STROME IN DIE WOESTYN – 19 APRIL

April

Maar selfs in die ergste tye, wil God hĂȘ dat ek vrolik en moedig moet wees en my sal verbly in Sy liefde en getrouheid.
As ons al ons fokus op God sit, is dit moontlik om in die ergste tyd vrolik en moedig te wees, want ons fokus is dan nie op die seer en die probleem nie, maar op God wat die onmoontlike kan en sal doen.

Hy sal nie net iets doen nie—Hy sal alles doen.
Hierdie is die grootste waarheid, die grootste feit in al ons seer.

In tye van onsekerheid— wag. As jy enige twyfel het— wag, moenie jouself tot aksie dwing nie. As jy enige selfbeheersing in jou gees voel, moenie daarteen ingaan nie – wag totdat die pad oop is.
Ek weet baie min van ons hou daarvan om te wag, maar ek het nou al baie keer gesien dis juis in die wag dat my Hemelse Man my iets leer.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “STROME IN DIE WOESTYN – 19 APRIL”

  1. Dit is so waar wat jy hier sĂȘ Janine, hou jou fokus op God dan is dit moonlik om in die ergste tyd vrolik en moedig te wees – daar waar jy sĂȘ as mens enige selfbeheersing in jou gees voel, moet nie teen dit skop nie, is ‘n feit! Wag eers. đŸŒ·

  2. Dankie liefste Janine, hierdie dagstukkie het my vanoggend net so bemoedig. Ek het so rukkie terug die AFR “Strome in die Dorsland” boek 2de hands by ‘n SPCA gekry, dit is nie meer in druk nie, maar dit is so ‘n wonderlike boek met soveel bemoediging dat mens dalk moet uitvind of die AFR nie op UiteindelikHoop geplaas kan word nie. Ek weet nie wat is die reels ens itv kopieregte ens vir boeke wat nie meer in druk is nie, maar dalk kan mens probeer uitvind om dit soos die ENG op die webwerf te sit vir al die vroue wat nog na die AFR webwerf toe gaan kom.

  3. Dankie liefste Adina, ek het nie geweet daar is ‘n Afrikaanse weergawe nie, want ek het dit vertel sommer, wow ja ek gaan vir Yvonne vra of ons kan want dit help so baie om daaglikse oordenkings te lees.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui