Gee wanneer ons kort kom

Uittreksel uit Vind die Oorvloedige Lewe Hoofstuk 4 “Gee dit Weg”

Die goeie nuus is, as ons eenvoudig die beginsel van gee te midde van ons gebrek, verstaan en aangryp, sal jy vind, soos ek, dat God eintlik beproewinge ontwerp het om dit wat jy het te vermeerder, nie om eenvoudig jou geloof te toets nie. Laat ek dit so stel: wanneer daar ‘n “gebrek” is in jou finansies (of enige ander area van jou lewe), wil God hê jy moet gee (soos Hy jou lei), sodat Hy dit wat jy het kan vermeerder.

Toe ek geleer het om juis te gee wanneer ek kortkom, het ek regtig gesien dat God dit vermeerder. Selfs waar dit voel of ek in die rooi see gegooi is, gee ek wat ek kan gee soos die Here my lei en ek glo dat die Here nog steeds gaan voorsien in areas waar 'n tekort is en waar ek nog nie het om te kan gee nie, maar dan gee dinge soos bemoediging en liefde.

Gee, en aan julle sal gegee word.'n Goeie maat wat ingedruk en geskuden oorlopend is,sal hulle in jul skoot gee,want met dieselfde maat waarmee julle meet,sal weer vir julle gemeet word.—L6:38

“Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: ‘Vir mense is dit onmoontlik maar nie vir God nie, want vir God is alles moontlik.’” M10:27

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Gee wanneer ons kort kom”

  1. Kosbare Kirsty,
    Baie dankie vir die herinnering en belofte vanoggend. Ek is sò maklik om paniekerig te raak en nie te vertrou nie, wanneer dit moeilik gaan. Vanoggend het jy my laat onthou om te gee waarvan ons min het en dit hoef nie net geld te wees nie. As jy ongeliefd voel, gee liefde. As jy nie tyd het nie, gee tyd. As jy alleen voel, gee aandag aan ander wat alleen voel, as jy nie meer hoop het nie, gee hoop!
    Want God sal dit wat jy met liefde en ‘n opregte hart gee, raaksien!

  2. Dankie liefste Kristy, dit is juis wanneer dit so moeilik is om te gee, omdat ons net tekort sien, dat die seeninge soveel groter is. Dit is maklik om uit oorvloed te gee.

    ‘Jesus het oorkant die offergawekis gesit en kyk hoe die skare kopermunte in die offergawekis gooi. Baie rykes het baie ingegooi. ‘n Arm weduwee het gekom en twee lepton, wat saam ‘n kwadrant werd is, ingegooi. Hy het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “•Amen, Ek sê vir julle dat hierdie weduwee, wat brandarm is, meer ingegooi het as almal wat geld in die offergawekis gegooi het. Want almal het uit hulle oorvloed ingegooi, maar sy het ten spyte van haar behoeftigheid alles ingegooi wat sy gehad het, haar hele lewensonderhoud. ”’

    Markus 12:41-44
    https://my.bible.com/bible/3499/MRK.12.41-44

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui