LEWENSLES WEEK 32

“Leef die Lewe sonder Spyt”

Kosbare liewe vrou ek weet nie van jou nie, maar ek wil 'n lewe leef sonder spyt en absoluut deur die Here gelei word. Ek wil meer aan ander dink as aan myself en al hoe ons dit kan doen is om ons oë die hele tyd op wonder wonderlike Here gerig te hou.

Ek moet erken dat ek hierdie week negatief geraak want ek het na die omstandighede om my gekyk en natuurlik het vrees my toe oorval, maar ons wonderlike Here het my net weer herinner om al my fokus op Hom te sit.

Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou 'n stem hoor sê: “Hier is die pad, loop hierlangs.” J30:21

Hoe wonderlik is ons Here net nie, Hy is daar reg by ons en ek is so ongelooflik dankbaar dat Hy ons nie net los nie. Sy liefde vir ons gaan werklik alle verstand te bowe.

En vanoggend het hierdie verse net weer tot my hart gepraat en as ons dit leef, sal ons vir ander meer wil doen as vir onsself:

“Doen alles in liefde.” L6:31

“Doen aan ander soos jy wil hê hulle aan jou moet doen.” J15:12

https://uiteindelikhoop.com/lewenslesse/w32/

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

1 thought on “LEWENSLES WEEK 32”

  1. Liefste Janine, ek moet vir jou se dat ek hierdie laaste twee weke self so negatief was, en net na die negatiewe omstandighede gekyk het. Ek voel nogsteets nie 100% nie, maar ek weet dat die Here besig is met my en dat Hy hier reg langs my is. Ek voel ook vandag dat ek wil ook ‘n lewe leef sonder spyt en wat absoluut deur die Here gelei word, ek wil ook nie meer aan ander dink nie. Ek wil fokus op my myself en my oe op die Here hou. 😊

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui