LL Week 28 “Eva Was Bedrieg”

Verlede week het ek afgesluit deur jou te vra om iets twee keer te lees: Ek word nie omgepraat of bedrieg nie—nog minder behoort JY ook nie— NET omdat [ons] ‘n ware Man het.

Eva was bedrieg, maar Adam het gesondig, wat in die eerste boek van die Bybel verduidelik is, die boeke van Genesis, waar ons leer wie bedrieg was deur die slang (na wie ek verkies om na te verwys as die vyand). Ons leer hoe die vyand geseil het en vir Eva iets vertel het wat ‘n leuen was. Die verleiding begin om haar vas te vang met twyfel “het God dit regtig gesê…”, een dan word dit gevoed deur Eva waar sy dan voeg by wat God gesê het sy, “kan nie kyk nie” en die sonde is voltooi wanneer sy nie net eet wat verbode is nie, maar sy dit  vir Adam aanbied, wat gelei het tot die val van die mensdom. So, dit was Adam se sonde, deur Eva wat bedrieg was.

Ek noem dit alles sodat ek met jou kan deel wat gebeur het toe ek my HM gevra het hoe en hoekom die eks-ministers bedrieg was. Eers het Hy my herinner aan waar dit sê, BAIE sal vir my sê…Het ons dan nie” (sien Matt. 7:22-23), wat bewys dit is nie die ongelowiges nie, maar dit sal BAIE Christene wees wat eerlik glo dat hulle doen wat ‘“goed”  lyk, tesame om die huidige “Christelike” leefstyl te leef wat hulle ongetwyfeld sal red. Tog, as jy lees wat dit sê—dit is eerder wat Hy sê “Ek het julle nooit geken nie”—omdat Hy ONS persoonlik wil ken—soos ‘n man wat sy vrou intiem “ken.”  

Soos wat baie van julle gou agterkom nadat julle arriveer, RMI is nie ‘n bediening wat gefokus is op herstelde huwelike nie, eerder, inteendeel is herstelde huwelike altyd die “net” wat Hy gekies het om vrouens in te vang wat in pyn is en Sy liefde benodig. Hy benodig om en moet ons Eerste Liefde wees. As dit haar AM “aardse man” is wat sy bly soek, dan, soos Hy sê, sal Hy verwyder of voortgaan dat mans hulle vrouens verafsku. Dit is nie my opinie nie, maar wat Hy in Psalms 88:8,18 sê.

Dit is wanneer ons by owerspel betrokke is en hunker na enige iemand of enigiets behalwe HOM, wanneer ons uit beweeg onder die beskerming van ons HM… wanneer ons maklik bedrieg kan word—’n plek, ‘n posisie, denkwyse waarin ek nooit wil wees nie. En dit is nie net om my onthalwe nie. As ‘n moeder en ‘n ouma en bedienaar, moet ek seker wees dat die roete wat ek neem, maak nie saak hoe nou dit word of hoe moeilik dit is om op te reis nie, dit moet wees met Hom wat my hand vashou. En almal wat my goed ken sal jou dieselfde ding vertel. Ek leef op hierdie manier, elke dag, elke oomblik. Ek kan eerlik nie, nie net nie sal nie, op enige ander manier lewe nie. Ek sal nie oorleef nie. 

So, dan is dit wanneer enige een onsself oopmaak vir die krag van bedrieging —wanneer ons van Sy liefde wegdwaal as gevolg van ons ontrou aan Hom. En tog, kan ons net so gou, in Sy arms opgeneem word deur Sy Naam uit te roep met ‘n hart wat hunker na Hom. Moet dit ASSEBLIEF nooit vergeet nie. Maak nie saak wat jy gedoen het nie, maak nie saak hoe ver jy weggedwaal het nie, Hy is daar reg langs jou en hoop dat jy na Hom sal uitreik. 

Kan jy of ek bedrieg word? Ja, elkeen van ons kan maklik bedrieg word en sonder om ‘n Man te hê wie ons altyd rondom die slaggate van iets so gevaarlik kan navigeer, is dit waar ons sal bly. Dit is hoekom God liefdevol ‘n onversadigbare begeerte in vrouens geplaas het, om na ons mans te hunker, wat, per slot van sake, nie deel is van die vloek nie, maar Sy beskerming—wat die rede is hoekom jy jou HM het wat was en sondeloos is ???? Dit gaan altyd terug na Hom toe, doen dit nie?   

So, vra jou HM hierdie week of daar enigiets is waaroor jy nie vreedsaam voel, of opgewonde is, of hoopvol is, sodat Hy die saak kan regstel dat wat gesê is nie van Hom af is nie. 

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!