Net na die begin van my herstelreis saam met my Man het Hy my gelei om my storie te begin skryf, en alhoewel ek lanklaas daarna gekyk het of aangehou skryf het, het my Man my die afgelope naweek gelei om ‘n nuwe storie, my Toesig verhaal te begin skryf. Miskien moet ek hulle op ‘n stadium kombineer, ek weet nie, net Hy weet en sal my lei.
Maar om my Toesig verhaal in meer besonderhede te skryf, het soveel gevoelens teruggebring van wat ek deurgemaak het gedurende daardie paar maande. En as ek terugkyk, kan ek werklik en waarlik sien hoe ver Hy my gebring het. Ek kan die lesse sien wat Hy my geleer het uit die baie foute wat ek gemaak het, Sy genade ten spyte van my foute, die klein oorwinnings vir Sy eer en die wysheid wat ek gekry het om deur so iets te gaan.
As ek terugkyk, kan ek sien hoe Hy my deur die diepste valleie gedra het, hoe Hy my uit daardie valleie gebring het na groen weivelde waar ek gevind en deurdrenk was met Sy genade en vrede. Die genesing wat Hy so vryelik gee. Hoe Hy ons liefdevol bring by ‘n plek van oorgawe aan Sy wil en Sy plan vir ons lewens, terwyl Hy ons hoop en vreugde gee dat alles oukei sal wees, en meer as oukei.
Ek het geleer hoe Hy ons uit beproewings soos hierdie kan bring in die oorvloedige lewe in wat Hy so graag vir ons wil gee. Daar is ‘n skoonheid in oorgee, ‘n vryheid en vrede. En om deur die diepste valleie te gaan, trek ons soveel nader aan Hom, en laat ons toe om Sy hart vir ons te sien, Sy liefde vir ons.
Ek is so geseënd dat Hy my gekies het om deur hierdie beproewing te gaan, al is dit ‘n beproewing wat baie sal breek, maar om aan Hom vas te hou en in Hom te bly, die keuse om hierdie reis saam met Hom te stap, maak dit ‘n eenmalige ervaring , ‘n reis wat gekoester moet word.
Liefste Adina, ek is eerlik met jou as ek sê dat ek geen idee het hoe jy deur al hierdie staande gebly het nie, maar natuurlik kan dit net Hy wees.
Ek onthou hoe jy my eendag gesê het dat my lofverslae jou so bemoedig, wel dit is nou elke lofverslag wat ek van jou lees wat my bemoedig!
Hoe wonderlik is dit dat ons kan weet Hy is deur al die dinge by ons en ek verstaan wat jy sê van dit alles neerskryf. As jy terugkyk dan wonder jy, “sjoe, hoe het ek daardeur gekom?”
Dankie dat jy die tyd vat om Hom te loof en sodoende almal van ons bemoedig!!!