‘N WYSE VROU – HOOFSTUK 2

Jou Eerste Liefde
“Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.”
Het jy jou eerste liefde verlaat? Wie is jou eerste liefde? Is dit jou baba, jou kind, of is jou man jou eerste liefde? Wie is regtig eerste in jou lewe? “Hy wat sy vader of moeder liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie; hy wat sy seun of dogter liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie.” Matt. 10:37. Die Skrif in Openbaring sê: “Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.” Open. 2:4.

Beywer allereers. Hy moet ons eerste prioriteit wees; eerste in ons dag en eerste in ons harte. “Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.” Mat. 6:33.

So baie van ons dink ons man of ons kinders is ons eerste liefde, maar die Here is veronderstel om ons eerste liefde te wees. Ek moet erken toe ek trou, het ek my eerste liefde, die Here verlaat vir my man en dit het slegte gevolge opgelewer, maar dankie vir die Here se genade, want Hy het my weer met oop arms ingewag.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui