‘n Wyse Vrou

‘n Wyse Vrou Bou Haar Huis

Deur ‘n DWAAS wat Hare Met Haar Eie Hande Afgebreek Het

Toewyding

Die werkboek is aan my Here en Redder, Jesus Christus toegewy. Dankie dat U my nooit verlaat het nie. Dankie dat U so getrou was aan U beloftes, veral Romeine 8:28: “Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet, die wat volgens sy besluit geroep is.”

Aan my eerste dogter, Tyler, toe God my met jou gesĂ«en het, het ek my reis begin om ‘n goddelike ma te wees, in die hoop dat ek ‘n goeie voorbeeld vir jou sal wees om te volg. Ook aan my dogters, Tara en Macy, mag julle ‘n “sagmoedige en rustige gees” nastreef, wat kosbaar in die aangesig van God is.”    

Aan my vier seuns, Dallas, Axel, Easton en Cooper, mag julle elkeen die vrouens met wie julle trou koester, “Wie ‘n vrou kry, vind geluk en geniet die goedheid van die Here.” Soek vir haar asof jy vir ‘n kosbare edelsteen soek, “n knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene”! Ek weet ek sal elkeen van my toekomstige dogters net so liefhĂȘ soos wat ek elkeen van julle liefhet.

Hoofstukke 12 en 15 is aan my ma, Grace McGovern opgedra, wie 10 April 2000 opgegaan het om saam met die Here te wees. Haar voorbeeld om elkeen van haar sewe kinders te koester soos ‘n “spesiale seĂ«n van die Here” het my aangespoor om kinders te begeer en die Here met my vrugbaarheid te vetrou. Dit was haar liefde vir moederskap wat my geĂŻnspireer het om my kinders lief te hĂȘ. My ma was reg - “liefde vergaan nooit nie”!  

Aan die baie dames wat deur Herstel Ministerie gekom het en gehelp het met die hersiening, wysiging en proeflesing van hierdie werkboek: my ma, Jo Hurst, Tammy Sutton, Rachel Floyd, Wendy Bryant, Marilyn Danielson en Sarah Buzzard. Dankie julle almal!  Julle was  die antwoord op ons gebede.

En ten einde laaste; aan my man dat hy teruggekom het huistoe en die geestelike leier van ons huis en die bediening geword het.  Ek is elke dag liewer vir jou.

Inleiding

Die boek wat jy in jou hande vashou is nie bedoel om gelees te word en eenkant gesit te word nie. Dit is my hoop en gebed dat dit jou die kennis gaan gee om te voorkom dat jy ooit egbreuk of egskeiding in die gesig sal staar. Vir die wat hierdie werkboek gekry het deur my aanbeveling in Hoe God Jou Huwelik Kan en Sal Herstel: ‘n Boek vir Vrouens van Iemand Wat Daar Was, ek is seker dat God jou hart sien en jou op die oomblik ”sterk ondersteun”.

Dit is tyd vir alle vrouens (en mans) om te besef dat alle huwelike op sinkende sand is, tensy hulle ferm op die Rots van God se Woord gegrond is .

Soos wat jy elke hoofstuk lees, sal jy duidelik sien dat jou afhanklikheid op die Here moet wees.  Die Woord is al wat jy nodig het om jou gedagtes te hernu deur God se manier van dink en jy moet ander opinies van die wĂȘreld uitgooi. Dan is dit jou taak om jou huis op die Rots te herbou deur te doen wat die Woord sĂȘ en nie net te hoor nie.

Voordat jy begin herbou, moet jy ‘n goeie bloudruk hĂȘ.  Jou bloudruk moet Sy Woord wees, wat jy in die volgende bladsye sal vind.  Volgende, jy moet die Hoeksteen vind waarom alles gebou sal word.  Ons Hoeksteen is om Jesus as jou Here te neem, nie net jou Redder nie.  Ons sal dit in les twee dek. 

Met hernude gedagtes en die Here se bloudruk, sal jy in staat wees om jou huis te herbou in plaas daarvan om dit soos ‘n dwaas op sinkende sand te bou. Die van julle wat in die middel van die rommel sit omdat jou huis geval het (deur egbreuk of egskeiding), het regtig die voordeel.  Jy is gemotiveer om nou jou huis te begin herbou aangesien jy basies nĂȘrens anders het om te bly nie.  Dit is waar ek was toe ek begin het om die werkboek vir vrouens te skryf.  Dit was vir my baie pynlik, maar dit was elke traan werd wat ek gestort het!

Die van julle wat in ‘n huis bly wat net ‘n bietjie kraak of miskien skuif wanneer die weer verander, is gemaklik, maar God probeer jou aandag kry, anders sou jy nie nou hierdie handleiding in jou hande gehou het nie.  Onthou, Jesus het gesĂȘ wanneer  reĂ«n kom, nie as reĂ«n kom nie. En, Hy is baie duidelik dat al daardie wie se huise nie op die Rots gebou is nie, sal val, en groot sal hulle val wees! Jou reĂ«n en wind mag dalk kom in die vorm van jou man wat ontrou is, ‘n siekte of dood in die familie of finansiĂ«le probleme.  Nietemin, God is getrou; Hy sal wat ook al gebruik wat Hy weet jou aandag sal kry.

“Ek is veral ook daarvan oortuig dat God, wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit end-uit sal voer en dit sal voleindig op die dag wanneer Jesus Christus kom.” Fil. 1:6. Ek waarborg dat almal van ons beproewings en verdrukking in ons lewens sal hĂȘ; daarom, laat ons, ons huise ferm op die Rots van Jesus Christus en Sy Woord bou!

INHOUD

  1. Op die Rots
  2. Jou eerste Liefde
  3. Sagte en Kalm Gees
  4. Goedhartigheid is op Haar Tong
  5. Wen sonder ‘n Woord
  6. ‘n Twisgierige Vrou
  7. Rein en Respekvol
  8. Vrouens wees Onderdanig
  9. Geskikte Helper
  10. Allerlei Beproewings
  11. Ek Haat Egskeiding
  12. Kinders is Geskenke van die Here
  13. Die Bediening van Versoening
  14. Die Maniere van Haar Huishouding
  15. Jou ma se Leringe
  16. Vrouens Moedig die Jong Vrouens aan
  17. Maak die Venters van die Hemel Oop
  18. Oor die Skrywer

“My volk gaan onder omdat hulle nie aan my toegewy is nie”

Hoofstuk 1 "Op die Rots" 

“Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel,
kan vergelyk word met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
Die stortreën
het geval, vloedwaters het afgekom,
winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk,
en tog het dit nie ingestort nie, want die fondament was op rots.”
—Matt. 7:24-25

NEW-COVER-WW-AFR-Front-1593x2048-1

Is jou huis op ‘n rots gebou? Is jy seker? Want God se Woord sĂȘ dat die reĂ«n gaan kom. Dit mag in die vorm van ‘n finansiĂ«le krisis wees, die dood van ‘n geliefde, egbreuk, siekte of ‘n verlore kind. Sal jou huwelik staan? Groot is die val van meeste huwelike – sal joune volgende wees? Of, miskien het dit alreeds geval. Dames, dit is tyd vir ons almal om ons huise ferm op die Rots van Jesus Christus te bou - Sy Woord.

Ons as vrouens woon veelvoudige Bybel studies by en dan veelvoudige seminare. Ons deurweek onsself onvermoeid met die Woord, tog is ons huise buite orde en besig om te verkrummel. Meeste van ons mans is so behep met stokperdjies, sports en hulle werk dat hulle min of geen tyd spandeer om God se Woord te bestudeer. Het jy al ooit gewonder of jou huwelik in egskeiding sal eindig? Wel, God se Woord sĂȘ, “Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.” 1 Kor. 10:12.

Die weĂ« van die wĂȘreld, wat die kerk en haar onderrig binnegedring het, waarborg net die ondergang van ons hoop en planne vir ons families. Weet jy regtig wat God se Woord sĂȘ vir jou as ‘n vrou, eggenoot en ma? Het jy God se plan gelees en jou huis daarvolgens gebou? Hier is ‘n paar van die vrae wat gevra sal word deur die Woord in die volgende lesse:

Is daar enige iets verkeerd met egskeiding, veral onder sekere omstandighede? Hoekom eindig huweliks berading gewoonlik in egskeiding? Hoekom vertoon vrouens die houding en karaktertrekke van ‘n ideale vrou teenoor hulle werkgewers maar nie hulle mans nie? As jy jou man eerste in jou lewe plaas, wat sal van jou huwelik word?

Watter gevaar is teenwoordig wanneer ‘n vrou al haar eie behoeftes vervul en haar man sy eie behoeftes vervul? Moet jou pastoor jou geestelike leier wees? Hoekom word beledigings en onheil in ons lewens ingebring, en hoe hou dit verband met God se seĂ«ninge? Wanneer jy iemand of iets voor die Here plaas, wat sal God doen om jou terug na Hom toe te trek? Sommige predikers vertel ons dat ons beveel is om kwaad te wees; is dit waar?

Gesonde leer? Ons as Christene geniet die boodskap van die kansel of Christen radio wat ons opvlam vir die Here, maar wat van die boodskappe wat oortuiging bring? Hardloop jy weg van die Waarheid af? Baie van ons predikers en sprekers van vandag voel dat hulle groot skares moet aantrek vir finansiĂ«le redes. Dit blyk dat wanneer predikers hulle gemeente of luisteraars vertel wat hulle wil hoor, bring dit die grootste offerande vir hulle bediening. “Want daar sal ‘n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sĂȘ wat hulle graag wil hoor. Hulle sal die waarheid nie wil hoor nie en hulle tot verdigsels wend.” 2Tim. 4:3-4.

Verskeurende wolwe. Jesus het ons gewaarsku teen geestelike leiers wat ons probeer bedrieg. “Pas op vir die vals profete. Hulle kom na julle toe in skaapsklere, maar in werlikheid is hulle verskeurende wolwe. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken
.” Matt. 7:15-16. Ons kan die finansiĂ«le vrugte van baie bedienings sien, tog gaan die volk onder omdat hulle nie aan my toegewy is nie. “My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie
.” Hosea 4:6. Wanneer jy na die mees gewildste Christelike sprekers luister, is jy seker hulle inligting is gebaseer op die Woord, of is dit gebaseer op sielkunde en die idees van mense? Weet jy wat die verskil is? “ ‘ Die profeet wat ‘n droom gehad het, mag vertel wat hy gedroom het, maar hy wat My Woord ontvang het, moet My Woord eerlik oordra. ‘n Mens kan nie strooi met die beste koring vergelyk nie, sĂȘ die Here?’ ”  Jer. 23:28. Is jy in staat om graan van strooi te onderskei?

Vind wysheid. “My seun, aanvaar die straf wat van die Here kom en moet jou nie teen sy teregwysing verset nie, want die Here straf die mens wat Hy liefhet net soos ‘n vader doen met sy seun. Dit gaan goed met die mens wat wysheid gevind het, wat insig as sy deel ontvang het, want dit bring meer winste in as silwer en lewer ‘n groter opbrengs as goud.” Spr. 3:11-14. As jy ‘n kragtige boodskap met die titel “Onderdanigheid,” of “Die Twisgierige Vrou” of “Wen Jou Man SONDER ‘n WOORD” hoor, sal jy dit met opwinding omhels of weghardloop van die oortuigings?

Sy doel. Ken jy die verskil tussen veroordeling en oortuiging? Satan bring veroordeling na ons toe - gedagtes wat ons hopeloos laat voel. Die Here oortuig ons in ons gees met die doel om vir ons die dinge in ons lewens te wys wat verandering benodig. Alle skuldgevoelens is nie sleg nie. Inteendeel, ons moet skuldig voel wanneer ons sondig. As ‘n persoon geen skuld of berou vir sy sondes voel nie, hoekom sal ons tot inkeer wil kom? Selfs die hopeloosheid wat veroordeling bring, kan ten goede gebruik word as ons na God toe keer vir ons hoop.” Rom. 8:28. Weet jy dat God baie keer teenspoed in ons lewens bring om ons verhoudings met Hom te versterk? Dit was God wat baie teenspoed in Jona se lewe gebring het om gehoorsaamheid voort te bring, en dit was die Here wat Saul verblind het om hom in die goddelike Paul te verander. Maak dit regtig saak waar die teenspoed vandaan kom solank as wat ons elke beproewing toelaat om ons meer in die Here se beeld te vorm? 

My optrede, my gedagtes. Wat in die volgende lesse geskryf staan mag vir jou vreemd voorkom. Baie van hierdie waarhede word skaars, indien ooit, van die preekstoel af gepreek, bespreek op Christelike radio of oor geskryf in Christelike boeke. “Soos die hemel hoĂ«r is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.” Jes. 55:9. Hierdie onderrig is maklik om in die Woord te vind, maar word dikwels oorsien, afgewater, of buite verband geneem om ‘n teenstaande oogpunt te regverdig of om sonde te regverdig. “Elke belofte van God is betroubaar; Hy beskerm die wat by Hom skuil. Moet niks byvoeg by wat Hy gesĂȘ het nie; Hy sal jou bestraf, en jy sal daar staan as ‘n leuenaar” Spr 30:5-6.

‘n Hart vol ootmoed en berou. Is jou hart gebroke en vol berou? Dit moet wees om die Waarheid te ontvang. “Die offer wat U wil hĂȘ, o God, is verootmoediging: U sal ‘n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God” Ps. 51:19. Dit is die vrugbare grond wat die Here sĂȘ baie vrugte sal afwerp. “Luister julle dan na wat die gelykenis van die saaier beteken: Die Bose kom by elkeen wat die woord van die koninkryk hoor maar dit nie verstaan nie, en vat dan weg wat in sy hart gesaai is. Dit is hy by wie daar op die pad gesaai is. Die man by wie daar op die klipbanke gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit dadelik met blydskap aanneem. Hy laat dit egter nie by hom wortel skiet nie, en hy hou nie lank uit nie. As hy ter wille van die woord verdruk en vervolg word, word hy gou afvallig. Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug. Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer ‘n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.” Matt. 13:18-23.

Het dit nie gehoor nie. "Maar julle oĂ« is bevoorreg dat hulle sien, en julle ore dat julle hoor. Dit verseker Ek julle: Baie profete en gelowiges wou graag sien wat julle sien, maar het dit nie gesien nie, en wou graag hoor, maar het dit nie gehoor nie.” Matt. 13:16-17. Jy sal ‘n “oor om te hoor,” nodig hĂȘ, wat beteken om te luister en te begeer om sodoende die volkome wysheid wat die Bybel bied, te kry.

Nag en dag oordink. Jy sal jou gedagtes moet hernu om in lyn te kom met wat God sĂȘ oor alles. Meeste maak staat op wat gewild is volgens die wĂȘreld se standaarde of volg die sogenoemde “deskundiges” in die veld. Laat ons nooit vergeet dat God ons Maker is nie. Weet Hy nie hoe om elke omstandigheid of verhouding wat Hy geskep het, te hanteer nie? “Maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit nag en dag oordink. Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie; Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.” Ps. 1:2-3  

U Woord is die Waarheid. Satan sal probeer om jou te verlei om wat in die werkboek geskryf staan, te verwerp. Hy mag probeer om verdeling te veroorsaak deur jou te laat dink of sĂȘ dat jy nie met die skrywer saamstem nie. Eerstens, dit maak nie saak wat die skrywer sĂȘ of dink nie. Wat saak maak is wat God sĂȘ, aangesien Hy die Skrywer en Skepper van lewe is. Tweedens, moet ons onthou dat Satan sal probeer om jou te ontmoedig; verdeling is een van sy gunsteling taktieke. As jy nie glo wat in hierdie lesse geskryf staan nie, het jy drie keuses, 1) Jy kan met iemand praat wat jy weet met jou sal saamstem, 2) Jy kan vat wat jy wil en die res oor slaan soos ‘n buffet of, 3) jy kan die Waarheid soek. “Laat hulle aan U toegewy wees in die Waarheid. U woord is die Waarheid.” Johannes 17:17. Kies asseblief om die Waarheid na te streef. Die Waarheid is niks om te vrees nie; inteendeel, dit sal jou vrymaak. “As julle aan My Woorde getrou bly, is julle waarlik My dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die Waarheid sal julle vrymaak.” Johannes 8:31-32, Weereens, as jy enige van die materiaal bevraagteken dring ek aan dat jy in die Woord sal soek om die Waarheid te vind.

Soek en jy sal vind. “Beywer julle vir Sy koninkryk, dan sal Hy julle ook hierdie dinge gee.” Lukas 12:31. “Ek sĂȘ vir julle: Vra en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word.” Lukas 11:9. Gebruik jou konkordansie; laat toe dat die Here jou in alle Waarheid lei. Memoriseer ‘n vers en herkou dit oor en oor in jou gedagtes. Dan, op ‘n dag, sal dit wees asof die lig aangeskakel word in ‘n donker kamer; jy sal die Waarheid ken! Is dit die moeite werd? Het jy tyd? “Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom.” Ps. 90:12. As ons Hom eerste soek, belowe Hy dat al die ander goed vir ons gegee sal word...

Honger en dors. As ons gelowiges is, as ons Christene is, dan is ons doel op die aarde om God te verheerlik in alles wat ons doen. Is dit nie wat Jesus met Sy lewe gedoen het nie? En, as ons onsself Christene noem, is ons veronderstel om volgelinge van Christus te wees. Maar is ons? Hoe volg ons Christus? Miskien het jy menigte kere vantevore probeer om God te volg, maar jy het gestruikel en was nie in staat om aan te gaan nie. As jy jou hart vir God kan oopmaak en voortgaan om Sy Woord te lees, wat in die volgende lesse gevind kan word, sal Sy Woord veroorsaak dat jy sal honger en dors na Hom en Sy Waarheid. “GeseĂ«nd is die wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.” Mat 5:6. “Soos ‘n wildsbok smag na waterstrome, so smag ek na U, o God.” Ps. 42:1. Hoe wonderlik om so oor die Here en Sy Woord te voel!

Sy Woord. God se Heilige Woord sal die mees belangrikste Woorde op die volgende bladsye wees; moet hulle asseblief nie oorslaan nie. Sy Woord genees. “Hy het hulle met ‘n enkele Woord gesond gemaak, hulle aan die dood laat ontkom.” Ps. 107:20. Sy Woord is die lig wat die donkerte sal verlig. “U woord is die lamp  wat my die weg wys.” Ps. 119:105. Sy Woord is Waarheid.” Op U woord kan ‘n mens hom geheel en al verlaat. Al u bepalings is regverdig.” Ps. 119:160.

Doen dit net! Sodra jy begin om God se Waarhede te verstaan en te aanvaar, moet jy ‘n doener van die Woord word. “Iemand wat altyd net die Woord aanhoor en nooit doen wat dit sĂȘ nie, is soos een wat na sy gesig in ‘n spieĂ«l kyk: hy bekyk homself, gaan van die spieĂ«l af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. Jacobus 1:23-24. Jy moet aksie byvoeg by wat jy geleer het, of daar sal nooit enige verandering in jou lewe wees nie!

Ywerig vir wat goed is? Laat hierdie gedagte heersend in jou gedagtes wees: die onderrig in hierdie werksboek is geskryf deur ‘n seloot (‘n fanatikus). Ek het so geword toe ek in ‘n hoek gedryf is in my lewe. Ek het so geword toe ek besig was om te sink en gesoek het vir iets of Iemand om my te red, “Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: ‘Here red my!’”  Ek het so geword toe ek ‘n leemte in my lewe ervaar het wat my hart laat pyn het omdat ek desperaat was om daardie leemte te vul.  As dit is waar jy in jou lewe is, dan sal jy ook ‘n fanatikus word.  Gehoorsaam fanaties – entoesiasties!

Ywerige onderrig benodig ywerige gehoorsaamheid. “Wie sal julle kwaad aandoen as julle julle beywer vir wat goed is?” 1Pet. 3:13. “Ek bestraf en tug elkeen wat Ek liefhet. Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle.” Op. 3:19. Jesus het daardie soort ywerige gehoorsaamheid verlang in Sy onderrig terwyl Hy op die aarde geloop het. “As jou hand of jou voet jou van My afvallig maak, kap hom af en gooi hom van jou af weg. Dit is vir jou beter om vermink of kreupel die lewe in te gaan as om met altwee jou hande of voete in die ewige vuur gegooi te word.” Matt. 18:8. Ek sou sĂȘ dit is baie fanatiese instruksies van ons Here af.

Kom, volg My. “Jesus het na hom gekyk en hom liefgekry en vir hom gesĂȘ: ‘Net een ding kom jy kort; Gaan verkoop alles wat jy het, en gee die geld vir die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hĂȘ. Kom dan terug en volg My!’ Hy het geskrik toe hy dit hoor en het bedruk weggegaan, want hy het baie besittings gehad. Jesus kyk toe na sy dissipels rondom Hom en sĂȘ vir hulle: ‘Hoe moeilik sal mense wat ryk is, in die koninkryk van God kom.’” Markus 10:21-23. Is ons soos die ryk man, onwillig om Hom te volg? Hoeveel keer het Hy jou geroep maar was jy te besig met die dinge van die wĂȘreld, so jy het gekies om Hom nie te volg nie? Moet dit nie nou mis nie, Hy roep jou naam.   

Laat ons elke las van ons afgooi. “Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlĂȘ, met volharding hardloop
.” Hebr. 12:1.  “Die nag is byna verby; dit is amper dag. Laat ons dan ophou met die werke van die duisternis; laat ons die wapens van die lig opneem.” Rom. 13:12. “...hou dan op om te lewe soos julle vroeĂ«r gelewe het; breek met die ou, sondige mens in julle wat deur sondige begeertes verteer word
.” Efe. 4:22. Jy moet onmiddelik veranderinge in jou lewe maak en jouself toewy om Jesus Christus te volg. Wanneer sal die volgende keer wees wat Hy jou roep? Kan dit jou laaste geleentheid wees? Dink na oor hierdie ontnugterende vers: “Julle wat nie eers weet hoe julle lewe mĂŽre sal wees nie! Julle is maar ‘n damp wat ‘n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn.” Jakobus 4:14. Laat elke oomblik, elke dag, tel.                           

Louwarm. Vir die wat sĂȘ julle het ‘n gelukkige tuiste, sal die werksboek dalk te fanaties wees aangesien daar niks is om jou te motiveer om te verander nie. “Ek weet alles wat julle doen. Ek weet dat julle nie koud is nie, en ook nie warm nie. As julle tog maar koud of warm was! Maar nou, omdat julle lou is nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond uitspoeg.” Op. 3:15-16. God verafsku ‘n louwarm Christen. Is jy vuur en vlam vir Hom? Wat moet Hy in jou lewe doen om jou te kry om nader aan Hom en Sy Woord te beweeg? Ek weet wat dit van my geverg het!

Arm van gees. Die wat arm is het niks nie; daarom, is dit makliker vir hulle om alles te los en Hom en Sy Woord te volg.  “Die Gees van die Here is op My omdat Hy my gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig.” Lukas 4:18. Is jy geestelik bankrot? “GeseĂ«nd is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.” Matt. 5:3. As jy finansieĂ«l bankrot is sal jy sekerlik naarstigtig vir jou man bid om werk te kry of om ‘n beter werk te kry sodat jy die rekeninge kan betaal en jou familie gevoed kan wees, maar wat van die geestelike kos wat jy met jou kinders moet deel.

Huis op sand gebou. Kom ons wees eerlik, baie van ons het ons huis op die sinkende sand van die wĂȘreld se standaarde gebou. Ons streef na alles waarteen ons Here Jesus Christus geleef en gepreek het! Jy weet dit is net ‘n kwessie van tyd voor jou huis van kaarte val. Ons het die tekens gesien; ons het gesien hoe ander Christen huwelike val. Wat laat jou dink joune sal staan? Die vrouens wat hierdie handleiding vind en lees wie se huise alreeds geval het. “heeltemal verwoes is,” het regtig die voordeel. Aangesien hulle nĂȘrens het om te bly nie tel hulle die stukke puin op en begin herbou. Hulle het geen keuse om te maak nie; God het dit vir hulle gemaak. “En elkeen wat hierdie woorde van My hoor en nie daarvolgens handel nie, kan vergelyk word met ‘n dwaas wat sy huis op sand gebou het. Die stortreĂ«en het geval, vloedwaters het afgekom, winde het teen daardie huis gewaai en daaraan geruk, en die huis het ingestort en is heeltemal verwoes.”  Mat:7:26-27. Begin nou om jou huis te herbou, stap vir stap, baksteen vir baksteen, op die Rots van Jesus Christus.  Gebruik Sy Woord alleen as die bloudruk, laat hierdie werkboek jou motiveer en die areas uitwys met betrekking tot omstandighede en situasies in jou lewe.

Moenie vir hulle bang wees nie; dink aan die Here. “En vir sy medeamptenare en vir die soldate in Samaria gesĂȘ: ‘Waarmee is die arme JudeĂ«rs besig? Wil hulle vir hulle ‘n stadsmuur bou? Wil hulle offerandes bring en in een dag klaarmaak? Wil hulle die klippe laat herleef uit daardie hope stof en as?.... Laat hulle bou! Daardie klipmuur van hulle sal omval as ‘n jakkals daarteen spring!’” Neh. 4:2. Verwag om gespot te word soos wat jy jou huis herbou. Lees die hele hoofstuk vier van Nehemia vir motivering en voorbereiding.

Merk die verse in jou Bybel wat verduidelik wat hulle gedoen het om die wat hulle probeer keer het te oorkom. Eerstens het hulle gebid toe ander hulle begin spot het en God het hulle rigting gegee gepaard met ‘n “verstand om te werk.” Volgende, het hulle ‘n verdediging opgestel, dag en nag. Hulle was ook bewus van hulle swak punte en het ekstra verdediging in daardie posisies geplaas. (Klink ‘n bietjie soos oorlog, doen dit nie? Vir meer oor geestelike oorlogvoering wat jy daagliks in die gesig staar, sien les 5, “Wen Sonder ‘n Woord,” want “My volk gaan onder omdat hulle nie aan my toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan my toe te wy, verwerp het...” Hosea 4:6.)   

Die leiers moes ook baklei teen die vrese van die wie hulle gelei het. Jy sal geestelik sterk moet wees om jou kinders aan te moedig wanneer hulle begin bang raak. “Daarna, toe ek agterkom dit is nodig, het ek die vooraanstaande burgers, die ampsdraers en die res van die volk toegespreek: ‘Moenie vir hulle bang wees nie. Dink aan die Here, groot en ontsagwekkend, en veg vir julle broers, julle seuns en julle dogters, julle vrouens en julle huise.’” Neh. 4:14. Uiteindelik, het die duiwel gesien dat dit God was wat aan Israel se kant geveg het. Ons vyand die duiwel, of die wat vir die duiwel werk, sal ook die Here sien as ons “stryd nie teen vlees en bloed is nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wĂȘreld, teen elke bose gees in die lug.” Efe. 6:12.

My oog oor jou hou. Sal jy voortgaan met die volgende lesse met die fanatiese toegewydheid wat benodig word? Ons is nie in staat om die veranderinge self te maak nie. Ons is sondaars; ons eie geregtigheid is niks meer as vuil klere. Wanneer ons toelaat dat God in ons werk en deur ons werk, sal Hy begin om die veranderinge binne in ons te maak. “Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou. Moenie onverstandig wees nie, soos ‘n perd of ‘n muil wat met ‘n stang in die bek beteuel moet word as jy hom wil lei.” Ps. 32:8-9.

Volgens Sy besluit. Die Here kom na ons toe op die presiese tyd van ons nood. Hy laat ons toe om na die keerpunte in ons lewens te kom (deur verskeie beproewings) om afhanklikheid van Hom te leer. Dit is gedurende die tye van nood dat ons Hom nastreef, en dan laat Hy ons Hom vind. Dit is net deur gebrokenheid dat egte lewenslange veranderinge gemaak word. Ons kan Hom loof in alle dinge omdat ons die versekering het “dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet die wat volgens sy besluit geroep is.” Rom. 8:28. Ons kan van hierdie gedeelte sien dat ons doel moet wees volgens Sy besluit. Wat dan is Sy doel vir ons lewens? Meeste van ons is bekend met Rom. 8:28, maar om regtig sy doel te verstaan moet ons verder lees. “Die wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van Sy Seun, sodat Sy Seun baie broers kan hĂȘ van wie Hy die Eerste is. Die wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En diĂ© wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek. En diĂ© wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik.  Wat is nou ons gevolgtrekking oor al hierdie dinge? Dit: God is vir ons, wie kan dan teen ons wees?” Rom 8:29-31.

Weerspreek jou dade Hom? Is jy werlik lief genoeg vir Hom om aan Hom gehoorsaam te wees, selfs as ‘n fanatikus? Is ons meer besorg met ons doel of Sy doel in elke situasie van ons lewens? Waar is jou hart? Baie keer wanneer ‘n beproewing in ons lewens kom, gehoorsaam ons om onsself te troos en te beskerm teen watookal ons seermaak. Maar as die beproewing of die lyding voortgaan begin ons die nodigheid sien vir ‘n meer permanente verandering. Ons ontwikkel insig, wat die rede(s) openbaar hoekom God die beproewing toelaat. Moontlik, is dit vir ons redding of die redding van ‘n geliefde; maar, sekerlik, is die beproewing vir ons heiligmaking sodat ons dade sal ophou om Hom te ontken. “Hulle gee voor dat hulle God ken, maar hulle dade weerspreek dit. Hulle is verfoeilik en koppig en deug vir geen goeie werk nie.” Titus 1:16.

My hart van klip. Terwyl ons uitsien na die dag van ons verheerliking, moedig God ons aan om spesifiek in ons gebeds lewens te wees. Hy wil hĂȘ ons moet op die punt kom om werklik na Hom uit te roep. Wanneer sal jy hierdie punt bereik? Sal jy uitroep gedurende ‘n tyd van frustrasie of moet jy tot die punt kom wat jy ‘n geliefde aan die dood moet af staan? Miskien is dit eenvoudig die moontlikheid om die geliefde te verloor wat jou tot op daardie punt sal bring. Moontlik sal die vernietiging van jou huwelik jou laat uitroep na God. Ons moet onsself vra, hoe hard is my hart? “Ek sal julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees gee, Ek sal die kliphart uit julle liggaam uithaal en julle ‘n hart van vleis gee.” Eseg. 36:26. Is jy gewillig om God te vra vir hierdie harts verandering, “watookal dit verg”? Die Here het gesĂȘ as jy net wil vra, sal jy ontvang. “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.” Matt. 7:7

Bly verset. As ons werklik Christene is, volgelinge van Christus, dan smag ons om nader aan Hom te wees. Smag jy na Hom? Of in plaas daarvan omring jy jousself met dinge wat daardie begeerte verdoof? Indien so, is jy nie ‘n Christen vuur en vlam vir God nie, maar afvallig. “‘n Onbetroubare mens kry sy verdiende loon
.” Spr. 14:14. Is jy onbetroubaar en moet jy gebreek word? “‘n Man wat hom bly verset teen teregwysings, kom skielik tot ‘n val en staan nie weer op nie.” Spr. 29:1.

Hart vol ootmoed en berou. Jy mag jouself vertel dat jy soveel doen vir die Here. Jy spandeer soveel tyd in die kerk kinderkamer of is die hoof van verskeie komitees. Jy dink dit is regte opofferings en dit bewys dat jy reg voor God staan. “Die offer wat U wil hĂȘ, o God, is verootmoediging: U sal ‘n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God.” Ps. 51:16.

Droefheid bring bekering. Om uiteindelik tot inkeer te kom en weg te draai van die louwarm lewe wat ons gelei het, moet ons jammer wees. “Nou is ek egter bly, nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat ek julle so hartseer gemaak het dat julle tot inkeer gekom het. Julle was immers hartseer soos God dit wou hĂȘ. Ons het julle dus in geen opsig benadeel nie, want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei, en daaroor was niemand nog ooit jammer nie. Daarteenoor bring droefheid uit wĂȘreldse oorwegings die dood.” 2Kor. 7:9-10

Vernietig redenasies en elke hooghartige aanval.  Wat skei ons van die kennis van God? Wat keer ons om sy Woord daagliks te lees? As God nie eerste in jou lewe is nie, wat is? Jou familie? Jou werk? Stokperdjies? Televisie en vermaaklikheid? Wat hou jou so besig elke dag en verhoed jou om God selfs ‘n gedagte te gee? “Daarmee vernietig ons die redenasies en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak. Ons is ook gereed om met elke ongehoorsaamheid af te reken sodra julle eie gehoorsaamheid volkome is.” 2Kor. 10:5-6.

Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar. Diegene wat hulleself toegelaat het om skuldig te voel is gereed om hulle lewens te begin verander. As jy gereed is, begin met ‘n belyding. “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word.” Jacobus 5:16. As jy nie gebroke is nie, sal jy moontlik hierdie bladsye nou neersit of voortgaan om hulle te lees net om aan jouself te bewys dat jy die goeie Christen is wat jy voorgee om te wees. Ongelukkig, weet ons albei dit sal nooit jou lewe verander en jou hart binnedring nie. Dit sal bloot by jou rug afloop soos water van ‘n eend se rug af.

Moenie verbaas wees oor die vuurproef. Hierdie bladsye is geskryf deur iemand wat gebroke was. God gebruik dikwels mense in ons lewe om ons te breek. Dit mag dalk eers net ‘n irritasie wees; dan neem dit toe tot algehele frustrasie. Keer ons na Hom toe op daardie punt of verhard ons ons harte of nekke? God probeer om ons te verander, en ons te vorm. “Geliefdes moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie. Wees liewer bly hoe meer julle in die lyding van Christus deel want dan sal julle ook oorloop van vreugde by sy wederkoms in heerlikheid.” 1Pet. 4:12.

Gewoonlik hou ons nie van die situasie of die persoon wat die beproewings in ons lewens bring nie omdat ons nie kan sien dat God agter dit sit nie. Ons word bitter en kwaad vir die persoon en die omstandighede wat Hy gebruik. Ons probeer die verhouding verbreek, net om te vind dat dit ons volg. Geliefde gelowige, dit is die Here wat probeer om ons tot insig te bring, eers sagkens, maar dan ‘n bietjie meer ferm. (Sien les 10, “Verskeie beproewings,” want “My volk gaan onder omdat hulle nie aan My toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan My toe te wy, verwerp het, verwerp ek jou
.” Hosea 4:6)

U laat my bekendes ver van my af staan. God moet dikwels ‘n vriend of ‘n geliefde verwyder om Homself eerste in ons lewens te plaas. Ons mag dalk in ‘n koue huwelik wees of vervreem of geskei. Ons kinders, of ons ouers, praat dalk nie met ons nie. Moontlik mag ons broers of susters dalk ook nie met ons kommunikeer nie. “U laat my vriende en my bure ver van my af staan, die duisternis van die dood is my geselskap.” Ps. 88:18. “U het my onder in die put laat beland, in ‘n diepe duisternis. U gramskap rus swaar op my, U laat al U golwe oor my breek. *Sela. U laat my bekendes ver van my af staan en maak my vir hulle iets afskuweliks; ek sit vasgevang en kan nie uitkom nie.” Ps. 88:6-8.     

*Sela word dikwels gevind in die Psalms om die leser te vra om te oorweeg en na te dink oor wat nounet gelees is. Gehoorsaam dit deur te oordink wat geskryf is deur die Psalm digter. Herlees as jy moet. Wat is jou haas?

Hulle sal God sien. Hoe kan ek God sien? Eerstens, moet jy ‘n wedergebore ondervinding hĂȘ; dan sal Hy inwendige suiwering aanbring. As ons nie God se weĂ« verstaan nie, sal ons mismoedig word en baie twyfeling sal in ons gedagtes in sluip. “GeseĂ«nd is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien.” Matt. 5:8. God wil eerste in ons lewens wees. (Sien die volgende les, “Jou Eerste Liefde,” want “My volk gaan onder omdat hulle nie aan my toegewy is nie. Omdat jy jou taak om hulle aan my toe te wy verwerp het
." Hosea 4:6) Hy wil hĂȘ ons lewens moet Jesus Christus weerspieĂ«l.   

Straal van blydskap. Wil jy die liefde en glans van die Here weerspieĂ«l? Nou dadelik, my suster in Christus, is jou kans; moet dit nie mis nie. Moenie omdraai nie; doen dit nou. Keer na Hom en Hom alleen. Doen dit nou dadelik! “Die wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie.” Ps. 34:5. Het jy jou onlangs jou gelaats uitdrukking gesien? Het dit geval? “Toe sĂȘ die Here vir Kain: Waarom is jy kwaad? Waarom is jy bedruk? Wag daar nie vir jou blydskap as jy goed doen nie? As jy nie goed doen nie - die sonde wag jou in daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers.” Gen. 4:6. Hoe gaan dit met jou? As dit nie goed gaan met jou nie dan sĂȘ God, “die sonde wag jou in daarbuite.” Dalk, het jy alreeds die sonde binne gelaat.

Bid nou. “Watookal dit neem om my hart sag te maak vir hierdie lesse, Here doen dit
”

Praktiese Aanwending

Die Woord aanhoor en nie doen wat dit sĂȘ nie. “Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sĂȘ nie, is soos een wat na sy gesig in ‘n spieĂ«l kyk; Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat ‘n mens vry maak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen.” Jakobus 1:23-24. 

Teen U alleen het ek gesondig. In orde om te herbou op die Rots, moet ons ons sondigheid voor God erken. Tensy ons verstaan dat ons sondaars is kan ons nie nog ‘n tree neem nie. Soos jy hierdie les lees, word ons bewus gemaak van ons sonde of het jy verskonings gemaak of ander blameer? My geliefde as jy die wĂȘreld navolg deur jou sonde te rasionaliseer en verskonings te maak en ter selfde tyd gou aan ander hul (vernaamlik jou man) sondes en tekortkominge uit te wys, is jy sekerlik oppad na ‘n geestelike dood. In plaas daarvan om na ander te kyk wat in sekere areas gefaal het, kyk hard na jouself.

As jy onder sterk oortuiging is, hou nou op, gaan op jou knieë, en vra die Heilige Gees om jou te wys en jou te oortuig van jou sondigheid voor God. Vra Hom om jou oortredinge te openbaar en wie jy te na gekom het. Begin deur hierdie gebed te bid:

“Wees my genadig, o God, in u troue liefde, wys my oortredings uit in u groot barmhartigheid! Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde! ja, my oortredings ken ek en van my sonde bly ek altyd bewus. Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oĂ«, U uitspraak is dus reg en u oordeel regverdig. Ek was al skuldig toe ek gebore is, met sonde belaai toe my moeder swanger geword het. Maar U verwag opregtheid diep in ‘n mens se hart: laat ek dan diep in my binneste weet hoe U wil dat ek moet lewe. Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees, was my dat ek witter as sneeu kan wees. Laat my weer vreugde en blydskap belewe. U het my verbrysel; laat my weer jubel. Moet tog nie ag slaan op my sondes nie, wis al my skuld uit. Skep vir my ‘n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. Moet my tog nie van U af wegdryf en u Heilige Gees van my af wegneem nie!

Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien. Dan sal ek oortreders leer wat U van ‘n mens verwag; dat die sondaars hulle tot U sal bekeer. Red my van ondergang, o God, my Redder, dat ek kan jubel oor u verlossingsdaad. Here gee my die woorde om u lof te verkondig. ‘n Offer wat U wil hĂȘ, o God, is verootmoediging: U sal ‘n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God." Ps 51:3-19. 

Bely julle sondes. Sodra ons ons sondes bely, dan moet ons erken dat ons te kort skiet en ons sondes aan mekaar bely. Weer, as jou gewete verhard is, sal jy jou sonde minimaliseer, en jy sal nooit oorwinning oor dit in jou lewe hĂȘ nie! “Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.” Jakobus 5:16

Met ‘n woord gesond gemaak. Dit is God se Woord wat ons sal verander en genees. “Hy het hulle met ‘n enkele woord gesond gemaak, hulle aan die dood laat ontkom.” Ps.107:20. Ons moet begin om ons gedagtes te hernu. Gebruik 3x5 kaarte, skryf die verse van hierdie les neer wat vir jou die grootste oortuiging in jou hart gebring het. Doen dan dieselfde met elkeen van die daaropvolgende lesse. Hou hierdie kaarte in jou handsak en haal hulle uit so gereeld as wat die Heilige Gees jou aanspoor. As jy nie aangespoor word nie, bid dat jy sal wees.

Met God. Ons moet nie in die vlees optree nie. Ons moet “saam met God werk,” in Sy rigting beweeg, en Sy Gees gebruik om te doen wat ons moet. “Jesus het reguit na hulle gekyk en gesĂȘ: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.” Matt.19:26. “Jesus het reguit na hulle gekyk en gesĂȘ: “Vir mense is dit onmoontlik maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik.” Markus 10:27. “Daarop antwoord Hy: “Wat vir die mense onmoontlik is, is vir God moontlik.” Lukas 18:27. Enige ander plan sal ons uiteindelik uitmergel en veroorsaak dat ons opgee. “Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes.” Gal. 6:8. Deur in die vlees op te tree sal net tydelike opervlakkige verandering bring teenoor ‘n permanente innerlike verandering. “...want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.” 2 Kor 4:18   

Al val die regverdige hoeveel keer. Wees bewus dat struikeling en mislukking sal kom, maar jy moet weer opstaan. “Al val die regverdige hoeveel keer, hy staan weer op
.” Spr. 24:16. Almal sal val, maar wat jy doen wanneer jy val skei die regverdige van die onregverdige! Die hele tiende les in hierdie boek is gewy om ons intens bewus te maak van die beproewings van ‘n Christelike lewe. Maar vir nou, laat ons bewus wees dat ons onsself vasdraai in ons sonde, totdat ons dit so haat dat ons aanhoudend na God uitroep om ons vir ewig uit hierdie versoekings te bevry. “Die oortreding van die goddelose agterhaal hom, hy draai hom vas in sy sonde.” Spr. 5:22. Ek sĂȘ weer, ons moet “saam met God werk” wetende dat Hy die beste weet. “Ellende wag vir hom wat die Een verwyt wat hom gevorm het, ’n potskerf tussen potskerwe van klei. Durf die klei vir die een wat dit vorm sĂȘ: ‘Wat maak jy?’” Jes. 45:9.

Roem oor my swakhede. Uiteindelik, wanneer ons, “deur Christus” die soete oorwinning behaal het, moet ons ons getuienis deel met almal wie Hy in ons lewens bring. Sommige vind dit maklik om Jesus Christus as hulle Redder te deel met almal wat hulle ontmoet. As jy so vuur en vlam is vir die Here, prys God! Ander misluk om hulle redding met enige iemand te deel; dit is hulle en die Here se geheim. Sonder twyfel, sal God vrouens in jou lewe bring wat ‘n deur sal oopmaak om te deel wat Christus vir jou gedoen het. “...In julle harte moet daar net heilige eerbied wees vir Christus die Here. Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle is. Maar doen dit met beskeidenheid en met eerbied
” 1 Pet. 3:15. Sal jy jou mond oopmaak? “Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die oortreding nie toereken nie! Toe ek oor my sonde geswyg het, het my liggaam uitgeteer.” Ps.32:1,3. Laat ons, ons lippe herskool om God se krag oor die sonde te deel deur onsself nederig te maak en te roem oor ons swakhede. “Sy antwoord was: “‘My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.’ Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.” 2 Kor. 12:9. 

Laat die Krag van Christus in My Woon...Amen en Amen!  

Persoonlike verbintenis: om te begin om my huis te bou of te herbou op die Rots. “Gebaseer op wat ek uit God se Woord geleer het, verbind ek my daartoe om my louwarmheid teen Christus te bieg en om die behoorlike stappe te neem om my gedagtes te hernu. Ek verbind my ook daartoe om die Here toe te laat om deur my te werk sodat ek die soete oorwinning oor my sondige lewe kan smaak. Ek verbind my daartoe om God die lof en die eer te gee wat Hy verdien deur my getuienis met ander te deel.”


Waarskuwing:
Die materiaal wat jy nounet gelees het en nog gaan lees is nie om met jou man te bespreek nie. Dit is nie net ‘n voorstel nie, maar eerder ‘n vereiste. Baie skadelike resultate het plaasgevind in huwelike en/of aan die vrouens wie onwetend of opsetlik die informasie wat geleer is gedeel het.

Sommige vrouens het die paragrawe teen hulle eie mans gebruik om hulle oor die kop te slaan met “ jy moet
!” Ander wie ‘n rein hart het, het gedeel wat hulle geleer het in nederigheid en hulle mans het dit per ongeluk teen hulle gebruik om hulle af te kraak. 

Daarom, is dit noodsaaklik dat ek jou vra  , as ‘n suster in Christus, om hierdie verbintenis te teken voordat jy met die materiaal voortgaan aangesien ons mans “en die mans sien hoe godvresend julle is en hoe voorbeeldig julle, julle gedra, sal hulle vir Christus gewen kan word deur die gedrag van hulle vrouens. Dit sal nie eens vir julle nodig wees om ‘n woord te sĂȘ nie.” 1Pet. 3:2.

As jy wonder hoe jy moontlik die versoeking kan weerstaan om jou man te vertel, laat my jou die uitkoms gee. “Geen versoeking wat meer is as wat’n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan.” 1Kor: 10:13 

Deel hierdie materiaal, elke konsep en elke les, met soveel vrouens, jonger of ouer, as wat jy kan vind totdat  alles uit jou sisteem is. Soos wat jy begin om hierdie lesse uit te leef in jou huis “sonder ‘n woord" sal jou man heel moontlik vra wat het veroorsaak dat jy verander het. Op daardie punt, kan jy hom kortliks vertel, “Ek is besig om ‘n werksboek vir vrouens te lees; daar is ook ‘n handleiding vir mans. As jy belangstel, kan ek vir jou een kry” einde van die gesprek.

Persoonlike verbintenis: Om hierdie materiaal net met ander vrouens te deel. “Gebaseer op wat ek nounet gelees het, verbind ek myself daartoe om hierdie materiaal net met ander vrouens te deel. Ek verbind myself ook daartoe om stil te wees en nie hierdie materiaal te laat rond lĂȘ vir my man om per ongeluk of met opset te lees nie. As my man wel vra oor die positiewe veranderinge in my, verbind ek myself daartoe om gereed te wees met net die bogenoemde verklaring.”

As jy gereed is om 'n verbintenis met GOD te maak dat jy die kursus gaan voltooi, KLIK HIER dat jy saamstem en gereed is om elke stap van jou Reis na Herstel te dokumenteer in jou "My Daaglikse Joernaal" vorm. Vat jou tyd, sit, kry vir jou koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal.

As "ouer vroue...sodat julle die jonger vrouens kan leer..." (Titus 2:3) jy sal die geleentheid hĂȘ om met jonger vrouens te praat wat nog alleenlopend is as deel van jou bediening.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui