Genesende Liefde

Kosbare liefste bruid, onthou die enigste Een wat werklik vir ons genesing en ewige liefde kan gee, is ons kosbare Here, nie berading nie, nie die wêreld nie, niemand BEHALWE DIE HERE nie!

Luister asseblief na die 11:08 minute gesprek wat ek saam met my tweelingsuster Esther gehad het, oor hoe sy genesing ontvang het nadat sy as kind gemolesteer is.

https://youtu.be/fOGlJha8fsg

So kosbare bruid as jy met enige seer binne jou loop, gee dit asseblief vir ons groot Geneesheer, wat jou wil genees.

Hy genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde. P147:3

Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring. J43:18-19

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Genesende Liefde”

  1. ‭Ek is so dankbaar dat ek genesing by die Here kan vind. Hierdie week wat verby is was vir my ‘n baie moeilike week, een ding het ek besef dat NET die Here vir my kan gee wat ek regtig nodig het (ek het dit altyd geweet, maar die week het ek dit beleef). Daar was baie seer die laaste ruk, maar die Here het dit toegelaat sodat Hy my iets kan leer.

    Ek het gebid: “Here, U is die enigste een wat my gesond kan maak. U alleen kan my red sodat ek veilig kan wees. Ek wil net vir U alleen die eer gee deur mooi dinge van U te sê. Jeremia 17:14

    https://bible.com/bible/50/jer.17.14.DB


    Die Here sê: “Ek sal sorg dat dit weer met julle goed sal gaan. Ek sal julle wonde gesond maak. Op die oomblik praat hulle van julle as ‘mense wat verstoot is; Jerusalem vir wie niemand meer omgee nie’. Jeremia 30:17

    https://bible.com/bible/50/jer.30.17.DB

  2. Ek is so jammer dat dit vir jou ‘n moeilike week was kosbare Mila, maar ja net die Here kan werklik vir ons gee wat ons nodig het en ons werklik vervul en ek weet Hy is die Een wat jou sal vertroos en wat klaar besig is met jou situasie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui