🙌Belofte Donderdag – Jubel in Hom🙌

"Hy het die see in droë land verander; sy volk het droogvoets deur die rivier getrek. Toe het ons gejubel oor Hom." P66:6

Kosbare vrou lees asseblief hierdie pragtige gedeelte oorvertaal uit vandag se "Strome in die Dorsland"

Hoeveel reisigers wat vandag nog deur hulle Rooi See- en Jordaanriviere van aardse beproewing gaan, sal van ewigheid af kan terugkyk, gevul met herinneringe aan God se groot goedheid, en sê: “Ons het ‘te voet deur die waters gegaan.’ En tog, selfs in hierdie donker ervarings, met golwe wat oral rondswaai, het ons gestop en gesê: ‘Kom ons verheug ons in Hom’! J.R. Macduff

Kosbare vrou kom ons verheug ons in Hom, al woed daar dalk 'n storm om ons.

🙌Belofte Donderdag🙌

Kosbare bruid ek wil julle aanmoedig om elke Donderdag die belofte wat die Here vir jou gegee het, hier te kom deel, op "🙌Belofte Donderdag🙌" sodat dit ander bruide kan bemoedig.

Deel en seën ander bruide met die belofte wat ons wonderlike Here vandag vir jou gegee het:

1) Praat met jou Hemelse Man, jou Skepper en vra Hom watter belofte jy moet deel.

2) Hou dit kort, onthou dit is 'n dosis bemoediging wat dalk vinnig gelees moet word in 'n krisistyd.

3) As jy kan, plaas die skakel na die teks waar die belofte is, wat jy gedeel het.

Lees die Daaglikse Oordenkings om jou dag in Sy teenwoordigheid te begin:

My Beminde
AFR_MBC_balloon_front_cover
Streams-194x300

2 thoughts on “🙌Belofte Donderdag – Jubel in Hom🙌”

  1. ‘ Hoor my klaagroep, o God, luister aandagtig na my gebed. Van die einde van die aarde roep ek na U, wanneer my moed my begewe. Lei my na ‘n rots wat vir my te hoog is; want U is vir my ‘n skuilplek, ‘n versterkte toring teen die vyand. Ek wil vir altyd in u tent vertoef, ek wil skuil onder die beskutting van u vlerke. •Sela ‘

    Psalms 61:2-5
    https://www.bible.com/af/bible/3499/PSA.61.2-5

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui