"Die HERE kyk oor die hele aarde om hulle te help wat met hulle hele hart op Hom vertrou..." 2K16:9
Ons is met vakansie by my tweelingsuster wat onder by die see woon. Laas Vrydag het my seuns besluit om te gaan gholf speel en my genooi om by hulle aan te sluit. Toe my spesiale seun die bal moes slaan, het hy baie gesukkel. Dadelik het my ma-instink ingeskop en ek wou my seun met alles in my beskerm en ek het hom so jammer gekry, toe begin ek bid dat sy Hemelse Vader Hom asseblief moet help om die bal baie ver te slaan.
Maar die volgende oomblik het ek net gevoel dat ek moet ophou om "instruksies" vir die Here te gee (alhoewel ek gevra het) en dat ek moet oorgee en Hom moet vertrou. So ek het vir die Here gesê wat U ook al vir ons seun probeer leer, dit is ok met my, ek vertrou U proses.
En skielik het ek gevoel die gholfbaan en my seun wat soveel balle mis, was nie so baie vir hom nie, maar vir my - ek moes beheer oorgee aan my Liewe Heer en Hom met die proses vertrou, want Hy weet wat Hy doen. Die volgende oomblik het my seun gesê wat as hy die gholfstok net in een hand hou (as gevolg van sy linkerkant breinskade voor geboorte is sy regter spiere aangetas) en ek weet dit was 'n inisiatief van sy Hemelse Vader en speel met die een hand hy kon die bal slaan en hy het dit geniet om gholf te speel.
Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte aangehaal uit Leef Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 1 "Kan Dit Sy Plan Wees"
Dit is hoekom my gebedslewe heeltemal verander het, omdat ek uiteindelik weet dat vir my om te stipuleer wat ek wil hê (‘n gedetailleerde lys maak), my lewe net kompliseer.
Wow en glo my ek het altyd hierdie gedetailleerde lyste van wat ek van die Here af vra, maar hierdie het my nou so geraak. So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om oor te gee aan ons kosbare Liefling Here, vertrou Hom met Sy proses, Hy weet presies wat Hy doen en hoekom Hy sekere dinge toelaat.