LEWENSLES WEEK 30

“Bedrukte Voorkoms”

Jare gelede het die Here hierdie vers vir my gegee:

…ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg. J35:10

En dit is die lewe wat ek vandag lewe en natuurlik los dit my met die grootste glimlag, maar ek moet erken toe die Here hierdie vers vir my gegee het, het ek nie gedink dit is ooit moontlik om vreugde en blydskap te ervaar na so baie seer nie, maar ek kan getuig dat my wonderlike Hemelse Man vir my daardie vreugde en blydskap gee en ja dis los my met die grootste glimlag en ek 'n bedrukte voorkoms sal nooit ooit weer by my pas nie. Kosbare bruid kry jou vreugde en blydskap in Hom, want die wêreld kannie vir ons werklike vreugde en blydskap gee nie, net Hy kan.

Lees asseblief wat die skrywer in hierdie lewensles skryf:

Gaan hierdie week jou voorkoms na. Is jou oë nog steeds so helder, jou glimlag nog net so breed, die toon van jou stem nog net so opgeruimd soos die dag wat jy besef het dat jy ‘n HM het wat jou liefhet ten spyte van wat ander gesê het of in jou gesien het? As dit bedruk is of afgeneem het, wil ek jou aanspoor om die dae te begin onthou voor jy Hom intiem ontmoet het en dan iedere en elke seëning te tel. Doen dit dwarsdeur die dag. Tel hulle wanneer jy gaan slaap en tel hulle weer wanneer jy wakker word. Kyk dan na die gesig wat jy in die spieël sien.

Week 30 “Bedrukte Voorkoms”

2 thoughts on “LEWENSLES WEEK 30”

  1. Hello Janine ek moet bieg dat ek ook somtyds n bedrukte voorkoms het as iets nie gebeur soon ek wil of as iemand nie se presies wat ek wil hoor nie. Jou lofverslag het my weer deur die les laat gaan. Dankie daarvoor. Ek sit sommer nou dadelik n glimag op my gesig. Geseende Sondag vir jou.

    1. Dis so lekker om jou hierdie by die Afrikaans te sien kosbare Denise. Dankie dat jy dit deel kosbare Denise, ek het vir so lank met ‘n somber gesig geloop en ek het myself gesê dat ek weier om met so somber gesig rond te loop want Hy is die rede hoekom ons kan glimlag.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui