Ek gee ons wonderlike Here al die lof en eer dat Hy met ons praat deur Sy woord en vir al Sy liefde. Ons is regtig niks sonder Hom nie!!!
Jesus antwoord: Wie egter van die water drink wat Ek hom gee, sal nimmer as te nooit weer dors word nie. Die water wat Ek vir hom sal gee, sal ’n fontein in hom word waarvan die water vir altyd sal bly opborrel. J4:14
En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. J7:37-38
Kosbare bruide ek is so opgewonde oor die boodskap wat ons wonderlike Here vir my gegee het, dat ek dit net nie vir myself kan hou nie. So asseblief luister na die 5:05 minute boodskap.
Dankie vir hierdie boodskap Janine, ons moet aanhou om Hom te soek elke dag, gedurende die dag om van Sy lewende water te drink sodat ons die oorvloedige lewe kan leef.
Ja kosbare Adina, daardie oorvloedige lewe wat Hy werklik vir almal van ons wil hê.
https://uiteindelikhoop.com/vind-die-oorvloedige-lewe/
https://uiteindelikhoop.com/lewe-die-oorvloedige-lewe/
Dankie Janine ek drink soos jy verduidelik 😊 Maar nou wil ek dieper van Sy lewende waters drink 🚰🥤💦 en Sy liefde versprei ❤️ op die maniere wat Hy vir my wys 💓
Ek ook kosbare Atarah, want dit gaan alles oor Sy liefde en ek wil hê almal rondom ons moet ook Sy liefde ervaar, daai liefde wat vrede en vreugde gee wat all verstand te bowe gaan.