My Uitdaging

Ek is so dankbaar teenoor die Here vir al die vrede wat ek besig is om te ervaar. Ek het hierdie vrede in my hart wat ek nie kan beskryf nie, ek voel gelukkig en so ongelooflik rustig. Ek voel die Here is so naby aan my.

https://www.bible.com/af/bible/6/PHP.4.7.AFR83

'n Week terug het ek in my bed gelê en my hart voor die Here uitgestort, Hy het my 'n idee gegee, 'n uitdaging om deur al my negatiewe emosies, DANKBAARHEID TE WYS - die heel week het ek die Here geloof en prys en vir Hom vertel hoe dankbaar ek teenoor Hom is. As ek negatief begin dink het, het ek iets positief in die situasie probeer sien (Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie. R12:21). As julle my ken sal julle weet dat hierdie vir my 'n moeilike uitdaging was want ek oordink alles! So, ek is dankbaar dat my HM my die krag gegee het, ek is so dankbaar dat Hy my altyd so mooi lei en my ALTYD ondersteun.

Die Here alleen is my redding, my rots en my vesting. 🤍

"Die Here sal sy volk sterkte gee, die Here sal sy volk seën met vrede." P29:11

"MAG die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het, julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid! Amen." H13:20-21

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “My Uitdaging”

  1. Kosbare Mila dankie dat jy hierdie lofverslag geplaas het, dankbaarheid is beslis so genesend, ek sien as ek dankbaarheidsterapie https://uiteindelikhoop.com/dankbaarheidsterapie/ toepas voel ek sommer dadelik beter. En ons wonderlike Here is beslis naby jou, Hy is reg langs jou.

    Hulle roep, en die Here hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede. Die Here is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees. P34:18-19 https://www.bible.com/af/bible/6/PSA.34.18-19.AFR83

    Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle. 1T5:18 https://www.bible.com/af/bible/5/1TH.5.18.AFR53

  2. Dankie liefste Mila vir jou lofverslag. Ja net die Here ons HM kan ons help met als. Hy is al wat ons nodig het en wanneer ons Hom het het ons als.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui