NA WIE TOE HARDLOOP JY?

Ek sal nooit vergeet toe ek ontsteld was en dadelik na my vriendin Yvonne, wat op daardie stadium in dieselfde gebou as ek gewerk het, gehardloop het.

Terwyl ek huilend gehardloop het, het ek my Hemelse Man vir my hoor sĂȘ, Ek wens jy hardloop so na My toe, eina...

Ek glo absoluut dat God vir ons vriendinne gee, want ek het gebid vir 'n goeie vriendin en God het Yvonne op my pad gestuur, maar in alles moet ons Hom eerste soek. Hieronder is 'n paar verse uit God se woord, dat ons na Hom toe moet gaan.

MATTEUS 11:28-30 AFR83
“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. My juk is sag en my las is lig.”

PSALMS 105:4 AFR83
Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid.

HANDELINGE 17:27 AFR83
God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie.

Liefste bruid, as jy seer het, uitmekaar val en nie meer weet watter kant toe nie, het jy eenvoudig meer van Hom nodig, want Hy is die Een wat jou werklik kan vervul, kan beskerm, kan vertroos en genees.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “NA WIE TOE HARDLOOP JY?”

  1. Dankie dat jy die met ons gedeel het my liefste vriendin. Ek glo werklik jy is na my toe gestuur deur my Hemelse Man en dit is lekker dat ons mekaar kan herinner dat ons eerste na Hom toe moet hardloop. Dit is ook lekker om te weet dat ek enige tyd vir jou ‘n boodskap kan stuur en vra, vriendin stem saam met my dat Hy asb vir my wysheid sal gee en my hart sal verander. Ek dank Hom elke dag dat Hy ons vir mekaar gegee het. ❀

    1. Ek dank my Hemelse Man ook vir jou, ek sĂȘ altyd ek wens elke vrou het ‘n vriendin soos jy, wat ‘n voorreg. En ek glo God stuur vir mens vriendinne sodat mens saam kan bid en saam kan vertrou en glo.

  2. Janine, ek praat nou die dag presies oor dieselfde onderwerp met n dame. Dus glo ek die boodskap van jou is so n bevestiging op my en die dame se gesprek. Die vers wat dadelik by my op kom uit die Woord is …..

    Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie.
    JEREMIA 33:3 AFR53
    Vader wil hĂȘ ons moet met Hom praat. En so baie maal praat ons eers met Ander voir ons met Vader praat.

    Janine hierdie boidskap is so Ƅ seĂ«ning vir my. Baie dankie. Mag Vader jou so seĂ«n.

  3. Esther baie dankie vir daardie vers wat jy deel! Dit is tog so maklik om altyd eerste na die selfoon, vriendin, familie of vriende toe te hardloop, en ja ek glo ook Hy plaas mense in ons lewens om ons hande op te hou, maar na Wie toe hardloop ons eerste? En as ons eerstens na Hom toe hardloop, dan lyk dinge aan die ander kant nie meer so sleg nie!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui