HAAL JOU HANDE VAN DIT AF

Gister se daaglikse oordenkings het my baie laat dink oor my geloof. Ek bid en vra hulp van God af, maar laat ek dit dan gaan en glo ek dat dit werklik gedoen is? En ja hierdie is 'n vraag wat ek myself vra en oor moet nadink, want ek is vinnig iemand wat smeek en smeek. Ek weet in my hart God is meer as in staat om dit te kan doen, maar my dade wys dit nie altyd nie, want om te smeek en smeek is nie laat gaan nie.

As jy gevra het, haal jou hande van dit af en laat God Sy werk voltooi...

Geneem uit:

"STREAMS IN THE DESERT"
22 Februarie

“As jy kan”?...Alles is moontlik vir hom wat glo. ( Markus 9:23)

Ek het selde 'n beter definisie van geloof gehoor as dié wat in een van ons byeenkomste gegee is, deur 'n lieflike, bejaarde swart vrou, terwyl sy 'n jong man antwoord wat gevra het, "Hoe kry ek die Here se hulp vir my behoeftes? "

Op haar kenmerkende manier, terwyl sy haar vinger na hom wys, het sy met groot aandrang gesĂȘ: "Jy moet net glo dat Hy dit gedoen het en dit is klaar." Die grootste probleem met die meeste van ons is, nadat ons Hom gevra het om dit te doen, glo ons nie dit is gedoen nie. In plaas daarvan hou ons aan om Hom te probeer help, ander te kry om Hom te help, en wag angstig om te sien hoe Hy gaan werk.

Geloof voeg sy "Amen" by God se "Ja" en haal dan sy hande van dit af, en laat God Sy werk voltooi. Die taal van geloof is: “Laat jou weg aan die Here oor; vertrou op Hom en Hy sal dit doen” (Ps. 37:5). uit Dae van Hemel op Aarde.

February

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “HAAL JOU HANDE VAN DIT AF”

  1. Ai vriendin, elke keer wanneer ek dit lees, of dit nou in Engels of Afrikaans is, raak dit my diep. Ons weet al die dinge natuurlik, maar as dit soms op so manier uitgewys word, dan is dit asof ons oĂ« vir die eerste keer oopgaan. 😆 Ek het so lysie van versies wat ek lees, maar ek dink, ek gaan die ook daarop sit dat ek myself elke dag kan herinner, Hy het dit!

    1. Dis presies hoe ek voel liefste vriendin, ek weet dit maar ek doen dit nie want eks so lief om te smeek. As ons weer vir mekaar vra vir gebed vir dieselfde ding, kan ons mekaar asb herinner HY HET DIT! As ek terug kyk op my lewe met die dinge wat ek net by ons Hemelse Man se voete gelos het en half vergeet het daarvan, was dit vinniger geantwoord.

  2. Baie dankie Janine, en dankie Yvonne dat julle hierdie oordenking gedeel het. Ek glo baie van ons sukkel om te vra en dan dankie te se dat dit voltooi is. Dis so maklik om vir ander te glo, maar nie altyd vir onsself nie! En hoe langer ons in Sy wagkamer sit en wag vir Sy bepaalde tyd, hoe meer begin ons twyfel in plaas daarvan om Hom nog steeds te bedank en in geloof te bly wag!

    1. Dis so waar liefste Adina, mens begin dan meer twyfel hoe langer ons wag, ek dink ons moet dit groot uittik dat ons dit onthou: HY HET DIT! En vir my baie beslis HAAL JOU HANDE VAN DIT AF!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui