"Omdat julle geloof te klein is,” sê Hy vir hulle. “Dit verseker Ek julle: As julle maar geloof het so groot soos 'n mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: ‘Gaan staan daar anderkant!’ en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.” M17:20
Kosbare vrou lees asseblief hierdie pragtige gedeelte oorvertaal uit vandag se "Strome in die Dorsland"
Dit is moontlik om deur en deur sterk te word deur volkome te skuil in die krag van God en deur te besef dat ons grootste swakheid en die dinge wat ons vasbeslotenheid om geduldig, rein of nederig te wees, 'n geleentheid bied om sonde magteloos oor ons te maak. Hierdie geleentheid kom deur Hom wat ons liefhet en wat werk om ons in ooreenstemming met Sy wil te bring, en daardeur 'n geseënde gevoel van Sy teenwoordigheid en Sy krag verskaf.
Wow lees asseblief ook hierdie pragtige gedeelte: Dit is moontlik om God se wil in elke omstandighede raak te sien en dit met sang in plaas van kla te aanvaar.
So kosbare vrou kom ons aanvaar ons Geliefde Here se wil, sonder om te kla, juis omdat ons Hom vertrou.
Belofte Donderdag
Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Donderdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "Belofte Donderdag
" sodat dit ander bruide kan bemoedig.
Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:
1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.
2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.
3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.
Lees die Daaglikse Oordenkings om jou dag in Sy teenwoordigheid te begin:



JOHANNES 16:33 AFR83
Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”
https://bible.com/bible/6/jhn.16.33.AFR83
Die Boodskap-Bybel verduidelik hierdie vers op ‘n pragtige manier. Ek deel dit graag met jou:
Johannes 16:33 DB
Ek vertel hierdie dinge vir julle met ’n goeie rede. As my vriende kan julle maar rustig wees oor alles. Die ongelowiges sal alles wel vir julle probeer moeilik maak. Moenie dat hulle julle ontstel nie. Troos julle daaraan: Ek het bewys dat Ek sterker is as enigiets of enigiemand in hierdie wêreld. Ek en niemand anders nie is die regte Wenner.”
https://bible.com/bible/50/jhn.16.33.DB
“Ek is sterker as enigiets of iemand in hierdie wêreld.” 🫶🏻
‘ Ek het op die Here bly wag, Hy het na my afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my opgetrek uit die put van verderf, uit die modderige slik. Hy het my voete op ‘n rotsbank laat staan, my voetstappe vastigheid gegee. ‘
Psalms 40:2-3
https://www.bible.com/bible/3499/PSA.40.2-3
Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God. Hy sal aan ons sy ontferming en genade bewys sodat ons op die regte tyd gehelp sal word.
https://www.bible.com/bible/117/HEB.4.NLV
“U is my skuilplek en my skild; op u woord wag ek.” P119:114 https://www.bible.com/af/bible/5/psa.119.114
“He grants the desire of those who fear Him,
He hears their cry and saves them.” Psalm 145:19
https://www.bible.com/bible/328/psa.145.19
“If any of you lacks wisdom, let him ask of God, who gives to all liberally and without reproach, and it will be given him.” James 1:5
https://www.bible.com/bible/328/jas.1.5