Moenie Deur Wêreldse Oë Kyk Nie

♕Belofte van vandag: “Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele." Matteus 5:3

~Adina in Suid Afrika

☊ Lofverslag van Adina

Liewe bruide,

So dikwels lyk dit asof mense wat die pad van sonde kies floreer en vooruitgaan, terwyl ons of iemand wat die pad van geregtigheid kies en Hom wil volg, agteruitgaan en gebrek het aan alles.

Jesus het gesê dat die wat arm van gees is en besef hoe afhanklik hul van God is, salig is. Maar ons omhels nie hierdie beginsel nie. Ons wil armoede en gebrek weerstaan en kyk vas in die voorspoed van die wat sonde kies.

As ons die pad van geregrigheid kies en kies om waarlik as Sy bruid te leef moet ons dit doen omdat dit die pad is wat ons WIL stap en nie omdat ons iets daaruit wil verkry nie.

Dit voel ook baie keer asof ons gestraf word om geregtigheid te kies en dan begin ons wonder wat het ons gedoen wat verkeerd was, veral as alles verder en verder versleg. Ander mense wat ons lewens sien mag dalk ook wonder en dikwels spot met die keuses wat ons maak.

Maar as ons die armoede omhels en geregtigheid kies, maak nie saak wat nie, wag daar ook vir ons dubbele seëninge. En hoe slegter dinge lyk, hoe nader kom ons aan ons beloftes en wonderwerke. Dan sal almal wat met ons en ons keuses gespot het Sy glorie sien.

Op hierdie stadium is ek presies waar die skrywer was, waar alles rondom my lyk asof dit totaal uitmekaar val en asof daar finansieel al hoe minder en minder is. Volgens wêreldse standaarde is ek nou in 'n baie kwesbare finansiële posisie.

Maar nou moet ek kies om dit te omhels en die pad van gehoorsaamheid en geregtigheid te stap, maak nie saak wat nie. Kies ek om terug te keer na die wêreldse weë, kan dinge dalk vir n rukkie beter gaan, maar op die ou einde van die dag, gaan die pad van geregtigheid, groter seëninge inhou, en seëninge met ewigheidswaarde.

Ek gaan hierdie beginsel toepas deur nie na my situasie te kyk deur wêreldse oë nie, om nie myself blind te staar teen die voorspoed van mense in sonde nie, maar om die armoede te omhels en die pad van geregtigheid te kies. Nie oor wat ek daaruit kan kry nie, maat omdat ek WIL.

Liewe Bruide,

Die pad van geregtigheid lyk dikwels nie baie rooskleurig nie, dit lyk dikwels asof ons verder agteruitgaan en ons gebrek al hoe groter word terwyl die wat sonde kies vooruitgaan en floreer.

As ons hierdie pad kies, as ons geregtigheid kies, sal dit ons wees wat op die ou einde geseënd sal wees en ons lewens en die wonderwerke sal n getuienis wees van Sy krag en glorie.

Volg #Adina Follow #Adina
En Adina is 'n tiende vennoot. Leer meer.

Volg #AmM om die Lofpryse uit hierdie lewensveranderende boek te lees

Armoede Mentaliteit is as e-boek en sagteband in ons boekwinkel beskikbaar!

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!