🙌Belofte Woensdag🙌

Kosbare bruide ek wil julle aanmoedig om elke Woensdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "Belofte Woensdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “🙌Belofte Woensdag🙌”

  1. ‭Jy is baie gelukkig as jy iemand help wat swak is. As jy die dag self in die nood is, sal die Here jou ook help. Die Here sal jou beskerm en keer dat die dood jou oorval. Hy sal jou gelukkig maak, waar jy ook al is. Almal sal vertel hoe goed dit met jou gaan. Die Here sal nie toelaat dat mense wat niks vir jou omgee, jou onder hulle voete vertrap nie. Ps.41:2-3

    https://bible.com/bible/50/psa.41.2.DB

  2. Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek. D24:29 https://www.bible.com/af/bible/5/deu.4.29

    Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. J4:8 https://www.bible.com/af/bible/5/jas.4.8

    Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word. H4:16 https://www.bible.com/af/bible/5/heb.4.16

  3. ‘Hy wat in die beskutting van die Allerhoogste woon, sal oornag in die skaduwee van die Almagtige. Ek sê vir die Here: “My skuilplek, my bergskuiling, my God op wie ek vertrou!” Ja, Hy is die Een wat jou red uit die net van die voëlvanger, van die dodelike pessiekte. Met sy vlerke sal Hy jou bedek, onder sy vleuels sal jy skuiling vind. ‘n Skild en ‘n skans is sy trou. Jy sal nie bang wees vir die verskrikking van die nag, vir ‘n pyl wat oordag vlieg nie, vir ‘n pessiekte wat in die donker rondloop, vir die epidemie wat helder oordag verwoes nie. Daar kan duisend langs jou val, en tienduisend aan jou regterkant, naby jou sal dit nie kom nie. Jy sal maar net toekyk – die vergelding van goddeloses sal jy sien. Ja, U, Here, is my skuilplek. Die Allerhoogste het jy jou woning gemaak: Onheil sal jou nie oorval nie en ‘n plaag sal nie naby jou tent kom nie, want Hy sal sy engele oor jou opdrag gee om jou te beskerm op al jou paaie. Op die hande sal hulle jou dra, sodat jou voet nie teen ‘n klip stamp nie. Op leeus en horingslange sal jy trap, jong leeus en slange sal jy vertrap. “Omdat hy My liefhet, sal Ek hom bevry; Ek sal hom beskerm omdat hy my Naam ken. Hy sal My aanroep, en Ek sal hom antwoord. Ek sal by hom wees in nood; Ek sal hom red en aan hom eer gee. Met ‘n lang lewe sal Ek hom versadig; Ek sal hom my verlossing laat ervaar.”’

    Psalms 91:1-16
    https://my.bible.com/bible/3499/PSA.91.1-16

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui