘n nuwe ♥ Liefdes Liedjie wat die Here gedurende die week vir jou gegee het.
    .
  3. MOENIE begin om te ontmoet vir ‘n jammer partytjie wat jou en jou groep vroue sal vernietig nie. Instede bepaal dat al die krisisse en seerkry in jou eie gebedshoek bespreek sal word, met jou Hemelse Man, wie jou sal troos waar dit seer is. Dan sal jy vind dat jy nie nodig het om dit met enigiemand te deel nie, en jy sal vry wees om vorentoe te beweeg na herstel toe.
    .
  4. Moet NOOIT vir mekaar antwoorde vra oor enigiets of vir mekaar vra vir besonderhede nie. Elke week, sonder faal, het ek en Sue in ‘n vriesende, lugversorgde hokkie gesit, foute belei, aandagtig deur al die baie weergawes van Bybels gesoek wat oopgesprei op die tafels gelê het en het die beginsel van diskresie begin uitleef.

As julle mekaar begin vra (wanneer nie een van julle weet waarnatoe jul individuele Herstel Reise gaan nie), sal julle vinnig begin verlore raak EN heel waarskynlik sal Hy veroorsaak dat elkeen vir die ander een afskuwelik word soos Psalm 88:19 sê, “U laat my vriende en my bure ver van my af staan, die duisternis van die dood is my geselskap.”  Psalm 88:9 “U laat my bekendes ver van my af staan en maak my vir hulle iets afskuweliks; ek sit vasgevang en kan nie uitkom nie.”

Ek en Sue het ook seker gemaak dat ons NOOIT vir mekaar die antwoorde vra oor enigiets of vir mekaar besonderhede vra wat ons gevoel het ons nie aan mekaar moet openbaar nie (ons het dus ons mans se naaktheid bedek, sien Genesis 9:22–25).

In plaas daarvan het ons na ons Hemelse Man toe gegaan, vir Hom ons vraag gevra en dan sou Hy vir ons die antwoord wys deur ons na ‘n Skrifgedeelte te lei, dan na ‘n ander en ‘n ander wanneer ons dit hardop gelees het uit al die Bybel weergawes—todat ons geweet het ons verstaan die beginsel.  DIT is wat ons met mekaar gedeel het, Sy Antwoorde!

By die huis, sou elkeen dan een 3x5 kaartjie na die ander volgemaak het om die beginsel oor en oor te kon lees.Hierdie roetine en wat ons geleer het, is wat uiteindelik Hoe GOD Jou Huwelik Kan en Sal Herstel en 'n Wyse Vrou geword het. Nou kan jy hierdie maklik op jou selfoon laai en hulle oral saam met jou ronddra op dieselfde manier—hulle oor en oor en oor lees!

En, soos wat ek gedeel het in Kursus 1 Jou eVennoot, het ek en Sue elke Vrydagaand begin ontmoet, in die maand van Mei en teen September, minder as 4 maande later, was Sue se huwelik HERSTEL!

Dit was kort nadat Sue se huwelik herstel was, wat God ander vroue in my lewe begin bring het—desperaat vir hulp en bemoediging.  En, as gevolg van die sukses met my verhouding met Sue en hoe ons dinge gedoen het, het ek dieselfde dinge met hulle begin deel.

Alhoewel elkeen my eVennoot wou wees of een van hul eie wou hê, het ek hulle aangemoedig om hul Herstel Reis alleen saam met die Here te begin, todat hulle by Kursus 3 gekom het—om seker te maak dat hulle ook totaal van die HERE afhanklik was en nie na niemand anders toe sou gaan vir hul antwoorde nie.

Onthou, ek en Sue het mekaar nie dadelik gevind nie, maar toe elkeen redelik ver op haar eie Herstel Reis was—so as God nie vir jou wys wie jou eVennoot is nie—wil Hy jou vir nou, net vir Homself hê.

*Ek het geweet dat daar geen manier was wat ek self daar kon wees vir elke vrou nie en jy kan ook nie. Buitendien, Wie anders as God weet waar elke HR (Herstel Reis) heen sal lei of wie hul perfekte eVennoot is?

Herstel Gemeenskap

“Moses se arms het naderhand begin moeg word. Aäron en Hur het hom op ’n klip gaan laat sit. Hulle het weerskante van hom gaan staan en sy hande in die lug gehou totdat die son ondergegaan het”— Eksodus 17:12

“Waar twee of drie bymekaar is, is Ek immers ook saam met hulle daar”—Matteus 18:20

Ek het dit onmoontlik gevind om enigiemand in my kerk te kry wat geglo het soos ek. En ek het na een van die grootste kerke in ons staat gegaan!  Tog, kort nadat ons ontmoet het, het Sue vertroulik gesê dat sy nie na die kerk toe gegaan het waar ons mekaar ontmoet het nie, sy het opgehou om haar kerk by te woon as gevolg van die skinderstories en “advies” wat haar pastoor vir haar gegee het. Haar pastoor het vir Sue gesê dat haar man nooit sal terugkeer huistoe nie EN dat dit “onbehoorlik” van haar sou wees om selfs net haar ontroue man by die huis te wil hê.  Verbeel jou!

Iets soortgelyks het met my gebeur, toe my pastoor my na die Enkellopende Bediening toe gestuur het, vir ‘n tyd, het ek ook, opgehou om kerk by te woon. Dit is toe wat ek my bediening gemeenskap begin het om ander vroue te help—wat veroorsaak het dat ‘n ander plaaslike pastoor (wie gehoor het wat ek besig was om te doen), my gevra het om te kom en my bediening vir vroue in sy kerk te bou.  Dit, het ook, groot uitdagings gehad en hoekom ek sal voorstel om julle byeenkomste in privaat huise of restaurante te hou.

Gevolgtrekking

Sodra jou HM (Hemelse Man) jou eVennoot onthul, maak seker jou eVennoot begin deur die Nou Poort van Uiteindelikhoop.com binne te gaan, behalwe as sy nie internet toegang het nie. As Hy nog nie iemand onthul het nie, gaan voort om te Evangeliseer en baie vinnig sal dit die vasgestelde tyd wees!

Word ‘n Brug Bouer

Ons moedig jou aan om te begin om jou eVennoot te vind en daarvoor voor te berei deur ‘n Brug Bouer te word.

En sodra jy jou eVennoot gevind het—wees seker om ‘n Lofverslag in te dien!  Deel hoe die Here jou gelei het om haar te vind, gebruik Erin vind Sue as ‘n voorbeeld.  Bemoedig ander Bemoediger blog lesers om hulle Hemelse Man te vra waar hulle hul eVennoot kan vind, sodat hulle hul bediening kan begin en hul wedloop kan voltooi deur hul eie Bediening te begin.

Dit is tyd om jou joernaal in te vul en te dokumenteer   het in hierdie les.

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:  Ons wil jou WEEREENS aanmoedig om regtig jou hart in ieder en elke joernaal uit te stort sodat jy Wat Ek Geleer het kan herroep, want dit sal jou voorberei en jou na jou eie bediening lei.  Hy roep jou om ‘n bemoedigende vrou te wees wie ‘n hart het vir ander en voortgaan om deur Hom gelei en verander te word.

Ek is nie seker oor hierdie link nie, is daar so AFR vorm?

Vir meer inligting, besoek:

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui