“Deel is Omgee” Boekdag – Leef Die Oorvloedige Lewe

"Ek doen dit sodat elkeen van die ooste af tot in die weste kan weet dat daar buiten My geen God is nie; Ek is die Here, daar is geen ander nie. Ek maak die lig en skep die donker; Ek gee voorspoed en skep rampspoed. Ek is die Here, Ek doen al hierdie dinge." J45:6-7

Te danke aan ons kosbare Liefling Here wat Erin en al die Aspirant Skrywers wat agterna gekom het, gelei het om die boeke te skryf, is daar vandag lewensveranderende boeke, wat te koop is by  ons Afrikaanse Boekwinkel Kiosk asook Encouraging Boekwinkel en is daar ook gratis lewensveranderende kursusse wat deur RMIOU aangebied word.

https://encouragingbookstore.com/wp-content/uploads/2023/11/cropped-EB_ROUND_Heart_LOGO.jpeg

RMIOUFT-Logo

Elke Maandag sal ek 'n gedeelte/s uit een van ons lewensveranderende boeke deel. Ek wil jou dan aanmoedig, om asseblief in die komentaar gedeelte te deel hoe hierdie spesifieke gedeelte/s tot jou hart gepraat het of jy kan self 'n gedeelte uit die spesifieke hoofstuk deel wat tot jou hart gepraat het.

Vandag deel ek gedeelte uit Leef Die Oorvloedige Lewe - Hoofstuk 8 "Jy Word Opgestel"

Om opgestel te word, soos julle teen die tyd weet, kom eers voor as iets sleg, wanneer dit in werklikheid, tot die teenoorgestelde gevolgtrekking sal lei—ons word eintlik deur God opgestel—sodat ons geseën kan word! Nou, as ons regtig geglo het dat elke teëspoed die voorwaarde vir seëninge was, nie vir verwoesting nie, en ons glo dat dit God was wat in beheer was en nie die duiwel nie, sou ons dan nie in staat gewees het om met entoesiasme eerder as met angs of vrees daardeur te gaan nie? Dit is waarvan God ons voortdurend probeer verseker regdeur die Bybel, maar in plaas daarvan kies ons angs en vrees, dikwels as gevolg van die gebrek aan hierdie beginsel wat behoorlik en baie meer gereeld geleer moet word.

Kosbare vrou deel asseblief nou in die kommentaar gedeelte hoe hierdie gedeelte tot jou hart gepraat het. En laat ons kosbare Liefling Here jou lei, want jy weet nooit dat dit wat wat jy deel, dalk tot 'n vrou wat na jou kom, se hart praat en dit presies is wat sy nodig gehad het nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui