WEER GEE ONS HEMELSE VADER ‘N WONDERWERK

Vanoggend het ek my seun hospitaal toe gevat vir 'n klein prosedure en voor die tyd het die Spesialis my voorberei dat ek die narkotiseerder sou moet betaal. Ek het ek die dames op die bemoedigingsgroep gevra om asseblief saam my te bid en saam met my te stem dat dat ek geen mediese uitgawes sal kry nie, omdat ek alreeds hierdie jaar gekry het. Voor my seun in is, het die narkotiseerder vir my gesê dat hy my mediesefonds tariewe gaan vra en niks ekstra nie. Nog nooit ooit het dit gebeur nie en dit is absoluut 'n wonderwerk uit ons groot Vader se hand!!! Dankie my groot Hemelse Man!!!

MATTEUS 18:19-20 AFR83
Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.”

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “WEER GEE ONS HEMELSE VADER ‘N WONDERWERK”

  1. Dankie Janine vir jou bemoedigende getuienis wat net weereens wys dat Hy getrou is en ons wil ondersteun en voorsien, ons moet net vra en glo. En dat daar soveel krag is in twee of drie wat saamstem in gebed, Hy se en immers “waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle”.

    Jesaja 30:18—
    “Tog is die HERE gretig om julle genadig te wees en wil Hy Hom oor julle ontferm.”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui