‘N WYSE VROU – HOOFSTUK 5 – KEN GOD SE WOORD

Ken God se Woord Dit sal nie onverrigter sake na My toe terugkeer nie. Jy moet God se Woord ken en leer. Jy moet begin om die geseënde beloftes van God te vind. Die beginsel is dat wanneer jy Sy Woord aan Hom herhaal in gebed, dit nie onverrigter sake terugkeer nie. Dit is Sy belofte aan jou! “So sal die woord wat uit my mond kom ook wees: dit sal nie onverrigter sake na my toe terugkeer nie, maar dit sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het.” Jesaja 55:11. Sy begeerte is vir jou om die kwaad van hierdie wêreld te oorkom. Jy moet doen wat deur God Homself gewaarborg word – aanvaar geen namaaksels of vervalsings nie. Gebruik Sy Woord in gebed.

Dag en nag oordink. Memoriseer die beloftes wat jy vind sodat die geseënde vesekering daarvan in jou siel kan insink. Jy moet God se beloftes leer en ken as jy ooit op Hom alleen wil staat maak. “…maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.” Ps. 1:2. Gebruik 3x5 kaarte en skryf die vers uit. Hou dit in jou handsak vir die tye wat jy “wag.”

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui