Ons Wonderbare Raadsman

Toe ek die eerste keer na hierdie bediening toe gekom het, gebroke en desperaat vir hoop vir my huwelik, wou ek gehad het als moes vinnig gebeur. Ek wou die resep volg en dan wegstap met ‘n herstelde huwelik. Die laaste ding waaraan ek wou dink was egskeiding of dat dit dalk sou gebeur.

Maar my Man het egskeiding toegelaat en die een boek wat ek eers wou vermy het, het Hy my toe gelei om te lees, Staar Egskeiding in die Gesig. Dit het my soveel hoop gegee. Die egskeiding was al aanhangig gemaak,
maar deur hierdie boek kon ek die wysheid en insig verkry om dit op die Here se manier te doen. Deur die beginsels toe te pas en nie ‘n prokureur te gekry het nie, en sonder ‘n bakeiery, het ek aan die ander kant uitgekom sonder om eers soos rook te ruik. Net soos die drie jong seuns wat in die vuuroond gegooi is.

En deur die beginsels toe te pas, kan jou situasie baie gou omkeer, daar is soveel getuienisse van vroue in hierdie boek wat jou hoop sal gee dat maak nie saak of egskeiding deurgaan of nie, niks is ooit onmoontlik by God nie.

Maar hierdie boek is regtig nie net op egskeiding van toepassing nie, die beginsels kan gebruik word om enigiets wat teen jou kom in die gesig te staar. Die beginsels van “moenie kwaad teenstaan nie,” en “kom betyds tot ‘n skikking,” kan op soveel situasies toegepas word. En die beste van als is dat ons Hom kan aanstel as ons Wonderbare Raadsman, Hy sal vir ons baklei as ons als in Sy hande los en Hom vertrou met als.

“Maar Ek sê vir julle dat julle ‘n slegte mens nie moet weerstaan nie; maar as iemand jou op jou regterwang slaan, draai ook die ander een na hom toe.” M539

“As iemand ‘n regsaak teen jou begin, kom betyds tot ‘n skikking solank jy nog saam met hom op pad hof toe is, sodat hy jou nie voor die regter bring en die regter jou aan die polisie oorgee en dié jou in die tronk sit nie.” M525

Indien jy egskeiding in die gesig staar, of gewikkel is in ‘n toesig saak, of enige ander litigasie of teenspoed wat teen jou kom, lees asb hierdie boek of doen die kursus, dit is jou Bybelse Litigasie Handleiding: https://uiteindelikhoop.com/kursus/k3/fda/
https://encouragingbookstore.com/languages/south-africa/fda-afrikaans/

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui