GAAN MET ALLES NA HOM TOE

Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. M10:30

Toe my hare ongelooflik baie begin uitval het nadat ek covid gehad het en ek op die internet vir antwoorde gesoek het en op ‘n groep afgekom het waar die vrouens kla dat van hulle hare tot 70 % uitval en baie min ‘n positiewe verslag kon gee, het ek geweet dat ek op die verkeerde plek vir hulp gesoek het. Ek moes net dadelik na my Hemelse Man toe gegaan het. Ek het berou gehad en my Hemelse Man gevra vir hulp, want elke haar op ons kop is dan getel.

Ek het my hare gaan sny oor dit so dun geword het en die haarkapster het vir my gesê dat daar ongelooflik baie nuwe babahare op my kop is en my hare val nie meer so uit nie. Dit is so wonderlik dat tot my hare vir my Hemelse Man saak maak, ek loof en prys Hom.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui