Die Jaar Wat Hy Ons Seën

♕Belofte van vandag: "My hart jubel in die Here, my horing is hoog in die Here; my mond is wyd oop oor my vyande, want ek verheug my in u verlossing. Niemand is heilig soos die Here nie; ja, daar is niemand buiten U, en daar is geen rots soos onse God nie." 1S212

~Yvonne in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Yvonne

Gelukkig, is die Here lief om te luister na enige iets en alles wat ons sê vir so lank as ons met Hom wil praat. :)*

Wow, ons gaan met vakansie see toe! Die Here is so goed vir ons. En dit is presies net soos Hy werk!

Die jaar wat Hy vir ons sê, dat Sy genade vir ons genoeg is en ons een krisis na die ander deurmaak is ook die jaar wat Hy ons seën met so baie gawes en deurbrake.

En terwyl ons in die Kaap op vakansie is, gaan ons ook na die drukkers toe wat die boeke hier is Suid-Afrika druk wat net so wonderlike deurbraak was vir die ministerie ook.

Ek gaan ook vir een van pragtige bruide, Keziah, kuier en kan nie wag om haar vir die eerste keer van aangesig to aangesig te ontmoet.

Wat meer is, is dat ek vandag begin het met ons Dankbaarheidsterapie en as mens eers begin lys wat Hy elke dag vir ons doen, WOW!! Hy is net fantasties in alles wat Hy doen.

Ek is baie opgewonde om terug te kom en vir julle alles te vertel wat Hy gedoen het terwyl ons op vakansie was.

Ek was gister herriner aan Hanna se pragtige lied wat sy gesing het vir die Here:

TOE het Hanna gebid en gesê: My hart jubel in die Here, my horing is hoog in die Here; my mond is wyd oop oor my vyande, want ek verheug my in u verlossing. Niemand is heilig soos die Here nie; ja, daar is niemand buiten U, en daar is geen rots soos onse God nie. 1S212

Gaan lees gerus die res, dit is pragtig!

Ons Afrikaanse Bediening Pastoor en RMI se Bedienings Direkteur
Follow #Yvonne‘, Volg #Yvonne
En Yvonne is 'n tiende vennoot. Leer meer.

 

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!