LEWENSLES WEEK 29

Kosbare bruide die skrywer skryf in hierdie lewensles dat niemand van ons immuun is om in die lokval van die vyand te val nie, lees hierdie gedeelte:

"Dit het ‘n groot poging geneem om om te draai en ons gedagtes terug te skuif en op Hom te fokus, na Hom te smag en Hom te smeek om ons te help om dieper en passievol op Hom verlief te raak en te vra dat dit tot ‘n groter mate van liefde en bewondering vir Hom sal wees as wat ons ons ooit verbeel het moontlik was. Wat, Hy natuurlik, gedoen het."

Dit laat my nou dink aan nie so lank gelede, toe ek nog gesukkel het met oordinkery en om alles uit te redeneer, ek het dit my "wat as" genoem, want wat as dit of dat gebeur... Nuttelose uitredeneer en oordinkery en al wat dit basies gedoen het, was om my fokus van ons wonderlike Here af te vat. En die ergste is ek het nie 'n oplossing gekry met al die oordinkery en wat as nie en bygesê ek dink dit het my kop net erger laat pyn.

Vandag kan ek getuig dat dit moontlik is om al die oordinkery en uitredeneer te laat gaan en ons fokus op ons wonderlike Liefling Here te plaas. Kosbare bruid my raad aan jou is: los die oordinkery en uitredeneer, plaas al jou fokus op die Here, die Een wat jou hele situasie in 'n oogwink kan verander, die Een wat jou beste belange op die hart dra, die Een wat jou so ongelooflik lief het en vra dat jy Hom jou Eerste Liefde maak. Vat jou Hemelse Man se hand en stap saam met Hom hierdie pad.

Week 29 “Oë was Oop”

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui