My Huweliksherdenking

Vandag is my huwelikherdenking, vanoggend wil ek net vir die Here dankie sê dat Hy my geseën het om my huwelikherdenking as 'n GETROUDE vrou te vier. Ek en my man het nog moeilike tye, die vyand hou nie op baklei nie maar die Here is groter as alles waardeur ons gaan.

My AM is nie vandag by my nie, maar ek is nog steeds so dankbaar dat ek nog sy vrou is, dinge kon soveel anderste gewees het, EK IS SO DANKBAAR TEENOOR DIE HERE!

Die Here se plan is altyd groter, Hy weet beter. Ek is dankbaar dat ek my huwelikherdenking vandag saam met die Here kan spandeer, want as dit nie vir Hom was nie, was niks van hierdie moonlik nie.

Ek is dankbaar teenoor die Here dat ek so ver gekom het in my reis, en dat my deurbraak gekom het! Die Here se tyd is die beste tyd.

'n Jaar terug het ek nooit gedink dat my deurbraak sal kom nie. 'n Jaar terug het ek nie gedink ek gaan my huwelikherdenking vier as 'n getroude vrou nie, en hier sit ek alles wat ek gedink het is onmoonlik het die Here vir my gewys is moonlik.

"Wees heeltyd dankbaar teenoor God, wat ook al met julle gebeur. Dan stap julle op die pad wat God vir julle beplan het toe julle in Christus Jesus begin glo het." 1T5:18 DB

"Jy sien, niks is vir God onmoontlik nie.” ‭‭Lukas‬ ‭1:37‬ ‭DB‬‬

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

5 thoughts on “My Huweliksherdenking”

  1. Dankie vir hierdie pragtige lofverslag kosbare Mila, die Here is werklik wonderlik. En die feit dat jy jou spesiale dag met jou Hemelse Man https://uiteindelikhoop.com/kursus/k2/d22/ spandeer en jy as Sy bruid https://uiteindelikhoop.com/sy-bruid/ maak dit baie spesiaal. Baie geluk met jou huweliksherdenking.

    En salig is sy wat geglo het, want die dinge wat deur die Here aan haar gesê is, sal vervul word. L1:45 https://www.bible.com/af/bible/5/LUK.1.45.AFR53

  2. Liefste Mila geluk met jou huweliksherdenking.

    Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die Here. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. J29:11 https://www.bible.com/af/bible/117/JER.29.NLV

    Wees bly oor die wonderlike toekoms wat God vir julle beplan. Volhard in tye van swaarkry; moenie verslap in die gebed nie. R12:12 https://www.bible.com/af/bible/117/ROM.12.NLV

  3. Liefste Mila, baie geluk met jou huweliksherdenking. Dit was baie bemoedigend om te lees hoe dankbaar jy is al is jou man nie daar nie.
    Ek is saam met jou dankoor teenoor die Here en ek weet hierdie is nog net die begin van alles. Hy gaan soveel meer doen as wat jy kan dink of droom.

  4. Baie geluk met jou Huweliksherdenking Mila 💖 Ja Mila beslis!!! Ons moet altyd dank en lof gee! En jy is so geseënd om te hê wat die kosbaarste van alles is, die Here 🤗

    “Wees altyd bly, bid voortdurend, dank in alle omstandighede; want dit is die wil van God in Christus Jesus van julle.” 1 Tessalonisense 5:16-18

  5. Baie geluk met jou huweliksherdenking liefste Mila! En al was jou AM nie daar om dit saam te vier nie, jy kon dit saam met die wonderlikste Man ooit vier, jou HM!! So wonderlik om te lees hoe dankbaar jy is en dat jy Hom loof en prys ten spyte van jou situasie!

    Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit gaan nou uitspruit. Kan julle dit nie besef nie? Selfs in die woestyn sal Ek ‘n pad maak, in die wildernis riviere.
    Jesaja 43:19 AFR20

    https://my.bible.com/af/bible/3499/ISA.43.19.AFR20

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui