Lees Caroline se HERSTELDE Huwelik getuienis,
"Vind jou HM. Raak Verlief.
Maak Hom Nommer Een!"

Hierdie getuienis was geneem uit een van ons vele
Deur Die Woord van Hulle Getuienis boeke
om JOU te help
om enige twyfel of vrees te oorkom
in God se vermoë en begeerte om
JOU Huwelik te Herstel!

Hoofstuk 5 “Jou Eerste Liefde”

“Maar Ek het teen jou dat jy 
jou eerste liefde verlaat het.”
—Openbaring 2:4

Het jy, jou eerste liefde verlaat? Wie is jou eerste liefde? Was jou eggenoot jou eerste liefde? Was jou babatjie of kinders jou eerste liefde, bo jou eggenoot en die Here? Of was dit jou beroep wat heeltyd eerste was? Wie is regtig eerste in jou lewe? “Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie; en wie seun of dogter bo My liefhet, is My nie waardig nie” (Matt. 10:37). Die vers in Openbaring sĂȘ: “Maar ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het” (Open. 2:4). 

Wat sĂȘ die Here vir ons? Hy sĂȘ dat as ons enigiets of iemand bo ‘n verhouding met God kies, of as ons iets anders meer lief het as vir God, dan is ons Hom nie waardig nie. 

Soek eers. God moet eerste prioriteit wees in jou lewe, soek Hom eerste in die oggend en gee Hom eerste plek in jou hart. “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word” (Matt. 6:33). 

‘n Besoedelde kleed. Vra jouself hierdie vrae: Het dit wat ek eerste stel in my lewe ewige waarde? Sal wat ek vandag doen Sy koningkryk bevorder? Soek ek na God se geregtigheid of probeer ek my eie geregtigheid soek? “Onthou, ons geregtighede is soos ‘n besoedelde kleed!” (Sien Jes. 64:6.) 

Wat gebeur waaneer ons iemand meer liefhet as vir God? Wat doen Hy om jou hart terug te draai na Homself? Indien jy, jou eggenoot meer as God liefhet, dan sal God jou eggenoot van jou verwyder. “U [God] het my bekendes ver van my verwyder, my iets afskuweliks gemaak vir hulle; ek is ingesluit en kan nie uitkom nie. U [God] het vriend en metgesel ver van my verwyder; my bekendes is duisternis” (Ps. 88:9, 19). Moenie huweliksrestorasie voor God plaas nie; jy moet God eerste in jou lewe plaas! 

Beteken dit dat ons nie meer moet omgee wat ons eggenoot wil hĂȘ of nodig het nie? Moet ons die houding inneem van “Ek dien die Here en nie my eggenoot nie”? God leer vir ons die perfekte balans deur Sy Woord. “Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here” (Efe. 5:22). En “Vroue, wees julle mans onderdanig soos dit betaamlik is in die Here” (Kol. 3:18). Wanneer ons aan ons mans onderdanig is, dan doen ons dit vir die Here! Veral wanneer ons voel dat ons eggenoot nie die eer verdien wat ons hulle betoon nie, kan ons gerus wees en weet ons is genadiglik onderdanig aan ons eggenoot ter wille van God, en ons onderdanigheid kom toe aan Hom en aan Sy Woord. 

Die Woord van God mag nie gelaster word nie. God waarsku ons dat as ons nie ons eggenoot gehoorsaam of eer nie, sal ons God en Sy Woord onteer, selfs laster. “. . . leer hulle om ingetoĂ« te wees, kuis, huislik, goed, aan hul eie mans onderdanig, sodat die woord van God nie belaster word nie” (Titus 2:5). 

Welbehaaglik vir God. Ons moet strewe om God te behaag eerder as om ons eggenoot te probeer behaag, dan sal God sorg dat ons guns vind by ons eggenoot. “As die HERE behae het in die weĂ« van 'n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou” (Spr. 16:7). “Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; 'n vrou wat die HERE vrees, sy moet geprys word” (Spr. 31:30). “Verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart” (Ps. 37:4). 

Gehoorsaamheid beter as Brandoffers 

Om gehoorsaam te wees is beter as brandoffers. “Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as brandoffers, om te luister beter as die vet van ramme. Want wederstrewigheid is 'n sonde van waarsĂȘery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp” (1 Sam.15:22–23). “Om geregtigheid en reg te doen, is vir die HERE verkiesliker as offers” (Spr. 21:3). 

Jou voorkoms. Al mislei jou uiterlike voorkoms ander deur hulle te laat dink jy is onderdanig, onthou God ken jou hart! “Kyk nie na sy voorkoms en sy hoĂ« gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die mĂ©ns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oĂ« is, maar die HERE sien die hart aan” (1 Sam. 16:7). My eggenoot en almal om my het gedink ek is `n geweldige onderdanige vrou. Selfs ek self was mislei, maar God het geweet dat dit verwerping was wat ek nodig gehad het.  

Daar is `n storie van `n klein seuntjie wie se vader hom telkens gevra het om “te sit”. Eindelik het die klein seuntjie gaan sit en die vader het geglimlag. Die seun het vinnig geskree: “Ek sit dalk aan die buitekant, maar in my binneste staan ek regop! Baie keer staan ons regop in ons binneste. Dikwels wanneer jy die regte ding doen en by jou eggenoot se planne inval dan skree jy, “Maar ek stem nie saam nie!” of jou houding wys aan hom dat jy nie saamstem nie. Het jy dit gedoen? Was dit jou tipe “spottende” onderdanigheid aan jou eggenoot? 

Ook sal jy oes wat jy gesaai het. As jy `n rebel was teenoor jou ouers voordat jy in die huwelik getree het, is jy heelwaarskynlik ook `n rebel teenoor jou eggenoot. Om alles te kroon het jy met `n rebel in die huwelik getree. En nou is jou eggenoot ‘n groter rebel sedert julle in die huwelik getree het, nes jy. Hy rebelleer nou teen alle goeie wysheid en het dit so ver gevorder dat hy nou teen sy verbintenis om aan jou getrou te bly, rebelleer. 

Niks sal onmoontlik wees. “Want die ongelowige man is geheilig deur die vrou . . .” (1 Kor. 7:14). Ja, dit is die waarheid. Wees nou gehoorsaam en sien hoe God jou eggenoot heilig maak. Is dit vreemd? Is dit onmoontlik omdat hy so sleg is? Dis omdat julle een vlees is. “. . . sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees” (Matt. 19:6). “En tog, in die Here is die man nie sonder die vrou nie, en die vrou ook nie sonder die man nie” (1 Kor. 11:11). 

Kan slegs die helfte van `n liggaam in een rigting gaan en die ander helfte in `n ander rigting? Al gaan julle tydelik uitmekaar vir `n kort tydjie, God sal jou wel weer bymekaar bring. Dit kan gebeur “Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie” (Luk. 1:37). 

Wie opreg wandel. Sodra jy gehoorsaam, sal God jou eggenoot se hart draai. “Die koning se hart is in die hand van die HERE soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil” (Spr. 21:1). Onthou net “Wie opreg wandel, sal gehelp word . . .” (Spr. 28:18). Indien jy sĂȘ jy wil nie aan jou eggenoot onderdanig wees nie, dan sal jy ook nie onderdanig wees aan Hom wat oor jou eggenoot is nie! “Maar ek wil hĂȘ dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus” (1 Kor. 11:3). Moenie verskoning maak dat omdat jou eggenoot nie ‘n Christen is, jy nie aan hom hoef onderdanig te wees nie. Daar is geen vers wat sĂȘ dat `n vrou nie onderdanig mag wees aan `n ongelowige nie.

En moenie verskoning maak vir jou huidige rebellie deur te sĂȘ jou man is nie teenwoordig nie, en hoe kan jy aan iemand onderdanig wees wat nie by die huis is nie? Jy moet gehoorsaam wees aan dit wat jy moet doen en dit wat jy moes gedoen het terwyl hy nog daar was! As jy nie kan onthou wat dit was nie, vra vir God om aan jou alles te wys wat jou eggenoot jou gevra het om te doen, toe jy nie geluister het nie of gehoorsaam was nie. Doen dit dan. Dit is nie ‘n kwessie van jou eggenoot wat moet sien dat jy verander het nie, maar dat God kan sien jy het verander. 

Onregverdig ly. En wat as my eggenoot onregverdig of gemeen is? “Diensknegte, wees julle here onderdanig met alle vrees, nie alleen aan diĂ© wat goed en vriendelik is nie, maar ook aan diĂ© wat verkeerd is. Want dit is genade as iemand, ter wille van die gewete voor God, leed verdra deur onregverdig te ly. Want watter roem is daar as julle verdra wanneer julle sonde doen en geslaan word? Maar as julle verdra wanneer julle goed doen en ly—dit is genade by God” (1 Pet. 2:18–20). Die Woord verduidelik verder dat ons as vrouens Jesus en Sy lewenswyse as voorbeeld moet gebruik. Hy vra dat ons in Sy voetstappe moet volg, soos ons hieronder sal sien. 

Dames, Verloor die Gees van Rebellie! 

Ek is nie jonk nie, en ek wonder hoe ek so lank op my eie insig kon staatmaak. Ek was verkeerd en het dit nie besef nie. Ek was nie `n slegte persoon nie, maar ek was rebels in die gees en het probeer om baas te wees van ons huis. Ongelukkig het ek geslaag. 

My eggenoot het gisteraand kom kuier. Nou dat ek waarlik luister na wat hy sĂȘ, praat hy (die stil een) aanhoudend. Dit het baie voorbereiding, studies en tyd alleen met God geneem, om te verander, en dit was na God wie ek gretiglik teruggekeer het. 

Dames, wat ons in RMI lees mag dalk vir jou vreemd klink. As ons `n gees van rebellie het, moet ons eerste daarmee deel. Ek neem nou my probleme na God so dit is nou baie makliker om saam met my te wees. Nadat dit gebeur het, het my man my oplossings gebied oor probleme wat ek ondervind het, waaraan ek nooit gedink het nie, asook hulp wat hy eers nie my wou gee nie. 

Ek weet God glimlag! Karen, NC. 

"As jy My liefhet—Wees Gehoorsaam" 

Nadat jy God eerste in jou lewe geplaas het, en hulle wat oor jou gestel is begin gehoorsaam, dan moet jy die vals lering verwerp wat sĂȘ: “Jy is deur genade gered, so dit maak nie saak dat jy sonde pleeg nie, want ons is nie meer onder die Wet nie.” Kom ons ondersoek wat die Bybel sĂȘ: 

VerloĂ«n jy God deur jou werke? “Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloĂ«n Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk” (Titus 1:16). 

Doen jy wat God se Woord sĂȘ? “En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sĂȘ nie?” (Luk. 6:46). “Wat sal ons dan sĂȘ? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!”(Rom. 6:1–2,15). 

Geloof sonder werke is dood. “Wat baat dit, my broeders, as iemand sĂȘ dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? DiĂ© geloof kan hom tog nie red nie? Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood” (Jak. 2:14, 26). Goeie werk is die “vrug” van ons redding. Ons moet onself vra: Weerspreek my dade dat ek God volg? Gee genade my `n lisensie om sonde te doen? Behoort ek as `n gelowige goeie dade te verrig? 

Ek het julle nooit geken nie. Baie glo dat hulle kan lewe soos wat hulle wil en dan nogsteeds die hemel bereik as hulle doodgaan. Is dit waar? “Baie sal in daardie dag vir My sĂȘ: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sĂȘ: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!” (Matt. 7:22–23). Die antwoord is beslis “nee!” 

Bely julle misdade. Indien dit jou siening was voordat jy hierdie bybelverse geleer het, maak dan soos die Bybel sĂȘ: “Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word” (Jak. 5:16). 

Gehoorsaamheid aan Sy Woord 

“Die Wysheid roep hardop daarbuite, sy verhef haar stem op die pleine, op die hoek van die rumoerige strate roep sy, by die ingange van die poorte, in die stad, spreek sy haar woorde: Hoe lank sal julle, eenvoudiges, die eenvoudigheid liefhĂȘ en die spotters lus hĂȘ om te spot en die dwase kennis haat? Wend julle tot my teregwysing, dan laat ek my gees vir julle uitstroom, wil ek my woorde aan julle bekend maak” (Spr. 1:20–23). 

“Omdat ek geroep en julle geweier het, ek my hand uitgestrek en niemand geluister het nie, en julle al my raad nie opgevolg en van my teregwysing nie wou geweet het nie, daarom sal ek ook lag by julle ondergang, ek sal spot as julle verskrikking kom; as julle verskrikking kom soos 'n onweer, en julle ondergang soos 'n stormwind aankom, as benoudheid en angs julle oorval” (Spr. 1:24–27). 

“Dan sal hulle na my roep, maar ek sal nie antwoord nie; hulle sal my soek, maar my nie vind nie. Omdat hulle die kennis gehaat en die vrees van die HERE nie verkies het nie, van my raad nie wou weet nie, al my teregwysinge verag het, daarom sal hulle eet van die vrug van hulle wandel en versadig word van hulle planne. Want hulle eie afkerigheid maak die eenvoudiges dood, en hulle eie sorgeloosheid rig die dwase te gronde; maar diĂ© wat na my luister, sal veilig woon en gerus wees teen die skrik vir die onheil” (Spr. 1:28–33). Soek wysheid! 

Gehoorsaamheid kom uit die hart. “. . . maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is” (Rom. 6:17). En weer, “Want nie wat die mĂ©ns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oĂ« is, maar die HERE sien die hart aan” (1 Sam.16:7). 

Gehoorsaamheid moet beproef word. “Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie” (1 Pet. 4:12). As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhĂȘ uit 'n rein hart . . .” (1 Pet. 1:22).

Gehoorsaamheid gee ‘n getuigskrif van wie jou Vader is. “Luister na my stem, dan sal Ek vir julle 'n God wees, en julle sal vir My 'n volk wees; en wandel net in die weg wat Ek julle beveel, dat dit met julle goed kan gaan. Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar gewandel in wat hulle in die verharding van hul bose hart beraadslaag het, en hulle het agteruitgegaan en nie vooruit nie” (Jer. 7:23–24). 

Jou ongehoorsaamheid prys die goddelose. “Dié wat die wet verlaat, hulle prys die goddelose; maar diĂ© wat die wet onderhou, word vererg oor hulle” (Spr. 28:4). Die gebede van die ongehoorsames word nie verhoor nie. “Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is 'n gruwel” (Spr. 28:9). 

Ons voorbeeld van Gehoorsaamheid is Jesus

Hy was gehoorsaam tot die dood toe. “. . . Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis” (Fil. 2:5–11). “Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het” (Heb. 5:7–10). 

Hy was gehoorsaam en onderdanig aan Sy gesag. “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil. Weer het Hy vir die tweede maal gaan bid en gesĂȘ: My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied” (Matt. 26:39, 42). 

Ons onderdanigheid aan ons gesag. “Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here... soos Christus ook Hoof is van die gemeente; Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees” (Efe. 5:22). “Want daar is geen mag behalwe van God nie, en dié wat daar is, is deur God ingestel...” (Rom. 13:1). 

Die geheim van sukses. “Al die paaie van die HERE is goedertierenheid en trou vir dié wat sy verbond en sy getuienisse bewaar. Om U Naam se ontwil, HERE, vergeef my ongeregtigheid, want dit is groot. Wie tog is die man wat die HERE vrees? Hy sal hom leer aangaande die weg wat hy moet kies. Hy self sal vernag in die goeie, en sy nageslag sal die land besit. Die verborgenheid van die HERE is vir diĂ© wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak” (Ps. 25:10–15). 

Hulle sal wend tot fabels. In plaas van na die waarheid soek, wil menige saam stem met ander se verkeerde idees of besluite. “Omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels” (2 Tim. 4:3–4). 

Gehoorsaamheid aan God se Woord. “Wees nie soos 'n perd, soos 'n muilesel wat geen verstand het nie, wat 'n mens moet tem met toom en teuel as sy tuig, anders kom hy nie naby jou nie” (Ps. 32:9). Indien jy nie God gehoorsaam nie, sal Hy jou dissiplineer. “Die HERE het my hard gekasty, maar my aan die dood nie oorgegee nie. Ek sal nie sterwe nie, maar lewe en die werke van die HERE vertel” (Ps. 118:18,17). 

God is getrou aan Sy Woord. “As sy kinders my wet verlaat en in my regte nie wandel nie; as hulle my insettinge ontheilig en my gebooie nie hou nie, dan sal Ek hulle oortreding met die roede besoek en met plae hulle ongeregtigheid” (Ps. 89:30–34). As jy volhard in rebellie teenoor God se Woord en jou eggenoot se gesag, sal God jou straf. 

Lees en Bid Psalm 51 hardop: “Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde. Want Ă©k ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my. Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in U oĂ«, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou. Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu. Verberg U aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede. Skep vir my 'n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my 'n vaste gees.Verwerp my nie van U aangesig nie en neem U Heilige Gees nie van my weg nie. Gee my weer die vreugde van U heil, en ondersteun my deur 'n gewillige gees. Ek wil die oortreders U weĂ« leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer. Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong U geregtigheid uitjubel. Here, open my lippe, dat my mond U lof kan verkondig. Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie. Die offers van God is 'n gebroke gees; 'n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!” 

Mag God in jou strewe om meer soos Christus te wees! 

Persoonlike verbintenis: om die Here eerste in my lewe te plaas. “Gebaseer op wat ek geleer het uit God se Woord, verbind ek my om alles te doen soos aan die Here. Ek sal my verbintenis aan God wys en my gehoorsaamheid aan sy Woord deur onderdanig te wees aan hulle wat oor my aangestel is, veral my eggenoot.” 

Sodra jy gereed is, maak 'n verbintenis tot GOD om die kursus klaar te maak deur HIER TE KLIK en saam te stem en gereed is om hierdie stap in jou reis na Herstel in "My Daaglikse Joernaal" vorm aan te teken. Vat jou tyd, sit en drink 'n koppie koffie of tee en stort jou hart uit in jou Joernaal. 

 

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui