Jy Verdien Om Liefgehê Te Word!

Vir jare na my man my gelos het, wou ek net 'n herstelde huwelik gehad het. Ek het gedink dat my man die enigste een was, wat daardie leë stukkende gevoel binne my weer heel en vol kon maak. Ek het my naweke omgehuil en ek sit nou en dink hoe die Here alles vir my verander het en vandag leef ek hierdie pragtige belofte, wat altyd na aan my hart sal wees:

"...ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg." J35:10

En ek deel met liefde dat die Here die enigste Een is wat daardie leë stukkende gevoel heel en vol kon maak. En dit verander nie dat die Here nog steeds jou huwelik wil genees nie, maar Hy wil jou heel maak en jou vervul, Hy wil jou Eerste Liefde wees.

Ek kannie genoeg vir ons wonderlike Here dankie sê dat Hy my heel gemaak het en ek bid en gun dit vir elke stukkende vrou, want dis ons wonderlike Here se liefde wat ons vervul met vrede en vreugde wat alle verstand te bowe gaan.

https://uiteindelikhoop.com/ewige-liefde/

"Ongeag jou verhoudingstatus, geen man, geen vrou, geen persoon/persone kan aan al jou behoeftes voldoen nie, al jou begeertes vervul en help om jou GELIEFD te laat voel (diep in jou siel en gees) nie. Daar is slegs EEN wat dit kan doen, slegs EEN wat die leë leemte in jou hart kan vul wat aanhou om dieper en wyer te groei.

Wat volgende gaan gebeur is lewensveranderend—want as jy eers hierdie liefde ervaar, maak nie saak wat jou huidige situasie is nie, sonder om ooit die verhouding te verander waarin jy is, jy sal voel asof jou hart kan sweef—asof jy op lug sweef—jy sal vir die eerste keer ware, ewige, eindelose, alles-omhullende, ongebreidelde liefde uiteindelik ervaar!"

https://youtu.be/Fvr2ShSmCkI

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

3 thoughts on “Jy Verdien Om Liefgehê Te Word!”

  1. Dankie vir die herinnering Janine. Die vrede wat ons HM vir ons gee kan nie verstaan word deur almal nie. Net deur die wat n verhouding met Hom gekweek het en tyd in Sy teenwoordigheid spandeer het. Dit is n gevoel wat vir ons almal beskore is.

  2. Dankie and die herinnering Dat ons vreugde ten middle van ons angs kan ervaar wanneer ons n intieme verhouding met ons HM het. Maar soos ek vergeet ons so maklik en dit is deur lofprysings soos die wat ons daarin herinner is so Baie dankie

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui