🎶Lied Vir Die Naweek – My Hele Lewe Het In Lyn Geval

"As iemand 100 skape het en een van hulle raak weg, wat dink julle sal hy doen? Sal hy nie die 99 net daar tussen die rantjies los en die wegloopeen gaan soek nie? En as hy hom wel kry, wil Ek julle verseker hy sal blyer wees oor daardie een as oor die 99 wat nie weggeraak het nie!" M18:12-13

Kosbare vrou luister asseblief na hierdie pragtige liedjie wat ek met jou deel vir die naweek. Sing dit vir ons Liefling Here, want die beste ding wat ons ooit sal kry om te doen is om lief vir Hom te wees.

Beslis is die manier hoe ons kosbare Liefling Here ons lief het, wat verander wie ons is! My lewe het beslis in lyn geval toe ek Hom kry, of sal ek sê toe Hy my kom soek het toe ek verdwaal het.

Die Liefdesliedjies wat ons hier publiseer is nie die liedjie wat in 'n kerk gesing word nie. Ons draai van godsdiens na verhouding.

So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om op 'n stil plek te gaan sit en mooi na die woorde te luister. Sing dit vir ons Liefling Here.

I Get To Love You

One look at you
My whole life falls in line
I prayed for you
Before I called you mine
 
Oh, I can't believe it's true sometimes
Oh, I can't believe it's true
 
I get to love you
It's the best thing that I'll ever do
I get to love you
It's a promise I'm making to you
Whatever may come, your heart I will choose
Forever I'm yours, forever I do
I get to love you, I get to love you
 
The way you love
It changes who I am
I am undone
And I thank God once again
 
Oh, I can't believe it's true sometimes
Oh, I can't believe it's true
 
I get to love you
It's the best thing that I'll ever do
I get to love you
It's a promise I'm making to you
Whatever may come, your heart I will choose
Forever I'm yours, forever I do
I get to love you, I get to love you
I get to love you, I get to love you
 
And they say love is a journey
I promise that I'll never leave
When it's too heavy to carry
Remember this moment with me
I get to love you, I get to love you
I get to love you
Kosbare vrou sluit aan by die bespreking in die kommentaar afdeling oor wat HIERDIE liedjie vir jou beteken het en watter gedeelte veral tot jou hart gespreek het.

As jy 'n liefdes lied het, deel dit asseblief in "Plaas jou Lof" sodat ons, ons ook daarin kan verlustig en dit kan deel op een van ons Liefdes Lied Vrydae. Hierdie Vrydag gaan net oor hierdie liedjie.

4 thoughts on “🎶Lied Vir Die Naweek – My Hele Lewe Het In Lyn Geval”

  1. Baie dankie Janine, wat ‘n pragtige liefdes liedjie. Die woorde:
    Whatever may come, your heart I will choose
    Forever I’m yours, forever I do
    Ek kan nooit weer sonder Hom nie, ek weet nie hoekom ek vir so lank probeer het nie. Wow, dit is sulke mooi woorde.

    1. Ek stem saam met jou kosbare Yvonne, dis vir my net so pragtige liedjie. Ek wil ook nooit ooit weer sonder Hom wees nie. Ek weet wat jy bedoel, ek weet ook nie hoekom ek ooit sonder Hom probeer het nie, terwyl Hy die hele tyd net daar was en gewag het dat ek oorgee met al Sy liefde en genade.

  2. And they say love is a journey
    I promise that I’ll never leave
    When it’s too heavy to carry

    Dankie Janine vir die pragtige liedjie, vir my was dit ‘n reis om ware liefde te vind by my Geliefde Here. En Hy belowe dat Hy ons nooit sal verlaat of versaak nie en dat ons al ons swaar laste vir Hom kan gee.

    1. Dankie dat jy dit deel kosbare Adina. Ek moet sê vir my was dit ook ‘n reis en hierdie reis is so waar die moeite werd en alles te danke aan Hom. Ek is so dankbaar dat ons al ons laste vir Hom kan gee en Hy so gretig is om dit vir ons oor te vat.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui