"'n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie." P23:1
Ek haal 'n gedeelte aan uit Vind Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 3 "Die Liefde Van My Lewe":
Dit is my boodskap aan alle vrouens, jonk en oud, en die boodskap wat ek die res van my lewe sal deel met almal wat sal luister! My God sal in al julle behoeftes voorsien! En een van ons grootste behoeftes as ‘n vrou is om intimiteit te hê met iemand wie ons onselfsugtig sal liefhê en daardie persoon is Jesus, ons Hemelse Man.
Ek het altyd na my eggenoot gekyk om aan my behoeftes te voorsien, net om teleurgestel te word. Ek het al voorheen gedeel oor toe ek gevas het vir 21 dae, sodat ek ons kosbare Liefling Here se arm kan draai, sodat Hy my voormalige eggenoot op daardie stadium kan dwing om vir my onderhoud te betaal. Na 21 dae het ek nie reggekry om die Here se arm te draai nie, maar iets baie baie beters het gebeur, Hy het my Voorsiener geword en glo my niks kan daarmee vergelyk nie, want ek kom werklik niks kort nie.
So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om na ons kosbare Here te kyk vir jou voorsiening en nie na jou eggenoot nie. Ek belowe jou Hy sal jou nie teleurstel nie.
Liewe Janine, baie dankie vir die mooi getuienis. Hoe waar is nie dat nie dat nèt God aan al ons behoeftes kan voorsien en wìl voorsien. As ek terugdink van waar ek omtrent 3 jaar terug begin het, tot hier waar ek nou is, kàn ek nie anders as om my God te dank, te loof en te prys nie! Nee, my omstandighede wat my huwelik aanbetref het nie verander nie, maar dit maak nie meer vir my saak nie want èk het verander. En ek het nou my God wat na my omsien en na Wie ek opkyk en in Wie ek my vreugde vind! En dìt is iets waaraan ek vir altyd sal vasklou want ek wil nooit, ooit weer sonder Hom nie! Ek weet my reis saam met Hom sal vir altyd aanhou en ek moet nog baie verander. Ek is net so dankbaar dat dit vir Hom is en vir niemand anders nie.