HERSTEL JOU HUWELIK – HOOFSTUK 4

Uittreksels uit Hoofstuk 4:

Dit is belangrik om te weet dat gedurende hierdie beproewinge, toetse, en versoekinge, God altyd in beheer is! Dit is God se Hand wat toelaat dat hierdie beproewinge ons aanraak of nie aanraak nie. Wanneer Hy beproewinge toelaat, gee Hy vir ons ook die genade om dit te kan verduur.

Die eerste keer wat my man my gelos het en my geskei het, het ek nie gedink dat daar enige iets mooi uit dit kan kom of dat ek selfs nog iets daaruit gaan leer nie, want ek was so vasgevang in die seer dat my hele lewe net om daai seer gedraai het. Maar vandag kan ek werklik sĂȘ dat God my die genade gegee het om alles te verduur en dat God werklik in beheer van alles is en niks maar niks God onkant vang nie.

Ons is in Sy Hande. “Want dit alles het ek ter harte geneem en dit alles het ek probeer deurgrond, dat die regverdiges en die wyse manne en hulle dade in die hand van God is . . .” (Pred. 9:1). Ons maak ‘n fout, deur te probeer om iets vanaf ander mense te kry, veral van ons eggenote, maar ons besef nie dat alles wat ons kry van die Here afkomstig is nie!

Dit het my baie lank gevat om tot die besef te kom dat my man nie het wat ek nodig het nie, niemand het wat ek werklik nodig het nie, so hoekom dit selfs by iemand soek, net die Here het wat ons nodig het, net Hy kan ons werklik vervul, net Hy kan vir ons die vrede gee waarna so baie van ons smag.

Ons het genade nodig. “En Hy het vir my gesĂȘ: My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring. Baie liewer sal ek dus in my swakhede roem, sodat die krag van Christus in my kan woon. Daarom het ek behae in swakhede, in mishandelinge, in node, in vervolginge, in benoudhede, om Christus wil. Want as ek swak is, dan is ek sterk” (2 Kor. 12:9–10). Jou huwelik sal nooit herstel word voordat jy nie tevredenheid toon tydens jou beproewinge nie.

Vir jare lank was ek glad nie tevrede met die beproewinge waar deur ek is nie en het so baie gekla, grotendeels omdat ek so verskriklik jammer vir myself gevoel het en glo absoluut dis hoekom my beproewinge so uitgerek was. Ons het 2 keuses in ‘n beproewing, of ons kla en voel jammer vir ons self en maak dit net erger of ons draai die situasie om en begin die Here te loof en prys in die middel van die storm omdat ons weet dat Hy ons op die regte tyd daaruit sal bring end at Sy plan groter is.

 En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. R8:28.

By God. “Maar Jesus het hulle aangekyk en vir hulle gesĂȘ: By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik” (Matt. 19:26). “Maar Jesus het hulle aangekyk en geantwoord: ‘By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie; want by God is alle dinge moontlik’” (Mark. 10:27). Niks (nie een ding) is onmoontlik by God nie. Werk saam met God. Moenie jou eie plan hĂȘ en verwag dat God dit moet seĂ«n nie. Jy moet “saam” met God werk; Hy gaan tog nie saam met jou werk nie.

Niks maar niks is vir God ontmoontlik nie Vir jare het ek my eie planne gemaak en so baie mense in die proses seer gemaak. Ja ek het vir God se hulp gevra maar as ek myself weer gekry het, was dit my eie planne waarmee ek besig was. Vandag kan ek ander vrouens waarsku en sĂȘ jou eie planne is nooit ooit die beste plan nie, net God weet wat die beste vir ons is. En aangesien God werklik die onmoontlike kan doen, hoekom vertrou ons Hom nie net ten volle nie. Ek het naderhand in die gewoonte gekom om te smeek en hierdie week het my Hemelse Man vir my die mooiste iets gesĂȘ, hou op smeek en begin My te vertrou.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “HERSTEL JOU HUWELIK – HOOFSTUK 4”

  1. Ja wanneer ons deur huwelikskrisis gaan, egskeiding in die gesig staar of owerspel, hou die pyn ons so gevange dat ons nie kan sien dat daar dalk rede hiervoor is en dat daar wel iets moois hieruit kan kom nie. Ons bly vaskyk in die situasies en nie na dit wat nie gesien kan word nie, Sy plan en doel met dit alles. Maar ons gaan nie alleen hierdeur nie, ons het ‘n Hemelse Man wat vir ons die Oorvloedige Lewe wil gee ten spyte van waardeur ons gaan, wat ons uit die tronk van pyn wil uithaal. Ons moet net op Hom begin fokus as ons eerste liefde, Hy wil herstel, Hy wil genees, Hy wil vir ons sorg, ons moet Hom net omhels as ons eerste liefde.

    1. Ja liefste Adina, pyn kan ons so gevange hou as ons oë nie op die Here is nie. Dis so fantasties dat ons nie alleen daardeur hoe te gaan nie en dat baie keer dink ons, as ons mans net terugkom dan is ons seer genees, maar net die Here kan ons seer genees.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui