Word Die Geveg Gewen Of Verloor In Jou Gedagtes

Vanoggend toe ek in my kar klim en nogal negatief voel omdat my buurman my hekkie toe stop, het ek sommer dadelik negatiewe gedagtes gekry. Terwyl ek so ry het die Here my herinner dat ek my gedagtes op Hom moet rig en dat ek die vrug van die gees moet uitbeeld en dis allesomvattend:

Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. G5:22

En ek weet nie van julle nie, maar die oomblik wat ek op iets negatiefs fokus dan sien ek nie eens die positief raak nie, so ek mag glad nie op iets negatiefs fokus nie. Vanoggend het ek net weer besef, ons kan ons gedagtes verander. Die Here is werklik so wonderlik om ons te help om ons gedagtes te verander!

Lees asseblief hierdie gedeelte, aangehaal uit Kursus 3Week 17 Hoofstuk 10 “Allerlei Versoekinge” om hierby aan te sluit:

Wees bly. “Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly! Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby. Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is - watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees - daarop moet julle julle gedagtes rig. En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees.” Fil. 4:6-9. Duidelik word meeste gevegte in die gedagtes gewen of verloor. Volg die Here se advies vir vrede in die middel van beproewings. Wees bly in wat Hy besig is om te doen. Dink oor hierdie dinge, praat van hierdie dinge, en luister net na hierdie dinge. (Baie keer sal hegte vriende jou bel om vir jou te vertel waarmee jou man besig is; dit is nie “goeie verslae” nie, en meeste van die tyd, nie mooi, rein of reg nie, so moenie luister nie!)

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

7 thoughts on “Word Die Geveg Gewen Of Verloor In Jou Gedagtes”

  1. dankie baie liefste Janine die vyand probeer om ons negative te maak en party keer kry hy dit ook reg en dan kom die Here en herinner hy ons en sy liefde is so wonderlik

    1. Die Here se liefde is baie wonderlik kosbare Kristy en Sy woord is vir ons so goeie riglyn:
      “Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie” K3:2

  2. Dankie Janine, dit is so belangrik om ons gedagtes in toom te hou. Ek moet erken, dit is nie altyd maklik nie en dit is hoekom ons, onself moet vul met Sy woord.

    “U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my lewenspad.” Psalms 119:105

    1. Ja kosbare Yvonne, ek moet erken dit is nie altyd maklik nie, maar dan herinner ons wonderlike Here ons:
      “…en jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.” J30:20

  3. Dis moeilik om nie te luister nie maar tog doen jy om nie ongeskik voor te kom nie en dan hoor jy wat jy nie regtig wil hoor nie en diep binne in jou hart weet jy alreeds wat die waarheid is en jy sien en lees ook hoe die persoon wat die “nuus” vir jou aanbring se liggaams houding/”body language” en dit was net vir my n vreemde lekker gevoel in my hart dat dit nie so seer gemaak het soos wat ek gedink/vermoed het dit sou nie maar soos ons maar mens is bly ons mos alles overthink en die Here het klaar my vrae be-antwoord.

  4. Ons wonderlike Here is werklik die heel beste Beskermer en ek onthou jare terug het ek ure en ure gesit en als geoordink en eerlik dit het my net erger laat voel en dit help baie om my gedagtes met God se woorde te vul, want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. H4:12

  5. Ja liefste Janine, ek is al ‘n rukkie op die reis en in hierdie week het ‘n BAIE goeie vriendin van my (wat eindelik net goed bedoel het) my gebel om vir my nuus gee wat nie “goeie verslag” was nie, en ja ek het geluister al het ek geweet dat dit van die Vyand af kom. Ek of eindelik my wonderlike HM het my al oor en oor bewys dat dit is moonlik om negatiewe gedagtes te vervang met positiewe gedagtes en dit is moonlik om bly te wees in die middel van beproewings, want ons hoop is in die Here – Hy gee ons die krag! 😊

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui