MOET NOOIT OOIT JOU DEERNIS VERLOOR NIE

Uittreksel uit Les 2 - Om Deernis te hê uit die Bediening Toewyding Lesse aangebied deur RMIOU.com.

"Daarom, as jy jou DEERNIS vir ander verloor, het jy alles verloor – en dit is as gevolg van die verlies van Hom – wat beteken dat Hy nie meer is met wie jy deur jou dag kuier nie."

Hierdie les het my so geraak en dit het my laat dink sodra ons nie genoeg tyd saam met die Here spandeer nie, is dit so maklik om ons deernis vir mense te verloor en daarom moet ons altyd sorg dat ons genoeg tyd saam met die Here spandeer. Ek moet eerlik erken jare gelede, as 'n straatpersoon my sou nader vir geld, het ek dadelik gesê dat ek nie geld vir dwelms het nie en let wel ek sê dit glad nie met trots nie. So toe ek hierdie les doen, het ek die Here gevra om my te help om deernis met alle mense te hê, min het ek geweet wat die Here beplan en glo my die Here is getrou om ons te leer as ons dit van Hom vra en die Here het presies geweet waar Hy my wou leer om deernis te hê.

“Vra, en vir julle sal gegee word" M77
EN eindelik, wees almal eensgesind, medelydend, vol broederliefde en ontferming, vriendelik. 1P3:8

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui