Sy Beskermende Hand

Ek wil vandag my Hemelse Man prys, want Sy beskermende hand was oor my boetie en sy kleindogter (5). Toe ek die oproep van my sussie kry dat iemand in my boetie vasgery het en ek asseblief moet hospitaal toe ry om te gaan kyk of hulle okay is, het ‘n miljoen dinge deur my kop gegaan, maar ek het na my Hemelse Man gehardloop en Hy het my genoeg kalmte gegee om die pad na die hospitaal te kry.

My boetie het bietjie seergekry, maar dit kon soveel erger gewees. Sy kleindogter (5) het nie eens ‘n skrapie op haar nie. Die persoon wat in hulle vasgery het, was besig om weg te jaag vir die polisie, so hy het met ‘n spoed kop aan kop in my boetie vasgery. Die motors is beide afgeskryf. Ek wil Hom dank vandag vir Sy genade en liefde.

Die volgende oggend was my boetjie nogsteeds in ongevalle, want hy moet gaan vir ‘n operasie vir sy hand en hulle het ‘n tekort aan beddens so ons moet wag vir iemand om ontslaan te word. Sy vrou moes polisiestasie toe gaan om die saak aan te meld en al die administrasie wat daarmee gepaard gaan. Toe gee my Hemelse Man my tyd om alleen saam met my boetie te kuier en ons het so lekker gesels. Ons het oor die Here gepraat, iets wat ons nooit doen nie, want dit is altyd so bietjie ongemaklik, maar hier praat ons openlik en so lekker. Wow, ek kan nie vir julle vertel hoe dit my hart geraak het.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

1 thought on “Sy Beskermende Hand”

  1. Sjoe Yvonne dit is so wonderlike getuienis van Sy beskerming oor ons. Dit is fantasties dat sy kleindogter ongedeurd daarvan afgekom het en dat hy nie ernstig seergekry het nie. Hy is absoluut ons Beste Beskerming.

    Hoe wonderlik is dit nie dat Hy hierdie situasies gebruik vir ons om sonder enige ongemak oor Hom te kan praat nie!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui