Die Here is in werking

Vanaand 'n maand terug het die Here hom terug huis toe gelei vroeg in die oggendure terwyl dit nog donker was. Hy het heel eerste by die huis gestop en ja dit is nie soos in die stories nie want die Here is nog steeds in werking en die vyand gebruik als wat ons so graag ook anders wil hê en reg wil hê, om dit in ons gesig te gooi om ons te probeer laat twyfel.

En hoe meer ek nie in my Here my HM twyfel nie, hoe meer gooi die vyand dit in my gesig. Toe het ek besef dat ek nie in n hoek gedruk moet word nie, maar dat die vyand se tyd min raak en my geloof probeer breek om te wys en sê hoe kan ek nog dink dat dit reg gaan kom en verander maar ek het net aanhou glo en met my Here my HM gepraat en ja die vyand het my regtig probeer teen die hoek druk. 27 Ure aaneen is regtig nie maklik nie en ek kan net vir my HM dankie se dat Hy my omvou die heeltyd en ek het geleer wat dit regtig is om lief te hê soos wat die Here ons lief het, die waarlike liefde, liefde wat alles bedek, alles glo en alles verdra en 'n stille gees en sagmoedige gees en wen sonder n woord. Ja dit alles terwyl jy dit sien en hoor en om niks te sê of te doen nie, net liefde te voel en bly te kan wees.

Ek sê weer dankie Here my HM, dat Hy my vervul met alles en dat Hy my gedra het toe ek gevoel het dit raak te swaar en ek Hom gevra het, Here vat oor en laat my doen en sê wat U wil hê ek moet doen en sê, want ek kannie meer nie en ek wil nie terug val in die ou ek nie. Dankie Here my HM vir die stil dae wat U vir ons gee en ek weet U werk nog steeds in die stil dae.

Liewe bruide ek weet dit is nie maklik nie en net soos jy het ek self gedink, maar dit was vir die ander vrouens ook so moeilik en my antwoord wat ek gekry is dat hoe moeiliker dit vir ons voel en onmoontliker dit vir ons raak, hoe meer het die Here die onmoontlike moontlik gemaak en hoe erger dit is, hoe meer is dit vir Sy glorie is hoe groter is ons  getuienis wat ons gaan gee.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Die Here is in werking”

  1. Dankie vir die pragtige getuienis kosbare Kristy.
    Ag, Here my God, U het die hemel en die aarde gemaak deur u groot mag. Niks is vir U onmoontlik nie. J32:17
    Niks is vir God onmoontlik nie. L1:37

  2. Dankie liefste Kristy dat jy gedeel het. Ons sal teenstand kry, die vyand wil ons wonderwerk en ons getuienis steel of keer. Maar ons het iemand na wie ons toe kan harloop, iemand wat ons teen al hierdie aanvalle sal beskerm, ons moet net Hom (ons Hemelse Man) vasgryp en ons hoef net stil te wees, Hy sal vir ons baklei. En Hy sal die onmoontlike, moontlik maak!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui