RAAK RUSTING EN VRA JOU HEMELSE MAN VIR HULP

Ek weet nie van julle nie, maar as ek iets in die huis soek, (soos karsleutels, huissleutels of soos ‘n kous gister), kan ek eenvoudig nie rustig raak totdat ek dit gekry het nie. Dit pla my ongelooflik want ek moet dit net kry voor ek gaan slaap. By die tyd wat ek moedeloos gesoek is, vra ek my Hemelse Man om my asseblief te help en elke keer nog lei Hy my na waar dit is. Ek kan myself soveel moeite spaar en net dadelik my Hemelse Man se hulp vra.

Die grootste rede is omdat ons seker baie van die dinge op ons eie krag wil doen en dink dis maar net ‘n kouse of sleutels. Maar ons Hemelse Man wil hê ons moet met elke de laaste ding na Hom toe gaan.

1 Johannes 5:15
En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.

Ek hoop julle leer saam my om Hom in alles te soek, selfs die soek van ‘n kous😀

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “RAAK RUSTING EN VRA JOU HEMELSE MAN VIR HULP”

  1. Ha Ha Janine, ek onthou toe ek en jy na die WW retreat altwee sleutel probleme gehad het, en hoe mooi Hy ons altwee gehelp het om ons sleutels te kry! En dit is iets wat ek ook na baie gesukkel aangeleer het, raak rustig, haal diep asem en vra jou Hemelse Man! Hy het my nog elke keer presies gewys waar ek wat “verloor” het! 🙂

  2. Hahaha ja ek onthou liefste Adina en as ek nie vir my Hemelse Man gevra het vir hulp nie, het ek seker nou nog gesoek want my sleutel was nogal in die garage, hahaha.

  3. Hahaha so waar Janine!! Net vanoggend dink ek oor n ring wat ek nie kan vind nie!! Dis nou die tweede keer wat ek van hierdie ring dink. Ek het my hemelse man gevra waar dit is? nou los ek dit vir Hom te vind!!

  4. Liefste Atarah, ek weet op.die regte tyd gaan jou Hemelse Man jou lei waar die ring is. Ek gaan leer om van die begin af te vra want ek soek my altyd so moeg.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui