Verlede week het ons die waarheid openbaar aangaande perfeksie en om orde te wil hê wat nie wanorde is nie, omdat ons Hemelse Vader ‘n God van perfekte orde is.

Hierdie week wil ek voortgaan om die waarheid te verken dat perfeksie en om orde in ons lewens te wil hê nie ‘n wanorde is nie maar die feit is, dit is ‘n leun, ‘n oksimoroon wat die Waarheid en Sy Woord weerspreek.

Dank die hemel dat ons Vader ‘n God van perfekte orde is—want as Hy nie was nie—sou die hele heelal buite beheer raak. Die son sal nie elke oggend die presiese tyd in die ooste opkom nie, en ook nie elke aand in die weste sak nie. Ons liggame, wat perfek ingestel is met slaapsiklusse vir ons om te funksioneer, hormoon siklusse om kinders te produseer en dan op te hou wanneer ons verby die ouderdom is om kinders te baar anders beteken dit dat ons in chaos lewe. Ons oë, neus en mond; ons ledemate en vingers is elkeen perfek op ons liggame geplaas soos wat ons gevorm was—perfek en in orde.  

Wat sou gebeur as God nie ‘n God van orde en perfeksie was nie? Toe ons “aanmekaargeweef was in die skoot van ons moeder” sou ons wou hê dat ons oë, neus en mond; ons ledemate en vingers nie in die presiese perfekte orde moet wees nie?!?! Natuurlik nie!

In ‘n Wyse Vrou "Jou Ma se Leringehet ek gesê, “God is ‘n God van orde. God het ‘n konstante roetine. Die son kom elke dag op dieselfde tyd op in die ooste en sak weer in die weste!” Nog ‘n manier waarop God ‘n God van perfeksie is, word verduidelik in 1 Korintiërs 14:33 (Afr 83) wanneer dit sê, “God is tog nie ‘n God van wanorde nie, maar van orde en vrede…”

“Wanorde?!?!” Sien jy hoe dit wat ons uitstal, deur perfeksie en orde te wil hê, heeltemal die teenoorgestelde van “wanorde” is? Wanneer ons dinge opstel of wil hê dat ons dae glad verloop, is ons nie “anaal” of “ly” aan OKS nie. Dit is nonsens!  Dit is ‘n leun wat elke keer saam met die asblik uitgegooi moet word as hierdie leuen (en dosyne soos hulle) in ‘n gedagte verskyn of jy sê dit of jy stem per ongeluk daarmee saam. “...want God wil nie hê ons moet in wanorde wees nie, maar in harmonie en vrede. Soos in al die Christelike gemeentes…” 1 Korintiërs 14:33 (Afr 83). En wanneer dit sê kerke is dit nie die kerk gebou nie, dis ons, Sy bruide!

Laat my afsluit met ‘n kort storie van hoe om jouself en ander aan te moedig met die waarheid. ‘n Paar maande gelede het ek ‘n man wat besig was om iets “perfek” te doen hoor sê, “O, Jammer! Ek weet dit is anaal van my!” Ek het hom gestop en gesê, “Waarom is dit ‘n ‘vieslike’ ding om te doen? Waarom sou ek of jy gemerk word of gedink word dat ons ‘n ‘wanorde’ het wanneer ons dinge in orde sit! Dit maak geen sin nie. Dit is ‘n God-gegewe eienskap en jy behoort dit te omhels en nooit daarvoor om verskoning te vra nie.” Die man was verstom maar het dit onmiddellik verstaan— en het toe (effens hardop) gesê “Dit is REG! Dit is nie vieslik of sleg om dinge perfek te wil doen nie! BAIE DANKIE dat jy my reggestel het!” 

Liewe bruid, die waarheid sal jou vrymaak. Jy hoef nie enige etiket te aanvaar nie—veral wanneer dit ‘n eienskap van ons Hemelse Vader is. Ons is perfek en wonderbaarlik gevorm—en ons word vervolmaak om in perfekte orde en harmonie as Sy Bruid te leef.

O, maar wat as jy nie hierdie eienskap het nie en is in plaas daarvan ‘n bietjie morsig? Kom ons bespreek dit in volgende week se lewensles , Week 51 “Soos Wie Lyk Jy.”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui