Word 'n Evangelis ‱ Word 'n Bedienaar ‱ Word 'n Gebedskryger ‱ Word 'n Brugbouer

“Wie weet, miskien is dit juis met die oog op ‘n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!” Ester 4:14

Ons is so opgewonde om jou te verwelkom as ‘n NUWE Evangelis! Dit is een van die BELANGRIKSTE fasette om een van Sy Volgelinge te wees!!

“Toe het Hy [Jesus] hulle beveel: ‘GAAN die hele wĂȘreld in en verkondig die Goeie Nuus aan almal, oral.’” Markus 16:15-16 (NLV)

“Jesus kom toe nader en sĂȘ vir hulle: ‘Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. GAAN dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.’” Matteus 28:18-20

“Eendag het Jesus by die See van Galilea gaan stap. Hy kom toe af op twee broers, Simon en Andreas. (Simon is later Petrus genoem.) Hulle twee was vissermanne. Hulle was juis besig om hulle nette in die see te gooi toe Jesus vir hulle sĂȘ: ‘Laat staan julle nette. Kom agter My aan! Word my volgelinge. Dan sal Ek julle wys hoe om op ’n nuwe manier vis te vang. Ek sal julle leer om van nou af mense te vang wat in sonde leef sodat hulle deel kan kry aan God se nuwe wĂȘreld.’ Dadelik het Simon en Andreas hulle visnette neergesit en agter Jesus begin aanstap.” Matteus 4:18-20 (DB)

So aangesien jy die Here geantwoord het, wil ons jou help om te weet waarheen Hy jou stuur!

“Toe het ek die Here hoor vra: ‘Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?’ Ek het geantwoord: ‘Hier is ek! Stuur my!’” Jesaja 6:8

#1 Dit is tyd om te GAAN, deel die GOEIE NUUS

Evangeliseer AANLYN! Begin jou eie SMB “Sosiale Media Bediening!”

Nog nooit vantervore was dit moontlik om na AL die nasies toe te GAAN, terwyl jy bloot by jou skootrekenaar sit en soek na vroue wat om hulp roep vir hul huwelike nie. Waar jy hierdie vroue maklik sal vind is op Sosiale Media, deur jou eie Sosiale Media Bediening te bou!!

Getuienis

“Ek moes weet of God my huwelik gaan herstel of nie. Ek het getwyfel of Hy sal want ek het van almal gehoor: ‘dalk was God besig om ‘n beter man vir my voor te berei,” so my emosies en gedagtes was verdeeld. Moet ek bid vir die herstel van my huwelik of bid vir ‘n nuwe man wat beter by my pas? Te midde van my wanhoop, het ek tot God gebid en gevra, ek het Hom gesmeek om my te wys want ek wou die herstel van my huwelik hĂȘ, maar ek moes weet of God dit ook wou hĂȘ.

Teen hierdie tyd was my man alreeds vir twee maande weg en die pyn het my doodgemaak. Dit was toe, in antwoord op gebed, wat ek RMI gevind het. ‘n Vriendelike vrou van ‘n ander staat, wie ek nie eers geken het nie, het my gebedsversoek gesien en het vir my ‘n boodskap gestuur met die Uiteindelikhoop.com skakel en hoofstuk 1 van die boek: “Hoe God Jou Huwelik Kan En Sal Herstel”! Ek kon dit nie glo toe ek die boodskap lees nie, God het my geantwoord, Halleluja! Hy het my gehoor toe ek gebid het en Hy het bevestig wat Hy vir my wou hĂȘ. Hy wou my huwelik herstel: Hy was baie duidelik!

Op ‘n Woensdagaand...het my aardse man (AM) vir my 'n boodskap gestuur om te vra of hy kan huistoe kom. Ek het dadelik ‘n boodskap terug gestuur: “Ja, natuurlik.” Dit was God wat my aardse man (AM) huistoe gebring het, nie ek nie!

Wat presies is ‘n envangelis?

Meeste van ons is bekend met ‘n pastoor of ‘n prediker, maar ‘n evangelis is eenvoudig enige persoon wie GOD deur iets moeiliks gevat het om te help om hul reis te deel om sodoende ander aan te moedig (moed gee) wie deur iets soortgelyks gaan. ‘n Evangelis wie in staat is om die vuur van hoop aan te steek―om ander te help wat in ‘n soortgelyke vallei is, ‘n soortgelyke krisis, wie soortgelyke gevoellens van wanhoop en hopeloosheid het―om vir hulle te wys dat deur Sy hand vas te hou, die manier is om te ontsnap of om ten minste deur te kom aan die ander kant.

“No temptation has overtaken you but such as is common to man; and God is faithful, who will not allow you to be tempted beyond what you are able, but with the temptation will provide the way of escape also, so that you will be able to endure it.” 1 Corinthians 10:13.

“Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook. God is getrou. Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word. Midde-in die versoeking sal Hy vir ’n uitweg sorg sodat julle dit kan verduur” 1 KorintiĂ«rs 10:13.

Dit beteken NIE slegs nadat jy ‘n HERSTELDE Huweliksgetuienis het nie, maar NOU as gevolg van hoe jy hoop gevind het, vrede gevind het wat alle verstand te bowe gaan en al die baie, baie maniere waarop jy verander is deur Sy liefde en Sy waarheid!!

Hoe kan jy my help om ‘n Evangelis te word―om vroue te help wie uitroep om hoop in dieselfde of soortgelyke situasie waardeur Hy my help?

Raak Gemotiveerd, Bly GeĂŻnspireer

Vroue net soos jy, reik uit en reageer op die uitroepe wat Hy hoor. Hulle het eenvoudig hulle eie Sosiale Media Bediening begin deur lofverslae te deel van hoe die Here hulle gebruik, hulle lei, om uit te reik na die vroue wat deperaat is vir hoop.

Sluit aan by een van ons baie Bemoedigende Vroue Genootskappe!

Binnekort sal jy gereed wees om jou eie tak te begin!!

Sodra jy dit doen, maak seker om jou eie storie te deel―inspireer ander vroue wie kan: “Gaan die hele wĂȘreld in en verkondig die Goeie Nuus aan almal, oral.” (Markus 16:15NLV), aangesien dit die laaste ding is wat Hy ons beveel het om te doen, om namens Hom aan te gaan.

Neem die EERSTE stap na jou eie Bediening deur 'n Brug Bouer Te Word.

Klik hier om meer te leer oor Jou Splinternuwe Naam en Bediening Naam

Wat is jou passie? Laat ons jou help om―jou “Splinternuwe Naam” EN “Eie Bediening” te ontdek.

Maak seker jy het eers in jou bediening belĂȘ deur die kursusse te voltooi en die joernale in te vul―dit is hoe jy sal weet of Hy jou geroep het en in watter rigting Hy jou lei.

Ontdek jou “Splinternuwe Naam” EN “Eie Bediening”

Wees ASSEBLIEF Versigtig

Eerstens, daar is vroue wat baie kwaad is en nie gereed mag wees vir hulp nie. Jy wil uitkyk vir vroue wat gebroke is, desperaat en belangstel in hulp―nie ‘n twisgierige vrou wie nog steeds verbale braaksel uitlaat en hul mans slegpraat nie.

*As dit egter was waar jy was toe jy RMIEW gevind het en jy voel dit is wie Hy jou roep om aan bediening te gee, volg dan Sy leiding.

Daar sal nogtans baie vroue wees, veral twisgierige vroue, wie mag terugskryf om meer uit te vind, as dit gebeur, stuur hul eenvoudig na Uiteindelikhoop.com en laat hulle weet hulle kan ‘n Huweliks Evaluasie Vraelys invul en al die nodige hulpbronne is GRATIS.

Nogtans wil ons hĂȘ jy moet versigtig wees en oppas―as jy in ‘n gesprek ingetrek word, mag jy dalk nie vir hulle gee wat hulle “wil” hoor nie en dikwels kan dit in ‘n vorm van berading verander waar hulle dus nooit die Magtige Berader sal ontmoet nie.

Daarbenewens wil ons hĂȘ jy moet versigtig wees en oppas―moenie in ‘n gesprek ingetrek word nie, jy mag dalk nie vir hulle gee wat hulle “wil” hoor nie en dikwels kan dit in ‘n vorm van berading verander waar hulle dus nooit die Magtige Berader sal ontmoet nie.

‘n Wyse Vrou met “blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit het by God groot waarde.”1 Petrus 3:4

“As ‘n dwaas nie praat nie, kan selfs hy aangesien word vir ‘n wyse . . .” Spreuke 17:28

Wees Gereed om ‘n Antwoord te Gee

“Inteendeel, erken in julle harte Christus as die een wat seggenskap het. As julle dit doen, en iemand vra julle uit oor die hoop wat in julle leef, wees altyd reg om te reageer. Doen dit egter taktvol en eerbiedig. Sorg dat julle gewete skoon bly. Wanneer mense dan sleg van julle praat, sal hulle skaam kry wanneer hulle agterkom hoe voorbeeldig julle leefstyl is omdat julle aan Christus behoort.” 1 Petrus 3:15-16 NLV

Deur eenvoudig vroue voor te stel aan Sy waarheid, Sy liefde en Sy antwoorde, sal hulle Hom ontmoet en Sy liefde ervaar—so sĂȘ asseblief baie min, iets wat jy voor die tyd voorberei het, iets soos:

Uiteindelikhoop.com is waar ek hoop vir my huwelik gevind het....Ek het hoop en vrede gevind en het so baie bemoedigende getuienisse gelees van hopelose huwelike wat herstel is na owerspel en verraad. Moenie opgee en toelaat dat dit jou verteer nie! ~ Jou SN “Splinternuwe Naam”

  • As jy nie jou SN “Splinternuwe Naam” het nie, KLIK ASB hier om jou SN “Splinternuwe Naam” te ontdek wat Hy vir jou het, dit is wat jy sal wil gebruik wanneer jy 'n Lofverslag indien en Hoop Aanlyn saai.

Dan, as iemand vra vir meer, kopieër en plak eenvoudig iets soos:

Ek is so bly jy vra, op Uiteindelikhoop.com bied hulle ‘n GRATIS Huweliks Evaluasie aan wat sal help om jou vrae te beantwoord en gee ook vir jou gratis eBoeke en video’s om te kyk...as jy wil kan ek vir jou Hoofstuk 1 van die boek stuur wat vir jou soveel hoop sal gee! ~ Jou SN

Ongelukkig wil die meeste vroue wat die Huweliks Evaluasie invul net hul woede uitlaat of oor hul probleme praat, maar hul ontdek nooit iets wat hul regtig sal help nie. So weereens, wees seker om hul na Uiteindelikhoop.com te stuur sodat hulle ‘n Huweliks Evaluasie Vraelys kan invul om die GRATIS hulpbronne te ontvang (kopieĂ«r en plak die verklaring hierbo).

Ons wil ook hĂȘ dat jy versigtig moet wees met hoeveel jy in elke plasing LEES. Ongelukkig deel party vroue dinge wat nooit met enigiemand gedeel moet word nie, so gaan net vinnig deur die plasings en vra die Here om jou te lei na wie Hy wil hĂȘ jy moet uitreik en help. As jy net ver genoeg lees om te sien hulle het Huweliks Hulp nodig, hou dan op lees en plaas jou antwoord, jy sal jou hart en gedagtes beskerm teen besonderhede wat met jou eie herstel kan inmeng.

* En as jy 'n plasing van ‘n man lees, (MarriageHelpOnline.com en Uiteindelikhoop.com) bied ook hulp vir mans aan.

**Wanneer jy 'n plasing van 'n man sien, wees ekstra versigtig om NIE jou naam te plaas nie en dat die blad NIE jou e-pos adres insluit nie. “Wees versigtig [helder denke]! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.” 1 Petrus 5:8

Hoekom 'n SN “Splinternuwe Naam”?

Deur jou SN te gebruik, kan jy jou fokus wegdraai van jouself en na ander toe draai. So, as ‘n Evangelis het jy ver genoeg op jou Herstel Reis gereis en het die punt bereik waar jy geestelik genees is, voldoende opgelei is en nou is jou doel en roeping op jou lewe om ander vroue te help, eerder as jouself.

Verby is die dae wat jy gespog het of afgunstig was of oor onsin gepraat het, in plaas daarvan, sal jou SN jou help om Gebed te plaas en sal jou help om aan ander vroue bediening te gee. Dit moet egter diskreet gedoen word, deur jou SN te gebruik, as ‘n nuwe, wyser vrou.

Net soos God Sarai na Sara verander het, Abram na Abraham, Simon na Petrus, sal jy ook ‘n nuwe naam gegee word wat jou sal toelaat om deursigtig en eg te wees, sonder om skande oor jou familie te bring of aandag na jouself toe te trek.

Jou EIE Bediening

As jy ‘n naam vind, sal dit jou help om jou bediening te begin? Erin sĂȘ dikwels dat Hy haar help om name vir boeke te gee, nie net vir haarslef nie, maar net soos sy gedoen het vir Michele, soos Armoede Mentaliteit of Versit Berge. Selfs Hoe God Jou Huwelik Kan en Sal Herstel, wat sy sou sĂȘ as sy vroue ontmoet het―was vir haar gegee lank voor Hy haar huwelik herstel het.

Dit kan slegs een woord wees gebaseer op ‘n spesiale Bybel vers, soos ons eerste missies, Caritas Radiantes. Die naam vertaal na “Stralende Klein Gesiggies,” gebaseer op Psalms 34:4-5: “Ek het tot die Here gebid en Hy het my geantwoord, Hy het my bevry van alles waarvoor ek bang is. Hulle wat opsien na Hom, sal straal van vreugde; op hulle gesigte is daar geen skaamte nie.”

Weereens, Lees Meer oor en ontdek jou SN en
Jou unieke bediening aan vroue

Het Jy Alreeds Vroue Begin Help?

As jy lofverslae indien, lof wanneer jy struikelblokke oorkom (selfs struikelblokke wat nog nie gelys is nie), of jou herstelde huweliksgetuienis en dit was in die Bemoedigende Blog gebruik, kan jy jou eie unieke tag deel wat vroue toelaat om jou getuienis te hoor.

“Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange.” Filippense 2:3-4

“Moenie net aan julleself dink of heeltyd aandag soek nie. Wees liewer maar die minste sodat ander die meeste kan wees. Niemand moet net aan homself dink nie. Elkeen moet ook aan die ander om hom dink.” Filippense 2:3-4 DB. “Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange.” Fillipense 2:3-4 NLV.

Vrae en Antwoorde

As jy iemand raakloop wie probeer om oor iets te stry of dit te betwis, onthou om stil te bly.

“Sonder hout bly 'n vuur nie brand nie; sonder ‘n kwaadstoker hou ‘n rusie nie aan nie.” Spreuke 26:20

“As iemand julle nie ontvang nie en nie na julle woorde luister nie, gaan uit sy huis of uit daardie dorp uit en skud die stof van julle voete af.” Matteus 10:14

SĂȘ eenvoudig niks, loop net weg soos Jesus verduidelik in Matteus 10:14

“My juk is sag en my las is lig.” Matteus 11:30

“Hou aan om die gelowiges aan hierdie dinge te herinner en vermaan hulle ernstig voor God om op te hou stry oor woorde. Dit het geen nut nie en is net skadelik vir die hoorders.” 2 Timoteus 2:14