Dankbaarheidsterapie💞💞💞

In my eie lewe het ek ervaar as ek dalk moedeloos of afgemat voel, is daar geen beter terapie as om net dadelik my Hemelse Man te begin loof en prys en net vir Hom dankie te sê vir alles nie.

Die woord terapie word omskryf as die stelselmatige behandeling van ‘n siekte, besering of ander ongesteldheid oor ‘n periode. Liefste bruid het jou ongesteldheid (seer) gemaak dat jy net op die negatiewe fokus? Kla word so maklik ‘n slegte gewoonte, maar ons kan dit vervang met die beste terapie: DANKBAARHEID.

Maak dit ‘n doelbewuste besluit om gereeld vir jou Hemelse Man dankie te sê. Ek sien uit om van jou lofprysing te lees van hoe jou gemoed verander was deur dankbaarheid en hoe jy daardeur nog selfs nader aan jou Hemelse Man beweeg.

1 Thessalonicense 5:18 Afr 53
Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.

Volg asseblief hierdie skakels vir nog bemoediging oor dankbaarheidsterapie:

Thankfulness Therapy

Thankfulness Therapy

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

2 thoughts on “Dankbaarheidsterapie💞💞💞”

  1. O WOW Janine, Hy het sopas op my hart gele om hierdie wonderlike voorskrif ook met die Afrikaanse dames te deel, en toe kry ek hierde wonderlike verassing!! Die Afr bediening sal altyd naby aan my hart wees en ek hoop en bid dat hierdie boodskap en alles wat die bediening bied nog BAIE vroue in SA gaan raak!

  2. Liefste Adina, is dit nie wonderlik hoe ons HM werk nie. Ek sien so uit wat ons HM gaan doen in Suid-Afrika met al die RMI bedienings.
    En ek is so dankbaar dat ons HM my onder jou leiding laat begin het, ek leer so baie by jou xxx

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui