🎶Lied Vir Die Naweek – Hy Het My Weer Lewe Gegee

"Wie my vind, vind die lewe self en geniet die guns van die Here." S8:35

Ek wil 'n baie spesiale Liefdes Liedjie met julle deel vir die naweek. Toe ek die woorde hoor het ek sommer trane in my oë gekry en dadelik geweet dis 'n liedjie wat ek vir ons Liefling Here wil sing, want dis presies wat Hy gedoen het, Hy het my weer lewe gegee en ek het my huis in Hom gevind.

Die Liefdesliedjies wat ons hier publiseer is nie die liedjie wat in 'n kerk gesing word nie. Ons draai van godsdiens na verhouding.

So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om op 'n stil plek te gaan sit en mooi na die woorde te luister. Sing dit vir ons Liefling Here, wat met ope arms vir ons wag.

You Made Me Live Again

I was down and out and feelin' so low
You took my hand and eased my mind
I was astray, you showed me the way
And now I finally found my home in you
 
I still recall the times I've been through
Confused, didn't know what to do
I almost gave up but you gave me hope
You've made me strong as the days went on
You made me live again
 
[Chorus]
I was lost in the dark
With my lonely, broken heart
Then you came along
You took me home
And made me your own
 
You were always there to lend a helping hand
When good friends were hard to find
When things went wrong, you made them right
You've made my days so bright
You made me live again

Kosbare vrou sluit aan by die bespreking in die kommentaar afdeling oor wat HIERDIE liedjie vir jou beteken het en watter gedeelte veral tot jou hart gespreek het.

As jy 'n liefdeslied het, deel dit asseblief in "Plaas jou Lof" sodat ons, ons ook daarin kan verlustig en dit kan deel op een van ons Liefdes Lied Vrydae. Hierdie Vrydag gaan net oor hierdie liedjie.

6 thoughts on “🎶Lied Vir Die Naweek – Hy Het My Weer Lewe Gegee”

  1. Wow, daar is so baie om van te kies, want al die woorde is so mooi, maar die het vir my uitgestaan vandag:

    Confused, didn’t know what to do
    I almost gave up but you gave me hope
    You’ve made me strong as the days went on
    You made me live again

    Dit herinner my aan die tyd toe ek gewonder het of dit nie beter sal wees om my eie lewe te neem nie. Ek was so verward en het nie geweet wat om te doen nie. Sjoe, somtyds vergeet ek hoe baie vrouens nog so voel. Ons Liefste Here is natuurlik die enigste antwoord.

    1. Aaahhh kosbare Yvonne ek is so dankbaar dat ons Liefling Here jou daardie tyd gelei het om niks aan jouself te doen nie. Ek moet erken ek self vergeet ook somtyds hoe verskriklik seer dit was en hoekom dit vir baie vrouens nog tans ‘n groot seer is en met hierdie pragtige liedjie het ek onthou waar my kosbare Liefling Here my uitgehaal het.

    1. Ek weet presies wat jy bedoel kosbare Betty. Hierdie liedjie het my ook met ‘n wow gelos, dis presies wat ons Liefling Here in ons lewens doen.

  2. Dankie liefste Janine vir hierdie mooi liedjie. Hierdie deel het my hart so geraak:

    I was lost in the dark
    With my lonely, broken heart
    Then you came along
    You took me home
    And made me your own

    Dit was presies hoe ek gevoel het toe Hy ingekom het en my uit die put van ellende getrek het. Sedert ek op my reis begin het, het dit regtig vir my gevoel asof ek tuis gekom het, tuis by my Geliefde Here.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui