‘N WYSE VROU – HOOFSTUK 3

NEW-COVER-WW-AFR-Front

Ons vra onsself gereeld die vraag: “Hoekom moet ek vergewe?”
Omdat God jou ook vergewe het. Deur Christus se dood aan die kruis, het God ons vergewe. “Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het.” Efe. 4:32.
Ek moet erken ek self het gevoel hoekom moet ek vergewe wat aan my gedoen is en in dieselfde asem terwyl ek nie vergewe het nie, het ek baie beslis nie met vrede in my hart rondgeloop nie. Ek het skuldig begin voel, omdat ek dan vergifnis van God af verwag en dan nog was die las van onvergifnis baie baie swaar.

Hoe kan ek vergewe soos wat God my in Sy Woord gevra het?
God alleen. Net God kan jou help om dit te doen. Jy moet nederig word en Hom vra om jou die genade te gee. “Wie kan sondes vergewe behalwe God alleen?” Markus 2:7.
Vir lank het ek so baie gesukkel om te vergewe, totdat God my gelei het dat net God my daarmee kan help. Ek moes selfs erken dat ek die ander vrou ongelooflik baie seer gemaak het (oor dinge wat ek gedoen het deur dit in my eie hande te neem) en nie net sy vir my nie, maar daarmee moes ek my Hemelse Man se hulp vra dat sy my ook sal vergewe, iets wat ek nie self kan regmaak nie, net Hy kan.  Dis so wonderlik dat ons niks op ons eie hoef te doen nie en dat God gretig is om ons te help. 

Asb luister hoe Adina oor die belangrike beginsel van vergifnis deel:

Vergifnis – Adina in Suid-Afrika🎤

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui